Studentebetogers blameer polisie vir geweld

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016) Foto: @WitnessKZN, Twitter

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016) Foto: @WitnessKZN, Twitter

KwaZulu-Natalse leiers van die #FeesMustFall-beweging het Maandag beweer dat studente nie “boewe en skollies” is nie, maar bloot reageer op die hardhandige taktieke van die polisie.

“Ons verkies dat daar geen geweld is nie en het ook aan ons comrades gesê om vreedsaam te betoog,” het Thobani Zikalala, die #FeesMustFall-leier, tydens ʼn mediakonferensie in Durban gesê. Hy het tydens die konferensie aangekondig dat betogers vandag ʼn optog sal hou vanaf Curries Fountain tot by die stad se hawe.

“Ons probeer die persepsie dat ons jong boewe en skollies is verander. Ons glo dat studente gewelddadig raak tydens betogings wanneer die polisie hardhandige taktieke gebruik.”

ʼn Derdejaarstudent aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) het gesê daar is sekere mense binne die beweging wat voorheen gewelddadig opgetree het, maar die beweging het hulle in bedwang gebring. “Dit is moeilik om dit te doen wanneer ons heeltyd met geweld gekonfronteer word en geen direkte kommunikasie met universiteitsowerhede het nie, omdat hulle eerder privaat veiligheidsbeamptes en die polisie instuur.”

Hy het gesê die stryd vir gratis onderrig is “ʼn edele saak” wat nie deur geweld versuur kan word nie. Volgens die student is betogers woedend vir die regering wat die beweging as ʼn “politieke speletjie” sien. Hy het gesê die beweging is dankbaar teenoor studente wat wel tersiêre onderrig kan bekostig, maar steeds die stryd vir gratis onderrig ondersteun.

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016)  Foto: @WitnessKZN, Twitter

Betogings by die Universiteit van KwaZulu-Natal (10 Oktober 2016) Foto: @WitnessKZN, Twitter

Nog een van die studenteleiers, Michael van Niekerk, het gesê die grootste rede vir die skermutseling tussen die polisie en studente is die feit dat die universiteitbestuur heeltemal van die studente afgesny is. Hy het gesê die hofinterdikte wat deur die bestuur bekom is, gee aan die polisie ʼn reg om te skiet en studente in hegtenis te neem, wat geweld op die kampus bevorder.

“Die polisie raak maklik kwaad en maklik uitgelok en die studente is op ʼn mespunt. Die geweld word veroorsaak deur hierdie afsnyding tussen die bestuur en studente,” het Van Niekerk gesê. Hy het ook die res van Suid-Afrika gekap omdat hulle nie meegevoel met die studente se stryd het nie. “Hulle kyk hierna en sien net swart geweld van swak-verteenwoordigde media,” het hy gesê.

Volgens die leiers is daar meer as 40 hofsake hangend teen UKZN-studente, terwyl meer as tien studente van die Durban University of Technology in hegtenis geneem is.

Die Westville-kampus en Howard College-kampus van die UKZN moes Maandag noodgedwonge hul deure sluit ná ʼn onderonsie tussen die polisie en studente. Die optog sal vandag om 09:00 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Tiaan ·

Kan nie die twak glo nie, die studente(EFF) is verseker geweldadig en vernietig als wat in hulle pad staan

Viky ·

Boetie, hierdie is nie ‘n vlot in ‘n karnaval optog nie. Brandstigting en afbreek van Universiteite is rêrig!! Almal het simpatie gehad met die studente TOTDAT hulle hulleself soos HOOLIGANS begin gedra het. Brand af en maak amok. Maar soek darem gratis onderwys! Kan jy jou die arrogansie voorstel! En wie ly daaronder? Julle en julle hardwerkende ouers wat alles gee om vir julle daar ‘n beter kans in die lewe te gee. En julle werp pêrels voor die swyne. Hoe kan julle!

Moedeloos ·

Die studente wat brand en verwoes het waarskynlik nie ‘n hoop om die akademiese jaar te slaag nie en het dus niks om te verloor nie. Ek en my kinders het wel. My wrewel ken tans geen perke nie.

Thys ·

En wat verwag die narre. Na n miljard rand se skade moet die polisie net toekyk???

Nou Verstaan Ons ·

Daarsy….
Nou verstaan ons almal. Mos.
Dis alles iemand anders se skuld….ALTYD….maar nooit [NOOIT] die ongewenste elemente nie.

“Da poulice made me do it…. yes.”

Werklik verby pateties! Staak as jy wil staak, maar wie gee jou die reg om ander wat wel wil studeer en graad vang, te intimideer en miljoene rande se skade aan ander [onskuldiges] se eiendom aan te rig?
En die goewerment sit terug….?
Genoeg is seker genoeg!

Wouter ·

Dit is seker die Polisie wat die bussie op sy sy gegooi het en die biblioteek aan die brand gesteek het. Julle is n klomp kriminele en verdien nie om te studeer nie.

Ahooy ·

Die verskoning van n swakkeling. More se leiers. Dit is altyd iemand anders se skuld. Die SAPD word BETAAL om wet en orde te handhaaf. Na Marikana is die SAPD so BANG om op te tree dat dit eintlik lagwekkend is. Lede op grondvlak sal NIKS doen as hulle nie LEIDING kry van bevelvoerders nie. Dit is nou al ANARGIE en die regering neem steeds nie standpunt in nie.
Die boewe moet gearresteer word en sommer dieselfde dag gevonnis word. Stel spesiale howe aan om om die gevalle aan te spreek. WAT GAAN AAN MET ONS REGSTELSEL?????
En die pers jaag net sensasie. Hulle het groot skuld daaraan dat almal te bang is om op te tree.

Franscois ·

Deur af te brand en aan te rand maak jou nie n student nie maar iets wat baie verkeerd in julle breine is, julle kan julle sterre dank die polisie gebruik nie regtig hulle volle krag nie, ek dink die polisie is al so keelvol vir julle wat soos kinders optree, jy die student wat eintlik n krimineel is, behoort agter tralies en nie op straat nie, maar ag wat, kyk maar na die voorbeelde deur julle leiers wat gestel word, dit is hoe julle is, en klaar!

Genoeg is genoeg ·

Ons land is op haar kniee – politieke absurdhede, onbekostigbare voedsel pryse en droogtes. Al wat ons land se toekomstige professionele dokters/prokereurs/ingeneure ensomeer kan aan dink is hul eie selfsugtige belange. Bravo vir al die studente wat WIL verder leer en iets word van hul lewens. Bravo vir julle! Pleks dat die oproerige studente (ek wonder hoeveel van hul REGTIG studente is!) hul arrogante energie gebruik vir iets goeds. Pleks dat hul eerder bid vir ‘n beter toekoms en iets positief doen daaraan. Pleks dat hul instede daarvan om plekke te plunder bymekaar te kom in hul massas en te bid vir reen. Ons het reen nodig – nie kinders wat dink die lewe skuld hul iets nie. Persoonlik weet ek nie of ek enige vertroue sal he in ‘n professionele persoon in sy hoedanigheid wat deelgeneem het aan die die #FEESMUSTFALL# debakel nie.

jaco ·

hoe kry hulle dit reg om so maklik motors en selfs busse aan die brand te steek? hulle is veronderstel om studente te wees. Om ‘n voertuig aan die brand te steek, is nie ‘n aktiwiteit wat van ‘n student verwag word nie.

koos ·

al kry hulle almal ook eendag grade, wonder ek waar hulle almal gaan werk kry. Net in die laaste 3 maande alleenlik, het 66000 mense in die formele sektor van ons ekonomie hulle werk verloor. Dis mense wat reeds gewerk het en reeds opleiding, ondervinding ens gehad het. Hoe gaan hierdie pas-gegradueerdes almal werk kry? Moenie sê danksy regstellende aksie nie, want as dit waar was, was daar nie ‘n paar miljoen werklose swart mense in SA nie. Iewers gaan ‘n tydbom in SA ontplof en die gevolge gaan katastrofies wees…

Verseker NIE ·

Agnee regtig, die polisie is JUIS ingeroep omdat julle julleself wangedra, julle gooi EERSTE met klippe, julle brand die biblioteke af en gooi skilderye op die grond, julle rand julle mede studente en dosente aan, en as julle nie genoeg aandag kry nie, brand busse uit en dop karre om, moet die Polisie net staan en toekyk? NEEM verantwoordelikheid vir julle aksies, JULLE is die opstokers en vandale en brandstigters, moenie die polisie blameer nie. Glo my as ek ‘n polisieman was was daar BAIE groter moeilikheid as nou .. maar dan sou ek seker weer in die tronk gesit het en die spul buite gedans het …

Raymond Bastone ·

Hoogtyd hulle disseplieneer die kinders op n harde manier. Mooi polisie dat julle wakker geskrik het

Ouma mix ·

Siestog die onskuldige bedorwe brokkies wat nooit iets verkeerd doen nie

Corrie ·

STROOI! Het hulle empatie met blanke belastingbetalers wie dit nie kan bekostig om hul eie kindersers by ‘n universiteit verder te laat leer nie? NEE, hulle wil net ALLES VERNIET HÊ. Haan brand nkandla en luthuli huis af – of probeer – en kyk wat doen die regering dan. Daarsal vinnig gereageer word om dit te verhoed. Het julius malema nie verlede jaar gedreig dat die eff die land onregeerbaar gaan maak nie? Elke stukkie hoop wat SA’ kaners nóg vir hierdie land gehad het is aan die kwyn deur sulke rassistiese en anargistiese optrede. Maar met ‘n ongeeskoold vir ‘n regeringshoof wat hom nie steur aan die wette nie kan mens nie anders verwag nie.

André ·

Wanneer ons elke dag vertel word hoe ons alles gesteel het vanaf die klomp se voorvaders, hoe ons uitgemoor word, hoe ons uit die werksplekke geforseer word……is daar geen empatie met hierdie geweldenaars nie.

Aloma ·

“Studente BETOGINGS???” Dit is lank nie meer betogings nie, maar ieder opstande, die taakmagte (as daar nog so iets bestaan) is nodig om hier in te tree, dit is net te erg. Ons infrastrukture verval in ons land agv elke dick tom and harry wat sy se wil se deur af te brand en te plunder, dit het ek al lankal sien kom want as daar nie grens beheer in ‘n land toe gepas word nie, dan kan dit nie anders nie, daar is nie werk en blyplek vir almal nie, en nou wil hulle hier in ons land nog gratis opleiding he, dit is die begin van die einde! Ek noem dit omdat dit nie net SA burgers is wat hier bedrywig is nie, dit is die onwettige insypelaars wat hier kom stemme dik maak.

chrisp ·

Die pitsweer genaamd die “reenboognasie” is besig om te bars soos deur baie voorspel. Die pitswere is egter besig om orals oor die liggaam te versprei
Maar nog steeds sal die pleistertjies opgeplak word deur die mede argitekte(politieke partye) van die gemors. Die land is besig om uit pleisters te raak.

Zelda ·

Wil hulle he die polisie moet hulle n suig stokkie en dankie kaartjie gee vir hulle harde werk. Wil hulle he die polisie moet hande klap en hulle toe juig . En se WELL DONE . Omw en om te dink hulle wil nog studeer ook nog. As hulle so wil redineer.

Ouvrou ·

Dis harde werk om te baklei vir gedekoloniseerde tersiêre opleiding. Hoekom kry hulle nie mutie om hulle teen die polisie te beskerm nie? Miskien kan ‘n sangoma is hulle studiegeld toor? Hierdie is albei nie-Westerse idees. Kry vir julle

Janice ·

Dit is altyd iemand anders se skuld. Hierdie kinders moet verantwoordelikheid vat vir hulle dade. Dit wat hulle doen is verkeerd.

Nita ·

Betogende studente? Baie van daardie betogers lyk na 30-40 jariges. Boonop spekvet en uitgevreet. Ek sien min van verwaarloosde uitgeteerde studente wat moet probeer studeer, terwyl hulle nie eers kos het om te eet nie. Van Rhodes must Fall af, tot nou toe, vind al die gebeure plaas om die land op sy kniee te dwing. Om die grond gelyk te maak en weg te doen met klasse verskil. Die verskil tussen ryk en arm moet uitgewis word al beteken dit uiteindelik dat niemand iets oor het nie.

Pieter ·

Mens kan nie help om te wornder watter aandeel Julius Malema in die spulletjie het nie. Probeer hy miskien ‘n tweede Marikana afdwing om as die held op die bult gesien te word? Kwaliteit onderwys kos geld.
Gaan kyk wat hulle in Nieu Seeland doen – die staat gee ‘n rentevrye lening wat jy eers begin terugbetaal die dag as jy werk het, en meer as X bedrag beginne verdien wanneer hulle dit dan as ‘n inkomste belas tot die lening terugbetaal is. Dit werk daar, hookom nie hier nie? Ek sou dit ook graag vir my kids wou gehad het.

Chris Ws ·

Daar is myle te min “studente” in hegtenis geneem!Verder se ek universiteite moet video materiaal bestudeer en sogenaamde studente was enige skade aanrig of gerig het se studies sumier opskort.Daar is duidelik te veel”studente” wat NIE op enige kampus hoort nie!

helena ·

Don’t give them the thrill of comments. Hoe meer kommentaar gelewer word, hoe groter en sterker en brawer voel hulle. Ek dink die hele land se media moet ophou om dit te dek. Hoe minder dekking daar is hoe minder goed sal hulle voel.

Anoniem ·

Dit is nou tipies ‘n stelling van kriminele gedagtes: blameer die persoon wie ingesweer is om wet en orde te handaaf vir die aksies van die ongehoorsames wie wil afbreuk, brand en verniel, desperaat om hulle aksies op iemand anders te blammeer en te regverdig… ek dog jy word slim as jy studeer… wel dit is nou as daar studeer word inplaas van betoog word….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.