Studentebetogings: Miljoene se oortyd vir polisie

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots tydens die #FeesMustFall-veldtog (11 Oktober 2016) Foto: ANA

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het sy beamptes al meer as R3 miljoen se oortyd betaal om hulle op universiteite in Gauteng te ontplooi weens die voortslepende studentebetogings.

Sizakele Nkosi-Malobane, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, het die syfer bekend gemaak in antwoord op ʼn parlementere vraag van die EFF-LP Patrick Sindane.

Minstens 1 368 polisiebeamptes is by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ontplooi met meer as R67 000 wat op kos vir die beamptes bestee is.

Op ʼn vraag aan Nkosi-Malobane oor berigte dat Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-beweging en voormalige studenteleier van Wits, op ʼn eetstaking is, het Nkosi-Malobane gesê die gerugte is onwaar.

“Hy word ook nie in afsondering gehou nie. Hy is in ʼn hoësorg-afdeling in die gevangenis aangesien ons nie wil hê hy moet ʼn teiken vir ander gevangenes wees nie,” het sy gesê.

Dlamini is verlede week borgtog geweier in die Johannesburgse landdroshof. Hy staan tereg op aanklagte van openbare geweld, diefstal en kwaadwillige saakbeskadiging en moet weer op 15 November in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

pietskiet ·

R67 000 vir kos en miljoene vir oortyd is niks dink aand die polisie aan diens het famielies by hulle huise daai oortyd is ure waarvan famielies besteel waarvan elke uur oortyd van die famielies gesteel
Geld kan tog nie in jou gesintyd opmaak nie

Alida ·

Onnodige vermorsing van geld. R3m kon n paar huise gebou het.

Jawat ·

My man n SAPD lid wat by staking gewerk het. Ek weet vir n feit dat daar GEEN kos aan hulle voorsien is nie en hy word ook geen oor tyd betaal nie. Ek weet nie van die ander manne wat daar werk nie, maar hy is beveel om daar diens te doen sonder geen oortyd of etes.

johann barnard ·

As hulle ooit betaal gaan word,en as hulle betaal word moet hulle maande vir die geld wag om betaal te word.

Karen van Zyl ·

Dit is baie onaanvaarbaar, wat daai arme polisie mense moes deurmaak en dan bo dit ook nog nie eers ietsie te ete of drink kry nie.

tasha ·

Hoekom moet hulle oortyd betaal word om pligte uit te voer?! Helfte van d tyd sit ME ESTE VAN HULLE rond en doen nie veel. Hierdie is seker die “hardste” wat daar al gewerk was vir d jaar…

Jean ·

Kyk ek is nie juis ‘n voorstander van die huidige polisiemag nie, maar glo my om daardie stakende massas te moet aanskou elke dag en hoe jou kollegas met bakstene geslaan word, met klippe gegooi word en geskop word, uitgetart en gevloek word, moet ek sê verg moed, veral omdat hulle NIKS mag doen nie, want daar is mos gesê hulle mag nie onnodige geweld gebruik nie, so eerder as om in doe moeilikheid te kom, moet hulle terugstaan .. GEE HULLE KOS .. GEE HULLE OORTYD .. die regeringsamptenare EET baie meer as dit in EEN aand by ‘n funksie op . so GEE HULLE GELD en spandeer dubbel dit aan luukse karre ‘n maand !! As dit nie vir die oproerige studente was nie, was dit nie nodig nie ..

Die studente is die skuldiges hier .. die ander goed is in plek gesit om te keer dat hulle die hele land aan die brand steek en vernietig!!

Zumie ·

Soos die vaders – so die kinders. In die 80’s het die pappies en mammies gebreek en gebrand. Nou doe die kinders lustig voort. O Afrika……. alle kontinente het hulle monumente (Sjina se groot muur, Europa se talle kastele en katedrale Amerika se Maya en Inka geboue) maar Afrika sit met die Zimbabwe ruines (en ek vermoed hulle het dit net gebreek – nie gebou nie) . Hoe kry jy mense se koppe reg???

Die Ou Varkerasies ·

Ons varkerasies ondersteun die pligsgetroue eerlike polisielede 1,000,000%.

‘n Demokrasie het nie ruimte vir barbaarse studente en kriminele meelopers wat ons landswette oortree nie.

Maar waar is die stille meerderheid studente? Is hulle ruggraadloos? Of apaties? En waar is die stille meerderheid se ouers? Is hulle ruggraadloos? Of apaties?

Ou Vlakvark en Kie.

Alida ·

G. Die SAPD kan nie verniet werk nie, en of hulle hierdie maand al hulle geldjies gaan kry is natuurlik ‘n perd van ‘n ander kleur. Wat ek bedoel het is dat hierdie barbaarse en onaanvaarbare optrede van ‘n klomp onopgevoede mense totaal en al onnodig was as die regering hulle beloftes nagekom het. Zuma en sy ministers is useless en steur hulle nie eers aan hofbevele nie. Zuma was en is so min in die land hy weet nie eers wat hier aangaan nie. As die regering hulle kant gebring het sou die uitgawe aan die SAPD nie nodig gewees het nie. En aan die kommentator met die naam DOM ek is nie ‘n JA stemmer nie en het so klein bietjie grysstof tussen my ore.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.