Studente nie van hoogverraad aangekla

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Studente buite die parlement. Foto: Twitter

Die Valke het Donderdag gesê die studente wat tydens gister se chaos by die parlement in hegtenis geneem is, sal nie soos berig van hoogverraad aangekla word nie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ses studente is in hegtenis geneem nadat ’n groot groep betogende studente die parlementêre terrein probeer binnedring het. Volgens Mulaudzi is die studente na die Kaapstadse polisiestasie geneem.

“Hulle sal Donderdag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklag van betreding en oortreding van die Wet op Byeenkomste,” het Mulaudzi gesê. Hy het ’n beroep op die media en sosialemedia-gebruikers gedoen om seker te maak van feite voordat hulle inligting plaas. “Onverantwoordelike beriggewing en bespiegelings het die potensiaal om onnodige geweld aan te vuur.”

Chaos het Woensdag by die parlement uitgebreek toe polisiebeamptes met skokgranate op betogende studente losgebrand het. Talle studente en polisiebeamptes is beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.