Studentebetogings rig skade van dermiljoene rande aan

Geboue in vlamme gehul by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit nadat betogers op 24 Februarie 2016 op 'n plundertog gegaan het Foto: Twitter

Geboue in vlamme gehul by die Mafikeng-kampus van die Noordwes-Universiteit nadat betogers op 24 Februarie 2016 op ‘n plundertog gegaan het Foto: Twitter

Die skade wat sedert verlede jaar tydens gewelddadige betogings by universiteite landwyd aangerig is, beloop byna ʼn half miljard rand.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het dié syfer Donderdag bekend gemaak in ʼn geskrewe antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA.

“Die beraamde koste van skade aan eiendom het toegeneem met R152 miljoen tot altesaam R460 miljoen sedert Oktober 2015,” het Nzimande geantwoord.

Uit dié bedrag is onder meer skade van R150 miljoen by die Noordwes Universiteit aangerig, R82 miljoen by die Universiteit van KwaZulu-Natal en R40 miljoen by die Tshwane Universiteit vir Tegnologie.

Hy het gesê die departement het byna R40 miljoen bygedra om skade te herstel aan die histories benadeelde universiteite van Fort Hare, Zoeloeland, Walter Sisulu, Limpopo en die Universiteit van Wes-Kaapland.

Lees meer oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Milan ·

Wonder hoeveel behoeftige studente sou met hierdie geld gesubsidieer kon word? Seker weer apartheid se skuld.

snoefie ·

die geld wat in die berig bested was om skade te herstelis net by voorheen “nie blanke” universiteite bestee of het ek die bus gemis ?

Irene ·

Ja Witmense se skuld en Afrikaans ook wanneer gaan hulle die blaam op hulle vat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.