Studente in hof vir openbare geweld

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga het gesê 12 studente wat in hegtenis geneem is op aanklag van openbare geweld het Woensdag in die Acornhoek-landdroshof verskyn.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep studente het glo aan ‘n gewelddadige betoging deelgeneem en aangedring op akkommodasie en finansiële hulp by die Acornhoek TVET-kollege.

“Die studente het glo brandblussers leeggespuit in kantore en van die kantore aan die brand gesteek.”

Volgens Hlathi is die polisie ontbied en 12 verdagtes in hegtenis geneem. Die studente is ná hul hofverskyning op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 1 April in die hof verskyn.

Die verdagtes is tussen 17 en 25 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.