Studente in hof oor geweld, diefstal

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Tien studente aan die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap sal vandag in die hof verskyn ná ʼn gewelddadige betoging Vrydag.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die studente is almal Vrydag op die instansie se Butterworth-kampus in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging.

“Die studente, van wie ses vroue en vier mans is, was deel van ʼn groep studente wat die N2 afgesper en na bewering motors met klippe bestook het. Die verdagtes, tussen 21 en 27 jaar oud, sal in die Butterworth-landdroshof verskyn,” het Manatha gesê. Dit is nie duidelik of die betoging met die landwye betogings oor universiteitsfooie verband hou nie.

Manatha het gesê nog twee manstudente is intussen in hegtenis geneem en aangekla van huisbraak en diefstal. “Hulle word verbind met ʼn inbraak by ʼn winkel op die universiteitskampus. Hierdie twee verdagtes, onderskeidelik 22 en 25 jaar oud, sal ook Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Die Regeering is te gemoedkomend.
Daar is soveel betogings, vernietigings en biljoene rande se skade.
Genoeg is nou mos genoeg.
Skors die studente permanent – hulle stel ALMAL se lewens in gevaar.
Daar is studente wat wil leer – wat werk en leer om hul klasgelde en boeke te kan bekostig.
Hou op jammer voel en passief wees!!!!

M ·

Dit is onopgevoede gedrag, ironies dat jy toelating kry om te swot en dan gedra jy jouself so. Is die 27 jarige nog n student…

KarooKlong ·

Moenie spot nie! Skool is moeilik, universiteit nog moeiliker. Almal ry nie 4×4 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.