Studentebetogings duur voort

Wits-studente versper paaie by die universiteit met brandende bande (Foto: Jo’burg Metro Police Department – JMPD, Twitter)

Studentebetogings is Vrydag by die Universiteit van die Witwatersrand in Braamfontein hervat nadat ’n memorandum van eise ’n dag tevore aan die ANC oorhandig is.

Maroela Media het vroeër berig Wits-studente, wat ontevrede is dat hulle weens agterstallige studieskuld nie verder kan studeer nie, betoog sedert Dinsdag voor dié universiteit in Johannesburg. Lede van die polisie het Woensdagoggend op studente met rubberkoeëls losgebrand. Dit is toe dat ’n 35-jarige man na bewering deur die polisie doodgeskiet is.

Sewe studente is dieselfde dag in hegtenis geneem, maar hul saak is nie op die hofrol geplaas nie weens ’n gebrek aan bewyse.

Studente het Donderdag na die Luthuli-huis saamgetrek om die memorandum, gerig aan Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, te oorhandig. Nzimande het tot vandag 17:00 om daarop te reageer.

Lwandile Mtsolo, die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Studente (SAUS), sê die organisasie beoog om eerskomende Maandag ’n massa-optog by universiteite landwyd te reël, indien Nzimande nie betyds reageer nie.

“As studente-organisasie kan ons nie langer staan en toekyk terwyl studente as misdadigers hanteer word omdat hulle veg vir gratis onderwys nie – iets wat deur die staat beloof is. Gratis onderwys behoort nie ’n doodsvonnis te wees nie,” sê Mtsolo.

Studente het van vanoggend af weer by die universiteit betoog. Video’s is op sosiale media versprei wat wys hoe studente ’n standbeeld by die universiteit brand en met toue probeer omtrek.

Studente het ook paaie met brandende buitebande en rommel versper.

Die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) waarsku motoriste om op die uitkyk te wees vir dié protesoptrede wat in Jorrisen- en Berthastraat heers. JMPD-lede was op die toneel.

Mpendulo Shakes Mfeka, president van Wits se studenteraad, het Vrydag op sy Twitterblad geskryf regeringsamptenare moet ophou beloftes maak en eerder tot aksie oorgaan. Dit volg nadat Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, Donderdag buitekant Lethuli-huis die studente toegespreek en beloof het dat die ANC hard werk om oplossings vir hul probleme te vind.

“Regeringsamptenare moet ophou om met studenteleiers byeen te kom. Hulle ken ons probleme. Hulle moet eerder gratis onderwys oor die nasionale TV-kanale bekendmaak,” skryf hy op Twitter.

Mfeka was een van die studenteleiers wat die groep studente Vrydag tydens die optog gelei het. Maroela Media kon hom nie dadelik in die hande kry vir kommentaar nie.

Intussen het Wits ook ’n verklaring oor die betogings uitgereik en gesê die kwessie van studentefinansiering is ’n nasionale probleem wat Wits nie alleen kan oplos nie.

“Die staat en ander maatskaplike belanghebbendes speel ’n sleutelrol in die oplossing van hierdie krisis. Ons het ’n dringende nasionale debat oor dié krisis nodig en ons studente het deurslaggewende langtermynoplossings nodig vir die finansiering van hoër onderwys,” sê prof. Zeblon Vilakazi, visekanselier en hoof van Wits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Willem ·

Vir elke band wat brand gebruik 20 studente se NSFAS om die pad reg te maak

Misky ·

Wonder of Ramamparra steeds dink dis vreedsaam en in hul volste reg

Deon ·

Natuurlik, hy sien net wat hy wil, kyk sy gelieg oor die plaasmoorde. Hy is een wat mense om die bos te lei.

andre ·

Media moet ophou om na Terrorisme en Vandalisme as betogings en proteste te verwys.

Fedup ·

I agree andre. They do not deserve any media coverage. The media should ignore them.

Fedup ·

As long as they clean up their own mess, i really don’t care what their tantrums are about.

Debby ·

Tiepies wil altyd bakhantjie staan en als verniet he,en die dag as hulle moet werk is dit weer le en slaap op n stoel en kty my pay die einde vd maand. Word wakker daar is meer boggerol oor om te gee nie

Dup ·

Brand sommer al die bestaande universiteite ook af,hulle wil mos ontslae raak van al die koloniale oorblyfsels.Dan kan hulle hul eie “Afrika” universiteite oprig…..dit behoort oor 50jaar voltooi te wees…hang af wie die tenders gaan kry….

Chris ·

Nooit in die lewe sal ‘n nuwe sentrum deur hulle gebou word nie.

Ovelia ·

Hoe leer jy di mense om nie alles te vernietig ni . Stop betogings

Samuel ·

Met kamerade soos Julius Malema en Ace Magashule agter hulle, sal niks met hulle gebeur nie.

Werner ·

Ons Gaan betaal hulle Gaan ons branstof pryse opjaag nog n belasting instel hulle het klaar die staatskas geplunder Nou is dit ons beurt

Pietertjie ·

As hulle net so kan aanhou tot die einde van die jaar, sal hulle almal slaag (op grond van onregverdige diskriminasie), dan kan hulle volgende jaar sommer graad vang ook

Persheks Adri ·

Nou hoekom op dees aarde moet ons ten duurste betaal vir ons kinders? Demand en vernietig alles ek sal ‘n aar bars met die klomp pffft. Natuurlik is hulle kriminele, maar word nie vervolg nie wat de hel? So ons kan dit ook gaan doen ne Cyril???

Chris ·

Hoeveel miljoene matrikulante wil nie verder gaan leer nie? ANC het nog altyd die geel wortel voorgehou vir gratis opleiding….. reg? Dit gaan weer voorgehou word, net tot na verkiesing. Laat universiteit studente die eerste drie jaar hul eie kostes dra, indien slaagsyfer bo 85% per jaar is, gee dan ‘n bonus van 50% af op finale jaar. Niks in vandag se lewe is verniet nie, behalwe God se genade en die lug wat ons inasem.

Jr ·

Mr vip Mtsolo studeer definitief nie ekonomies of wiskunde want die klein iemand wat niemand is nie kan nie somme doen nie. Waar gaan die geld vandaan kom. Van my af? Ek het twee kinders deur varsity gesit. Baie ure overtime. Nou moet ek as taxpayer jou Mtsolotjie en jou kriminele vriende ook betaal vir. Gaan vlieg n kite.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.