Studente vas oor ‘dwelmsindikaat’ in koshuis

Daar is ʼn reusehoeveelheid dwelms, vuurwapens, dwelmvervaardigingstoerusting, gesteelde elektroniese ware, selfone en identiteitsdokumente in een van die kampus se koshuiskamers aangetref. Foto: ANA.

Vyf studente van die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Mthatha in Oos-Londen is by een van die universiteit se persele in hegtenis geneem ná die instelling se bestuur bewus geword het van vermoedelike dwelmvervaardiging en -verspreidingsaktiwiteite.

Die vyf studente wat na bewering deel is van ʼn dwelmvervaardigingsindikaat is in hegtenis geneem ná ʼn klopjag deur ʼn veiligheidstaakspan.

Die inhegtenisnemings het verlede week by die instelling se Zamukulungisa-perseel plaasgevind.

Klagtes van diefstal, besit van dwelms met die doel om te versprei en dwelmhandel is teen die verdagtes aanhangig gemaak ná die inhegtenisnemings.

Die klopjag is uitgevoer na maande se ondersoek en ʼn wenk. Daar is ʼn reusehoeveelheid dwelms, vuurwapens, dwelmvervaardigingstoerusting, gesteelde elektroniese ware, selfone en identiteitsdokumente in een van die kampus se koshuiskamers aangetref.

Prof. Rob Midgley, visekanselier en prinsipaal van WSU, wat die taakspan in Maart op die been gebring het, het gesê alles dui daarop dat dié ʼn gesofistikeerde en goedbestuurde operasie was wat “al lank ons perseel gebruik het om die dwelms te versprei”.

Midgley het benadruk dat die kultuur van misdaad en geweld by die universiteit ʼn sistematiese en diepgewortelde uitdaging is wat vererger word deur kwessies soos oorbevolking, nie genoegsame kampusbeheer nie en die ondoeltreffende beveiliging van die kampusse.

Volgens hom het die universiteit onlangs noodsaaklike ingrypings gedoen om veiligheid op kampus te verbeter.

“Die tyd vir die konseptualisering van planne en strategieë om misdadigheid op kampus te beveg is verby. Ons moet nou ʼn daadwerklike poging aanwend om misdaad aktief te beveg en nie meer tyd mors op planne en strategieë nie,” het Midgley gesê.

Hy het ook aangedui dat die universiteit interne dissiplinêre stappe sal neem teen die studente wanneer die universiteit al die inligting tot sy beskikking het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Alida ·

Wat kan mens verwag. Hulle is nie daar om te studeer nie. Gratis bly plek en kos. Hoekom nou met boeke sukkel.

Max ·

Hulle het n Phd. in dwelmvervaardiging en dwelmhandel verwerf.

Petrus ·

Students wat dwelms vervaardig en verkoop op kampus is ‘n voorbeeld van hoe ons land se jeug en ekononmie verwaardeloos. Diesulkes gooi klip, verbrand motors, baklei met plakkate teen onderwys, kla oor klasgelde en gil rassisme vir alles wat nie swart is nie. Hulle eis verhogings en gratis onderwys, terwyl hulle die ekonomie verbrand en verwoes met stakings on onrus. Regtig, wanneer gaan die sirkus en blatante rassisme en luiheid van die mense stopgesit word deur ‘n regering met rugraat wat die toekoms van SA as proiriteit sien en nie kwaadwillige opstokery teen wit, bruin en baie swartmense nie?

Ilse ·

Ja, en ek wonder as die polisie/veiligheidstaakspan nie ‘n wenk gekry het nie of die “studente” ooit uitgevang sou gewees het?

Neewat ·

Daars hy dis mos die mense wat Afrikaans van alle kampusse af wil verdryf sodat ander studente nie ‘n VOORDEEL bo hulle mag hê nie, vreemd dat die ENGELSE wel ‘n voordeel bo die Afrikaners en anderstaliges mag he? Dit is die studente wat julle op die kampusse WIL Hê, moenie nou kla nie .. KRY VIR JULLE! Wetsgehoorsame burgers, die toekoms van SA.

wraggies ·

Fees Must Fall dat ek my onwettige “besigheid” kan behartig met my kliente wat sommer op dieselfde perseel as ek bly, omdat ons glad nie studeer nie en almal verniet bly kan my produkte al te maklik bekostig word ook nog.

John ·

Is die chemie-lab ook ingespan? En die prof dog hulle is fluks… Hoekom op aarde wil sekere mense altyd ‘n quick fix he vir dinge en as hulle uitgevang word het hulle ‘n jammer-storie reg vir effek?

ChrisE ·

Gaan lekker in die land. Los die jeugdiges laat hulle aangaan. Dit is hul reg. Die mense moenie kla in die land oor die jeug nie. Daar moet eerder oor die ouers gekla word. Waar is die ouers vir die kinders? In die ouerhuis word daar so opgetree om nie die kinders teleur te stel of hulle kwaad maak nie. Kyk na die ouers en jy sal die oorsaak van die kind se verval sien. Elke kind het dissipline en struktuur nodig. Het al kleuters so laat as 10 uur sien rondhardloop en kerjakker. Dit werk mos nie so nie.

White Rhino ·

Neewat – ek stem so saam met jou. Dit is waarna die Rektore streef. Dit is wat hulle op kampusse soek en ondersteun. Seker apartheid en Jan van Riebeeck se skuld.

marous ·

Baie geluk dat die bestuur ten alle tye bewus was , van wat op hul kampus aangaan. Hulle kan nie die die arme mense afsit nie want dit sal indruis teen hul mense regte. Hulle moet ook defenitief beraders aanstel . Hulle kan ook rehabilitasie programme volg . As daar geld ter sprake is , sal Australie sekerlik kan help …mits die fotos en berig saamgestuur word

Casper Labuschagne ·

Die nuwe geslag se aanspraak op die goeie lewe en as daar ‘n wit persoon in die pad van daardie aanspraak staan is dit rassisme.

Jean ·

Ag lekker!!!!…25 haar sou dit nie die geval wees nie…..respek vir wette e reels…..

Riana ·

Sluit sommer die Apteker wat die Stilpayne stroop aan hulle verkoop het ook toe. Hy is niks anders as ‘n dwelmhandelaar nie.

kat ·

ja sien jy nou wil als verniet he en ken net geweld en verkeerde dinge kan nerens vertrou word nie

Reguit ·

Haai nee sies, dis mos nou blatante diskriminasie teen diversiteit, indiensopleiding, nagraadse chemie praktiese opleiding, werkskepping, BBEE, damp-geïnduseerde geestelike verryking, ensovoorts. Waarom nou die arme onderdrukte bloedjies se inkomste so ontneem? Hulle regte is mos nou geskend. Jinne.

humor ·

ChrisE dit is n moeilike ding waarvan jy praat. Daar bly steeds n babelse verwarring op vadersdag.

Gerhard Bezuidenhout ·

En ek en dievolgende belastingbetaler moet opdok dat die rampokkers verniet kan studeer. Skande.

jennefer ·

My seuns uit koshuis gehaal, daar word gesuip soos visse. Geen geld vir studies maar wel vir drank

Adam ·

Dit is die gevolg van toelatingsvereistes wat min of meer behels dat jy iemand moet ken wat kan lees of skryf.

Mark ·

Jul rerig gedink kampusse is kampusse? 2% leer om te verbeter res is SJW EN GENDER CONFUSED

Oom Kalahari ·

Pragtige dwelm studie program. So verkry jy ‘n belowende graad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.