Studentebetogings bring geskiedkundige oomblik by Wits

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Samuella99 via Wikimedia Commons)

Die reuse omvang van die krisis wat die #FeesMustFall-betogings meegebring het, is Donderdag bevestig toe die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ʼn Algemene Vergadering saamgeroep het – iets wat nog net tien keer in die instansie se 120 jaar bestaan gebeur het.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê dit is besonder buitengewoon vir die universiteit om ʼn Algemene Vergadering saam te roep en dit word slegs in baie ernstige gevalle gedoen. “Die doel van die Algemene Vergadering is om besluite te neem wat deur ʼn konsensus binne die universiteit bereik word. Wits hou ʼn Algemene Vergadering met die doel om al die verskillende rolspelers te verenig oor ʼn kwessie van nasionale belang, in dié geval toegang tot gehalte hoër onderwys,” het die universiteit gesê.

Die besluit om ʼn Algemene Vergadering saam te roep, word deur die raad van die universiteit geneem. Die Algemene Vergadering word onder die voorsitterskap van die kanselier gehou, terwyl die visekanselier of registrateur die kennisgewing om die Algemene Vergadering saam te roep, uitreik.

Tydens vorige Algemene Vergaderings het die kanselier van die universiteit, voorsitter van die raad, voorsitter van die senaat, voorsitter van die forum, president van die studenteraad en president van die konvokasie almal verklarings voorgelees. Nog verteenwoordigers kan gevra word om die vergadering toe te spreek, na gelang van die kwessie onder bespreking.

Die vorige tien Algemene Vergaderings was byna almal in protes teen apartheidsbedrywighede of –wetgewing. Die eerste Algemene Vergadering is op 16 April 1959 saamgeroep oor die universiteit se belofte om oop en vry te funksioneer.

Op 8 Junie 1972 is nog ʼn Algemene Vergadering gehou oor die minister van justisie se verbod op alle protesvergaderings in Suid-Afrika. Op 26 Augustus 1975 is ʼn Algemene Vergadering weer saamgeroep in protes teen die aanhouding van studente sonder verhoor. Die laaste Algemene Vergadering is op 24 September 2005 gehou vir Wits-alumni wat hul gradeplegtighede geboikot het uit protes teen die apartheid-regime.

Wits het alle studente, personeel en alumni uitgenooi om die Algemene Vergadering Vrydag om 11:00 op die biblioteekgrasperk van die Braamfontein-kampus by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dup du Plessis ·

Soos die groot boek se: …..jy maai wat jy saai…..(verwysing na liberale bestuur in die verlede)

Liewe heksie ·

Nou darshy neuk verder op en as daar niks oorbly nie dan gaan julle tog nie daai boek in die bib kry nie

Tiaan ·

Hierdie is verseker die regte tyd om ‘n Algemene Vergadering te hou, sterkte aan almal wat daarby betrokke is

Mampoer ·

Mens moet seker nie lag nie, maar 9 vir losbandigheid en een om die gevolge te adreseer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.