Studente-onrus kan gehalte van voornemende dokters benadeel

dokter

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGSA) het Vrydag sy kommer uitgespreek oor die impak wat studentebetogings, wat universiteite landswyd teister, kan hê op toekomstige gesondheidspraktisyns.

Die RGSA het die verklaring Vrydag uitgereik ná ʼn vlaag betogings en universiteite wat hul deure gesluit het terwyl studente gratis hoër onderrig eis.

Indien die universiteite gesluit bly, kan finalejaarstudente moontlik nie hul grade betyds afhandel nie.

“Die huidige onstabiele omgewing by universiteite kan ʼn impak hê op die gehalte van toekomstige gesondheidspraktisyns en die akkreditasiestatus van opleidingsinstansies,” het die RGSA gewaarsku.

Dit is ʼn voorvereiste vir gesondheidspraktisyns om by die RGSA te registreer in Suid-Afrika.

“Suid-Afrika het tans beperkte hulpbronne wat gesondheidspraktisyns betref. Indien hierdie onstabiele akademiese omgewing voortduur, sal dit finalejaarstudente se registrasies beïnvloed.”

Kgosi Letlape, president van die RGSA, het namens die raad ʼn beroep op belanghebbendes gedoen “om met absolute selfbeheersing op te tree en die kwessies so gou as moontlik op te los met die beskikbare hulpbronne, sodat studente hul studies in 2016 kan afhandel”. Hy het gesê dit is noodsaaklik, om seker te maak dat gesondheidsdienste aan gemeenskappe nie ly onder nie-kwalifikasie nie.

Die RGSA is ʼn statutêre liggaam wat onder die Wet op Gesondheidspraktisyns (56 van 1974) opgerig is. Die organisasie se mandaat is om die gesondheidsbedryf van die land te reguleer en seker te maak dat instansies, wat opleiding en onderrig verskaf, geakkrediteer is om die gesondheidstandaarde van Suid-Afrika te verseker.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jakobus ·

Graag vra ek dan ook die volgende wat ek onderaan ‘n ander berig oor die feesmustfall gevra het: Wat gaan gebeur met daardie finalejaar studente wat met beurse studeer wat nie vanjaar kan klaarmaak nie? Wat gaan met die beurse gebeur? Sal die mense die geld hê om volgende jaar terug te kom? Ook ander studente?

Dan ook daardie wat vir onderskeidings gegaan het in die finale jaar en dit toe nie behaal nie, agv die onderbrekings en betogings, hoe word hulle benadeel?

Dit wat nou op kampus gebeur, gaan die studente vir hul lewe lank met hul saam neem.

Ook Gatvol ·

Dis maklik……..as dit ek is, stel ek ‘n siviele eis in teen die organiseerder/s. Dis hoog tyd dat individue verantwoordelikheid aanvaar en die gevolge dra vir ondeursigte besluite/optrede/aksies.

wilhelm ·

Die klomp idiote het nie die verstand om sover vooruit te dink nie. Ook nie die Bestuur van die Universiteite nie. Hulle het n monster gemaak met hulle pro betogings en kan net aan die “nou” dink. Niks verder as dit nie. Hulle beskerm net die betogers en nie die ware studente nie.

Johann ·

Probeer gerus die en ander logies volgende situasies in die kop van n “betogende student” kry terwyl hy brand en breek en skree en dans en intimideer en en en en…want deel van sulke minderheid anargie is dat hulle blind doof en stom is as dit kom by rasionele gesprekke. Maar dan is hulle ook top handpoppe in die uitvoering van die ANC se beleid van presies dit? Nevermind studente: die LAND gaan vir bitter lank nog die resultate moet verduur van wat toegelaat word on te gebeur.

Asjas ·

So paar jaar terug het die Regering Kubane ingevoer om werk te doen alhoewel die land oor gekwalifiseerde mense beskik het. Nou sit ons met ‘n onopgeleide, onopgevoede generasie. Het die Regering dit so beplan om meer mense dood te maak (dokters), of sodat hulle rede het om meer maatjies in te voer en ons te verloen aoos FW sy eie volk verkoop het.

John ·

Die staatshospitale is aan flarde en die nuwe generasie dokters is Afrika-dokters met net hier en daar ‘n paar dapperes. Suid-Afrika is in tyd met die grootste deel van die wereld: Middeleeus tot toordoktervlak. Die onrus dui op dieperliggende kulturele frustrasie wat niks met geld te make het nie.

Tania ·

My kommer is dat die gratis onderrig reeds van hoërskoolleerders en hulle ouers geëis word, met dieselfde voordele as betalende ouers. Indien kind weerhou word van nie akademiese uitstappie, meer sosiaal van aard, draf die ouer gou koerant toe en onderwysdepartement. Ai en dan is die skool verkeerd. Al voordeel is en dank die Vader skole word nog nie afgebrand soos universiteite. Ek is bevrees dat sodra politieke partye hulle sin kry in gratis onderrig, gaan hierdie selfde noodlot by skole gebeur. Ongeag die ras of kultuur. Die kind wat gratis onderrig ontvang is 75% vd kere ook die moeilikheidmakers op skool en is ongedissiplineerd. Die ander 25% skool vrystellings werk hard vir beter omstandighede. Ons land se mense kan nie bly bakhand staan nie. Niks is gratis. Vat eerder die sigaretgeld, duur selfoon se geld en drankgeld en betaal vir jou kind se onderrig. Ongelukkig het meeste armes geld hiervoor.

snoefie ·

ai Tania, haaljou oogklappe af. as jy n huis /tuin werker het of swart kollega met kinders in n township skool vra hulle gerus uit oor skoolfonds in die township skole. dit is heeltemal gratis. geen klasgelde, geen registrasie geld en geen boeke depisito nie.

Tania ·

Ek hoef nie my klappe af te haal nie. In my eerste sin noem ek dit dat hulle gratis onderrig reeds op skool ontvang. Ongeag waar. So die ras is nie bepalend. En dit is juis hulle wat alles gratis kry, wat onderwys in die meeste gevalle hel maak. Dit ervaar ek daagliks. So dit is nie beperk tot area of net tersiere onderrig nie. Sal goed wees as hulle iets betaal al is dit R10

danie ·

Ek sal twee universiteite vat en dit gratis maak, as jy kwalifiseer kan jy daar gratis gaan studeer. Ja die klasse gaan vol wees en die hulpbronne skrams maar dis verniet, die ander universiteite kan normaal funksioneer.

pieta ·

Danie ek hoop so iets kan werk. Ek hoop net die hordes is dan nie net daar om ook gratis te eet nie. Ek hoop ook hulle demand nie om n graad te vang al druip hulle.Hulle saldalk ook ander redes vind km td demand en te demand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.