Studente oorval, verkrag

(Foto: SA Polisie)

Die polisie is steeds op soek na vier mans wat twee universiteitstudente Dinsdag in die vroeë oggendure uit hul kamers in studentebehuising af van die kampus gesleep en in ʼn nabygeleë bos verkrag het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die vier aanvallers, een gewapen met ʼn vuurwapen, het omstreeks 04:00 by die kamers in Thohoyandou ingebreek waar studente van die Universiteit van Venda woon.

Hulle het eers ʼn manstudent van sy selfoon en geld beroof en is daarna na die ander kamers, waar hulle twee vrouestudente van selfone en ʼn skootrekenaar beroof het.

“Die verdagtes het die slagoffers, albei 23 jaar oud, daarna na die nabygeleë bosse gesleep en verkrag,” het Mojapelo gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en twee aanklagte van verkragting.

Die aanvallers is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Ek wil weet hoe mense nog respek vir die land kan hé. Dis ‘n gebroke land wat soos ‘n boot sonder ‘n mas slegs kan rondslinger van een skande tot ‘n ander- geen rigting; geen hoop

Jakes ·

N mens hoef glad nie te wonder wie vir hierdie veragtelike daad verantewoordelik is nie.

Dries ·

Dit sal interessant wees om statistieke oor hierdie kampus verkragtings en GBV by universiteite te sien, landwyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.