‘Studente se drome in weegskaal’

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Meer as ʼn duisend uitnemende studente se toekomsdrome om tersiêre kwalifikasies aan Suid-Afrikaanse universiteite te verwerf, sal moontlik weens ʼn tekort aan studiebefondsing nie verwesenlik word nie, sê Stefan Pieterse, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS).

Hy het gesê die SFS is vanjaar oorval met ʼn rekordgetal van meer as 5 000 aansoeke om studiehulp vir 2017.

“Studiefondssentrum kon sommige van hulle help en ander is op ʼn reserwelys geplaas. Daar is egter altesaam 1 138 verdienstelike studente wat nie gehelp kan word tensy daar nie dringend befondsing vir hulle gekry word nie,” het hy verduidelik.

Volgens Pieterse is talle van hierdie studente uitnemende studente wat verskeie onderskeidings in matriek behaal het. “Ons het onder meer ʼn navraag van twee susters ontvang wat saam 15 onderskeidings behaal het, maar finansiële ondersteuning nodig het om hul toekomsdrome te verwesenlik om hulself onderskeidelik as ʼn dokter en arbeidsterapeut te bekwaam.”

Hy het gesê hy glo die rede vir die groot getal aansoeke lê by die sukkelende ekonomie, werkloosheid en swart ekonomiese bemagtiging. Pieterse het ook daarop gewys dat die aansoeke wissel van studies in aktuariële wetenskappe, ingenieurswese en BCom-kwalifikasies tot studies in meer tegniese rigtings.

“Die SFS meen die enigste pad uit armoede loop deur opleidingsinisiatiewe,” het hy gesê. “Maatskappye en individue wat skenkings aan Helpende Hand se studiefondse maak, ontvang ʼn groot belastingvoordeel deur middel van art. 18A-sertifikate wat uitgereik word en maatskappye en individue kan self die studente keur wat aan hul kriteria voldoen.”

Besoek gerus Helpende Hand se Studiefondssentrum se webtuiste vir meer inligting of om by te dra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

AL ·

Ek hoop diep uit my hart dat barmhartige samirtane wat dit kan bekostig die kinders kan help.

Jem ·

Verkoop Nkandla sowel as die beplande standby elderly. Dan het die kinders nie nodig om te sukkel met befondsing van hulle studies nie. Daar sal dan genoeg geld oor bly vir die herstel van verlede jaar se free education dramas.

dewald ·

Ek is reeds n lid en wens ek kon meer gee maar het ook kinders wat studeer.Ek hoop ander kan ook help asseblief?

John ·

Die vraag is: Word wit Afrikaanse studente ook deur die Staat gehelp of staan ons kinders laaste in die tou?

Hendrik ·

vanaf laerskool is ons kleinseun se droom om mediese dokter te word. hy maak hierdie jaar klaar en werk baie hard aan sy droom. finansies is ook n probleem wat n groot struikelblok is waaroor almal stress.
ek hoop daar kom vir hom n uitkoms.

Hendrik ·

ons het n kleinseun wat vanaf laerskool met hart en siel mediese dokter te word. hy doen hierdie jaar gr 12 en stres geweldig omdat finansies kort is en hy moontlik nie toelating sal kry omdat hy wit is. sy pa lewe op weermag pensioen deurdat hy die gebruik van sy bene in die weermag verloor het. ons almal stres deurdat ons nie weer hoe om hom te help om sy droom na te streef nie.

Ronnie ·

Ek het ook aansoek gedoen vir fondse by Solidariteit maar was afgekeur omdat ek nie ‘n lid was nie. My man was werkloos. Hy het nou ‘n vaste werk gekry en werk nou ses maande vir ‘n maatskappy. Dit het my genoodsaak om studente lenings aan te gaan by ‘n Bank instansie vir twee kinders. Die een kind het die studie voltooi na vyf jaar en is nou ook deel van die studentegroep (werkloosheid.) Die ander een studeer nog, met die Here jou anker, kan ‘n mens dit maak sonder enige hulp van ander maar harde bene kou en deur deursettingsvermoe en te volhard dit handhaaf. Eerlik nie maklik nie, maar dit kan gedoen word. Ek is ‘n vrou en ons kry nie groot salarisse nie, maar ons dien ‘n groot Hemelse Vader wat jou deur die moeilike tye help en wanneer jy opoffer vir jou kinders maak honger slaap nie vir jou saak nie.

Christa ·

Daar is altyd ‘n geween en ‘n gekners op tande omdat ons ‘n tekort aan mediese dokters het. Hoekom bied ‘n hospitaal of hospitale nie ‘n beurs aan die studente nie op voorwaarde dat hulle vir dieselfde tydperk na hul studies vir die hospitaal sal werk!! Dit was altyd in die verlede so gedoen, waarom word dit nie meer so gedoen nie?

Koos1 ·

Christa, die regering het soveel vertroue in die akademise hospitale dat hulle jong mense Jubs toe stuur on daar medies te gaan swot.
Jy het die regte idee maar in SA, soos ons nou staan met ‘n prez wat net probeer om homself uit die tronk te hou en homself te verryk…….. nee wat ek glo nie.

jaco ·

hierdie voornemende studente wie se drome nou so aan skerwe lê, moet mooi gaan dink. Dis dalk ‘n bedekte seën. Gaan studeer en kry jou graad en dan sit jy met R400 000 studieskuld EN jy kry nie werk nie omdat jy wit is. Wie wil nou oor 4 jaar in so n gemors sit?

Gatvol ·

Nee, Zuma en sy kaders wil nie insien dat hulle die land en sy mense gefaal het nie. Hulle sal eerder Kubaanse dokters inbring wat verseker nie op standaard is nie. Dan word miljoene spandeer om studente Kuba toe te stuur om daar te gaan studeer. Maar tipies staak hulle eerder as om te studeer. Wonder hoeveel van die klomp wat daar gaan “studeer” het is nog daar en wat kos dit vir die be lasting be takers?

t ·

Gatvol – Versigtig met die stelling dat Kuba se dokters nie op standaard is nie. Hulle is van die beste medici in die wêreld. Dis die taal kwessie wat pla. Nie almal van hulle is vlot in Afrikaans, Engels, Zulu, Venda ens. nie. Hulle het ook van die beste opleidings fasiliteite in die wêreld.

se net ·

hoekom is daar nie geld nie, want hulle wil alles verniet he en so het dit nou gekom dat die mense wat regtig wil leer nie kan nie

Gatvol ·

Jammer, ek het dan seker verkeerde inligting van ‘n dokter wat in die hospitale in die plattelandse gebiede sy 2 jaar Zumajaar gedoen het en wat saam met verskeie van die Kubaanse dokters gewerk het. Alhoewel die taalkwessie ‘n probleem was, kon hulle darem mekaar verstaan. Verkeerde diagnose, verkeerde medisyne en onkunde oor siektes van die streek was van die grootste probleme.
Ek glo daar is goeies onder hulle, maar net soos in enige beroep is daar die wat net net die slaagpunt gehaal het. Dus is die kennis van wat dit behoort te wees meskien 50% minder en jy sal nie deur iemand behandel wil word wat net bv 70% weet van wat hy/sy behoort te weet nie.
Sterkte aan al die voornemende studente wat deur die Staat ondersteun behoort te word maar wie die staat verkies om nie te help nie en eerder die geld aan studente spandeer wat eintlik nie op universiteit hoort nie en wat partymaal nie eers die eerste jaar deurkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.