Studentebetogings: Só se Wits

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Wits, Facebook)

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Wits, Facebook)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag ʼn negepunt-plan bekendgestel om studente se besware aan te spreek ná twee weke van betogings oor studentegeldeverhogings.

Die universiteit se uitvoerende bestuur het ook gesê akademiese bedrywighede hervat Dinsdag.

Die bestuur het gesê die universiteit verbind hom aan die plan:

– om ʼn 0% verhoging vir 2016 in te stel op akademiese, koshuis en verwante koste. Die presidensie het ingestem om hierdie koste te onderskryf, op voorwaarde dat die universiteit ook ʼn bydrae sal lewer;

– om die verhoging in die aanvangsfooibetaling aan te spreek;

– erken dat die betogings die studente se vermoë om hul eksamen af te lê, benadeel het. Die akademiese program en eksamenrooster word geherstruktureer;

– erken dat buite-aanstellings tot uitbuiting lei. Die universiteit verbind hom daartoe om, bykomend tot die president se kommissie, sy eie interne kommissie aan te stel wat die invloed van kontrakwerk, asook die kostestrukture van interne aanstellings en moontlike alternatiewe modelle sal ondersoek;

– onderneem om finansiële hulpbronne te vind om kinders te ondersteun van alle personeel wat tans aangestel is in kontrakdienste, op voorwaarde dat hierdie studente vir universiteitstoelating kwalifiseer;

– stem in dat daar geen tugstappe gedoen sal word teen studente wat aan wettige betogings deelgeneem het nie;

– sal ʼn werknemershandves opstel;

– stem in beginsel daarmee saam om alles in sy vermoë te doen om enige ander kwessie aan te roer wat die studente te goeder trou wil bespreek; en

– sal ʼn Algemene Vergadering belê indien die studente hierdie maatreëls aanvaar.

“Op grond hiervan moet die akademiese program Dinsdag hervat,” het die instansie gesê. “Dit is noodsaaklik dat ons nie hierdie akademiese jaar verloor en die toekomstige potensiële loopbane van ons studente benadeel nie.”

Die vergadering tussen die studente en visekansellier prof Adam Habib duur voort.

Habib is gedwing om na die studente te luister toe ʼn senaatsvergadering, wat die voortslepende betoging sou bespreek, vroeër deur betogende studente onderbreek is. Die senaat is die hoogste besluitnemende liggaam van die universiteit.

Lang vergaderings het Saterdag en Sondag plaasgevind toe studente nie kon saamstem oor hoe die “Fees must Fall”-veldtog tot ʼn einde moet kom nie. Dié veldtog het twee weke gelede by Wits begin. Meeste universiteitskampusse landswyd het besluit om met die betogings voort te gaan, ondanks ʼn aankondiging deur pres. Jacob Zuma Vrydag dat studentegelde nie in 2016 verhoog sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swanna ·

Nadat hierdie studente” eendag” klaar gestudeer het wil hy/sy graag ook ‘n werkie he. So hy doen aansoek vir ‘n werkie en so word hy indiens geneem sonder dat sy/haar baas weet dat hulle deel van die tipe gemors was. Nou by die werkie begin die hy/sy weer hulle streke uit haal om weer te toy toy oor iets wat hulle kamstig grief by die werkie. Maar die dag toe hulle daar aansoek gedoen het het hulle met hul vroom gesigte gestaan een bedel om die werkie te kry. Sien, wat my punt is, hierdie generasie van student gaan nooit ophou tensy hulle iewers in hul lewe in die bek geruk moet word in tot hul sinne geroep moet word en ook verantwoordelikheid moet neem vir hul aksies en dade.

Hanna ·

As die regeering aan wildsplase permitted aangeteken om wilds getalle te reguleer… EN die students is die NUWE SA se toekomatige leiers… gaan hulle dan ‘n permit uitreik om mekaar te beheer???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.