Studente kul glo in eksamens

Argieffoto (Wikimedia)

Argieffoto (Wikimedia)

Universiteitstudente kul openlik in toetse en eksamens, het die Sunday Times berig.

Meer as 1 400 studente aan die universiteite van die Witwatersrand, Johannesburg, Stellenbosch en Noordwes en by Unisa is die afgelope jaar skuldig bevind aan akademiese oneerlikheid insluitend plagiaat.

Kenners meen hierdie syfer is slegs die oortjies van die seekoei, aangesien talle persone wat oneerlik is, nie gevang word nie.

Die syfers sluit ook nie alle tersiêre opleidingsinstansies in die land in nie, aangesien slegs 10 uit 23 instansies op die versoek om data reageer het.

Mduduzi Manana van die departement van hoër onderwys het gesê hy is besorg oor oneerlikheid. “Ons het nie halfgebakte graduandi in die land nodig nie,” het Manana gesê. “Ons benodig graduandi wat genoeg kennis versamel het om vorentoe te beweeg.”

Unisa het 519 studente verbied om die volgende drie jaar te studeer nadat hulle “ongemagtigde materiaal” tydens eksamens gebruik het. Altesaam 20 studente is geskors nadat hulle eksamenvraestelle verkoop of aangekoop het.

Altesaam 535 studente het by Noordwes-Universiteit plagiaat gepleeg; 153 by UJ; 66 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit; 35 by Stellenbosch; 31 by Wits; en 27 aan die Universiteit van die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Babs ·

Dit is omdat matriek vraestelle die afgelope paar jaar te maklik was, skielik te veel A’s, en nou kan hulle nie op universiteit by bly nie.

Elizabeth ·

Blykbaar werk die spul ook saam. Een ou leer die deel, ‘n ander daardie deel ens en sit hul langs mekaar in eksamenlokaal. Dan dra die manne mos pette en trek dit laag oor die oë en elkeen wys sy antw wat hy geskryf het so skuinsweg terwyl die ander ou onder sy pet deurloer – baie maklik as jy mooi dink oor dit. Dis vir my net so erg soos sportmense wat opkikkers gebruik om te wen/presteer. Ek sal wraggies te skaam wees om ‘n graad of goeie resultate te kry as dit nie deur my eie toedoen en harde werk is nie. Ek kan net sien aan die CV’s wat hier by ons aankom om werk te probeer kry – as julle kan sien hoe lyk die dekbriewe – dis ON GE LOOF LIK! Swak spelling, geen of amper niks gebruik van leestekens – mens kan dit nie glo nie. Maar grade – die het hulle! My man sê dan sommer gou “delete” dit, maar ek is kwaai en skryf sommer terug en sê vir die persoon die eerste indruk wat mens van ‘n persoon as werksaansoeker kry, is die brief waaarby die CV aangeheg is. Dan wys ek hul op hul foute ens en vertel hul dat daar geen manier is wat hulle ‘n aanstellings by ONS sal kry met sulke swak spelling, taalgebruik ens. Sommiges kom wel nogals terug en bedank my en sê hul sal van nou af aandag aan hul briewe skenk.

Paplepel ·

Hoekom lees die opskrif “Studente kul glo in eksamens”? Is dit dan nie reeds bewys dat hulle kul nie? Moet die opskrif nie dalk lui “Studente kul in eksamens” nie? Waarvoor is die skrywer bang? 1400 gevalle is duidelik dat kullery plaasvind.

Belinda ·

Baie goed vir hulle om te weet Elizabeth maar jy doen die regte ding maar dan kry jy wel iemand wat hulle werk gee en geen benul het hoe om die diens te lewer nie ne so vat hulle die kos uit die volgende een se mond uit…………………hulle het geen verskoning om te kul nie hoe dom moet jy eintlik nou wees alle punte is so verlaag en hulle druip nog steeds wys jou net almal wil die hele spul net uit die skool he beteken net mooi niks!

Linda ·

Totaal onaanvaarbaar – druip eerder eerlik!

Hoe gaan hulle, hulle werk doen ?

Ouers leer dit vir kinders dat jy altyd eerlik moet wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.