Studente terug by Pelonomi ná aanvalle

Die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein. Foto: Google Maps

Mediese studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal hulle praktiese opleiding by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein hervat, nadat ʼn aanvaller verlede week probeer het om ʼn intern op die hospitaalperseel te beroof en te verkrag.

Die studente se praktiese opleiding by die hospitaal is ná die voorval opgeskort.

Die UV-bestuur sê daar is Maandag met amptenare van die gesondheidsdepartement, die bestuur van die Pelonomi-hospitaal en die polisie vergader om veiligheidskwessies uit te stryk.

“Die departement het ʼn veiligheidsplan aan die universiteit voorgelê wat mediumtermynoplossings bevat, asook ʼn verbintenis om die plan as ʼn saak van dringendheid in werking te stel,” het die UV gesê.

“Die universiteit se uitvoerende bestuur het voorts met die bestuur van die fakulteit vir mediese wetenskappe vergader en ooreengekom dat voorgraadse studente weer ten volle toegang tot die kliniese platform by die Pelonomi-hospitaal sal hê.”

Die nuwe veiligheidsplan sluit in die installering van hoëmasligte op die hospitaalterrein, die herstel van ʼn heining en beperkte toegang tot die hospitaal tussen 20:00 en 06:00.

ʼn Veiligheidsentrum, bestaande uit polisielede, veiligheidswagte en die plaaslike polisiëringsforum, sal ook by die hospitaal gevestig word.

Tekortkominge betreffende veiligheidsmaatreëls by die hospitaal het aan die lig gekom nadat ʼn 24-jarige dokter ʼn gedeelte van ʼn man se tong afgebyt het toe hy haar op die hospitaalperseel probeer verkrag het.

Net enkele dae later is nóg ʼn dokter met ʼn vuurwapen aangehou deur drie mans wat haar van haar selfoon beroof het. Veiligheidswagte het haar hoor skree en te hulp gesnel. Die aanvallers het te voet gevlug.

Die polisie ondersoek klagte van gewapende roof en die rig van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Hierdie reeli gs gaan ook niks van kom nie want dit sou reeds paar haar terug gedoen gewees het.

Pelonomiwerker ·

Het vanoggend amper ‘n uur in die verkeer gestaan agv van hulle nuwe toegansbeheer wat in die jaar 2019 met ‘n boek en pen gedoen word deur een persoon, deur een ingang. Dit mooi op 07:00 wanneer daar skofte oorgegee moet word.
Dit ondanks die kameras, elektronies kaart stelsel en automatiese “booms” wat daar geinstalleer is maar nog nie eers EEN dag gewerk het nie! Die “booms” is uitgetrek, en die kamere seker aflyn!
Ek was 45min laat vir my skof, en ek het nogals vroeg in werk toe gekom omdat dit ‘n belangrike oorgee was.
Ek weet nie waarna toe ons land oppad is nie!

John ·

As ek reg onthou is hierdie probleem al 2 dekades oud. En nie net vroue is hul lewens nie veilig nie. Manlike medici hol vir hul lewens en hoop hul motors is nog daar as hulle klaar lewens probeer red het in die ou vervalle gebou met sy skrapse toerusting.

Anoniem ·

Hierdie jong doktertjies gaan Suid Afrika vaarwel roep so gou as wat hulle klaar is met hulle diensplig.

marous ·

Dis reg . Kruip weg soos hase in ‘n gat net om verorber te word as jy jou kop uitsteek . Dit waarvoor gewens is het nou gekom . Dit is net die begin .

Woedend ·

Pelonomiewerk disie die land nie liewer outdated sekerheidstelsels. Gaan kla by jou bestuur jy werk immers daar ai togie!

George in Bloem ·

In die tipiese ANC-styl waaraan mens nou al jare lank gewoond geraak het sal absoluut bokkerol onmiddelik en aanhoudend gedoen word. The show must go on.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.