Studentebetogings was poging om land te ‘destabiliseer’

Gwede Mantashe

Gwede Mantashe

Die ANC het gewaarsku teen pogings om die onlangse studentebetogings teen verhoogde universiteitsgelde te gebruik as ʼn manier om Suid-Afrika te destabiliseer.

Die ANC het Maandag in ʼn mediaverklaring, ná afloop van ʼn vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee (NUK), na die onlangse gebeure verwys en gesê dit “is vroeë tekens van teenrewolusie”.

Volgens Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het die NUK “baie tyd bestee om oor die toestand van hoër onderwys in die land te beraadslaag”.

Hy het gesê dat finansiering die grootste struikelblok vir tersiêre onderrig in die land is. “Dit was die korrekte besluit van die president dat daar geen verhoging in klasgeld vir 2016 sal wees nie.”

Die NUK het egter sy kommer uitgespreek oor pogings om die “opregte bekommernisse” van die studente vir ander doelwitte aan te wend. “Die opper van nuwe eise terwyl daar aan die oorspronklike eise gehoor gegee is, word gesien as ʼn poging om ontevredenheid te aan te wakker.”

Die NUK het onder meer gesê die teiken van staatsinstellings, slagspreuke oor regimeverandering en provokasie van die polisie tydens die betogings was alles “vroeë tekens van teenrewolusie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

Jip. Jy’s reg ou Gwede….Ek moes vir 2 jaar van my lewe in ‘n bruin uniform in ‘n tent slaap en rat-packs vreet…..in en om die lokasies van verskeie dorpe…..waar studente presies dieselfde gedoen het om die land te “destabiliseer”!! Julle het hulle daai tyd aangepor en geprys….en nou kritiseer jy hulle? Hau??

gert ·

ek is nie een vir sieners nie maar ou siener het gese hulle gaan eers onder mekaar bekly as jy sielkunde wat die dom een die eff laat die mederheid glo as hulle die plaase vat en en betaal vir onderwys sal dit vir hulle almal beter wees maar die anc sal nie hulle mederheid oor gee aan hom nie daar gaan n burger oorlog kom en sal dit nie eers weet nie dit sal maar wees soos in die 90’s (as jy nie in die lokasies was sal jy nie weet wat aangaan nie onruste)

Kaspaas ·

Die cANCer doen goed genoeg op hulle eie om die land te destabiliseer.

Piet Pompies ·

Ek is nog besig om sinne te bou in my gedagtes toe ek Johann Marx se reaksie lees….Ek voel ook dieselfde, sal nie eers ‘n komma of punt skuif.
Kry vir jou, jy het eerste handse ervaring!

Rietrot ·

Die leiers van ons tyd skep die denke van die jeug dis volg hul die denke wat aan hul voorgeskryf word.

Bruno Stef ·

Die skoen is nou aan die ander voet ou Mantashe pasop vir Julias as hy begin om die SG studente te bearbei en jy en jou mede comrads voelvry verklaar word as Collaberators soos die councellors in die destydse Soweto.

Hennie ·

Gwede, nou het ek jou verloor. Verbeel ek my of het die ANC dan juis die studente ge-‘Mexican Wave’ om politieke punte aan te teken?

Janalleman ·

Slaan my met ‘n nat vis – was daar nie dit vir hulle belowe nie “Free Education”

Martin ·

Vir die eerste keer kan ek saam met hom ook stem. Wys jou daar is potensiaal.

Remondo ·

Teen Rewolusie? Nou waarom wil hulle dan betoog ? Goeie diens lewering? , goeie opvoeding? nee julle het hulle so grootgemaak sonder respek of godsdienstige optrede , maak stukkend sodat hulle weet ons was hier….more kla ons omdat alles stukkend is…..

Al julle beloftes om stemme te wen byt julle nou….nuwe stemdag gaan seker weer nuwe beloftes bring

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.