Studente teleurgesteld oor UP se hantering van rassisme-klagtes

Argieffoto Foto: Facebook

Argieffoto Foto: Facebook

Die sekuriteitsdepartement van die Universiteit van Pretoria het vir die getuies van ʼn rassistiese voorval by die Taaibos-koshuis gesê die video-opnames van die sekuriteitskameras by die hek waar die voorval plaasgevind het, is te donker en dat ander kameras buite werking was.

Dit, nadat ʼn Taaibos-student, Emuel Venter ʼn klag namens ander Taaibos-inwoners gaan aanmeld het, nadat twee swart studente die aand van 4 September 2014 by die hekke geskree het dat hulle alle wit mense haat en wil doodmaak. Klik hier om meer te lees.

TuksRes het ook laat weet dat die hek waar die ongeïdentifiseerde studente ingekom het daardie aand nie gewerk het nie en dat die data van die hekke nie nagegaan kan word nie.

“Die verskonings laat ons sonder woorde,” het Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug gesê. “TuksRes se verduidelikings is ongegrond, aangesien Taaibos-studente bevestig het dat hulle kort voor die voorval by die hek ingekom het, en dat hy gewerk het.”

Volgens AfriForum Jeug het Venter die voorval op 5 September 2014 by die universiteit aangemeld, sodat die twee ongeïdentifiseerde studente uitgeken kan word en ’n formele klag teen hulle gelê kan word. Sekuriteit het Venter verseker dat hulle die saak verder sal hanteer.

UP-sekuriteit het Venter en die ander ses getuies gekontak en ʼn ontmoeting gereël. Die getuies het sedertdien twee vergaderings met UP-sekuriteit gehad, en moes skriftelike verklarings indien.

“AfriForum Jeug dring daarop aan dat hierdie rassistiese voorval met die nodige erns en dringendheid deur die Universiteit van Pretoria opgelos word,” het Du Randt bygevoeg.

Lees ook:
UP ondersoek “rassistiese voorval”
AfriForum Jeug: “Rassisme ontstel wit Tukkies-studente”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Natuurlik sal die kameras buite werking wees hulle gaan nie hulle rassistiese boeties in die steek laat .Maar as die blankes was het hul al die volgende dag aangekeer .Weer eens n samesweering teen blankes

Sterretjie ·

As dit nou om gedraai was, en die wittes het nou weer “rasisties” opgetree dan was hulle gesigte sommer op die voorblad, geskors en van die kampus afgejaag………………………

Just go to show – wonder wie is Eindlik “rasisties”

Christiaan Potgieter ·

Dan moet die verantwoordelike persoon by sekuriteit maar aangetree word. Hulle is mos verantwoordelik dat die kameras moet werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.