Studentebetogings hervat by Wits, UJ

UJ-betoging-universiteit-Johannesburg

Betogings by die Universiteit van Johannesburg (UJ) in 2015. Foto: Twitter

Die #FeesMustFall-betogings wat verlede jaar talle tersiêre onderriginstansies tot stilstand gebring het, sal Maandagoggend weer by die Universiteit van Witwatersrand (Wits) en die Universiteit van Johannesburg (UJ) hervat.

Die Wits-studenteraad het gesê studente sal na verwagting by die Solomon Huis op die kampus bymekaarkom om te betoog omdat studente steeds dieselfde probleme in die gesig staar rondom die bekostigbaarheid van die instansie.

Oor die naweek het UJ studente-verteenwoordigers ook aangekondig dat hulle Maandag die betogings sal hervat, die dag waarop die registrasie vir eerstejaarstudente begin.

Intussen skryf studente van drie ander universiteite, waaronder die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT), Maandag hul finale 2015-eksamens wat weens die betogings verlede jaar uitgestel moes word. TUT het gesê veiligheidsmaatreëls is ingestel vir die studente wat eksamen skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

E.K. ·

Ek hoor nou ook die spul kla omdat daar nie genoeg plek vir meer studente is nie. Hellooo – as julle als verneit wil hê waar moet geld vir ekstra geboue, ekstra lektors ens vandaan kom? Hoeveel duisende studente wil jul per klas dan hê? Dan gaan jul weer kal julle kom nei deur want nie genoeg aandag kan aan elke student gegee word nie. Julle het OBVIOUSLY nog nie jul grade nie dis hoekom julle nie logies kan dink nie.

Dirk ·

Die protes moes gelui het “We want everything for nothing”.

sluit die universiteit ·

stem Dirk, sulke tyd sê ek sluit die verdomde universiteit en laat hierdie, I want everything for nothing groep hul eie begin, hul kan kyk of hul iets uit niks kan oprig. Mens voel regtig jammer vir die eerlike hardwerkende jong mense van die land en wat regtig ‘n graad wil bekom!

Theresa B ·

Duidelik wil hierdie klomp nie hulle lewe verbeter en studeer nie. Net op kampus om sleg te wees en hul kultuur uit te leef……..soos betoog ens.

DPJ ·

Universiteite en kolleges is daar om kennis en vaardighehe aan te leer om jou meer vir werk en toekoms voor te bery. Beslis nie om stskings en ontwrigting nie. Wat bekom die studente anargie haat en geweld.
Ons pratige land gaan agteruit en nog steeds deur dit voord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.