Studentebetogings nie ‘nasionale krisis’, sê minister

blade-nzimande

Blade Nzimande. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die minister van hoër onderwys het Maandag gesê die studentebetogings wat daartoe gelei het dat talle universiteite van hul kampusse moes sluit, is nie ʼn nasionale krisis nie.

“Ja dit is ʼn uitdaging, maar ek sal nie sê dis ʼn krisis nie aangesien ons maniere en middele het om die saak te bespreek,” het minister Blade Nzimande tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê. Hy het gesê die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), die Universiteit Kaapstad, Rhodes-universiteit en die Fort Hare-universiteit word sover deur die betoging oor klasgeld geraak.

“Ek gaan môre (Dinsdag) met verteenwoordigers van visekanseliers, universiteitsrade, studente en werkers vergader om met ʼn algemene raamwerk vorendag te kom rakende die toename in klasgeld vir 2016,” het hy gesê.

Nzimande het gesê daar moet ʼn benadering ontwikkel word om met ʼn bedeling vorendag te kom wat die omstandighede van studente in ag neem.

Die minister het ʼn beroep gedoen op die universiteite se bestuur om meer bedagsaam en versigtig te wees wanneer daar op verhoging van klasgeld besluit word. “Dit is noodsaaklik dat hulle met alle relevante belanghebbendes konsulteer ten einde die nadelige uitwerking op arm studente te verminder.”

Nzimande het ook ʼn beroep op studente gedoen om die onderhandelinge met die verskillende universiteite se bestuur ʼn kans te gee. “Die bestuur van universiteite moet wettige kanale beskikbaar maak vir bespreking en dialoog oor hierdie sake, en nie toelaat dat sake versleg nie – dikwels as gevolg van ’n gebrek aan begrip en kennis van die situasie wat aangevuur word deur swak kommunikasie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarel ·

Ek glo nie Australië het n “free education” nie, seker vir klein drie dag kursesse, maar jy gaan beslis nie n dokter of tandarts word met n “free education” nie, daarvoor sal jy ook maar moet hoes en betaal.

Skool, onderwys en studies was nog nooit vir die klomp n prioriteit nie, dis die dat universiteite en kampusse kan sluit en dit nie n krisis is nie. Party van hulle het nie eers matriek nie, so hoekom sal dit hulle ontstel as kinders se leerproses opgeskort word.

fransie rowles ·

Niks is n krisis nie, want hul weet nie hoe om dit te hanteer nie!!!!!

JWK ·

Blade is reg. Dit is nie ‘n krisis nie. Blade en sy kaders het voorgeloop en betoog en gebrand en gedans en substasies op geblaas toe hulle jonk was en sodoende apartheid oorwin. Dit is die enigste verwysingsraamwerk wat hierdie jong mense het en glo dis reg om soos diere aan te gaan. Die krisis Blade, lê in die regering wat nie kan regeer nie. Die krisis Blade, is die verlaging van standaarde op skool as ook naskoolse instellings om mense te kwalifiseer. Die krisis Blade is dat SA sit met mense met kwalifikasies wat nie die papier werd is waarop dit gedruk is nie. Dis die mense wat deur BBBEEE bevoordeel word. Kyk maar na SAUK, Prasa ens

Pieter V ·

Vyf en sewentig present van daardie betogers hoort nie op n kampus baie van hulle weet nie waarvoor hulle hulle betoog nie , maar dit kom daarvan as jy belowe net om stemme te wen en dan jou beloftes nie na te kom nie soos wat Zuma en sy kaders doen

JJ ·

Gelukkig gaan my kids nooit universiteit toe nie…Hulle’t klaar elkeen 13 grade….Graad 1, Graad 2, Graad 3……ens…..en ‘n ruggraat!!

willie ·

Ja Blade,julle verstaan nie somme?????Weet Blade,as ons geliefde president Zuma wat net aan hom self dink,die R246000000 wat hy spandeer het ,kon 4200 arem studente gehelp het.

neelsie ·

Is dit nie hoe hulle deur die ANC opgelei is nie?
Alles moet met geweld en vuur reggemaak word .
nTotale gees van venietiging.
Vernietiging van eie besittings en eie waardes.
Sinnelose lewenswyse.

danie ·

Kyk ek sal nou graag wil weet wanneer kasifiseer die regering iets as n krisis, twee weke voor eind eksamen en dis gaos.

GES ·

Hierdie is maar net die aanloop tot groot moeilikheid. Kyk wat gaan gebeur Jan 2016 as studente wil inskryf. Die staat het nie geld nie en die studente het ook nie. Dit is ook ‘n bekende feit dat baie studente die subsidies gebruik as leefgeld. ‘n Klomp honger mense gaan die strate invaar, roof en plunder. Blade en Zuma dink nie dit is ‘n probleem nie, veral Zuma wat geen getalbegrip het nie. Dit is net ‘n kwessie van tyd.

Sakkie du Plooy ·

Die studentestakings is nie ‘n nasionale krisis nie, dis ‘n nasionale gewoonte. Dis seisoenaal. Al vir jare protesteer swart student hierdie tyd van die jaar want dis eksamentyd. En hulle sien nie kans vir harde werk en studie om eksamens te slag nie.

Dan ·

Ja-wat die skade wat hulle aanrig gee weer werkskepping, en as daar geld in omgang is, kan diegene wat nie hulle hande daarvan kan afhou nie weer kan skep. Die een se dood is die ander se brood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.