Studentebetogings: Zuma vergader met ministers

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma vergader Donderdag met die groep ministers vir justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid (JCPS) oor die studentebetogings wat landwyd voorkom.

Jeff Radebe, minister in die presidensie, het Donderdagmiddag die media toegespreek na afloop van Woensdag se kabinetsvergadering. Volgens Radebe vergader Zuma Donderdagmiddag met die ministers.

“Pres. Zuma het opdrag gegee iets moet gedoen word aan die chaos wat ons instansies van hoër onderrig vernietig. Wetstoepassingsagentskappe, wat binne die grense van die wet optree, sal geen steen onaangeroer laat om diegene te vind wat verantwoordelik is vir die kriminele aktiwiteite wat ons gesien het nie.”

Zuma het intussen ook ʼn verklaring uitgereik oor die gewelddadige betogings by sommige universiteite en gesê hy is “erg ontsteld” daaroor. “Ons doen ʼn beroep op studente om hul reg om te betoog op ʼn verantwoordelike wyse uit te oefen. Hulle moet ook die regte van diegene wat nie aan die betogings deelneem nie respekteer.”

Hy het gesê hy het die Suid-Afrikaanse Polisiediens versoek om “streng op te tree binne die grense van die wet en Grondwet om lewens en eiendom te beskerm”.

Die president het weereens die regering se verbintenis om te verseker almal het toegang tot hoër onderrig, bevestig. Hy het ʼn beroep op universiteitsbestuur, ouers, studente en alle ander belanghebbendes gedoen om saam met die regering te werk om op ʼn vreedsame en konstruktiewe wyse oplossings te vind vir die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Anoniem ·

Halloooooooo…jy het beloftes gemaak wat jy nie nakom nie…Nou breek en brand hul als af…Dis goed laat hul dit doen….Dan gaan hul niks oorhe om oor te baklei nie….Hulle gaan nerens in die lewe kom as hul so aangaan nie…en ons gaan nie help nie…want fondse het ons nie……….en ek is seker ons is moeg om op te bou en hulle breek af…….

Useless ·

Watookal hy se het geen betekenis en al minder gee om. Verloorder!

Uvonka ·

In my oe het nr 1 ‘n nr 2 geword. Geen mens kan glo wat hy se nie, praat net strooi en lei almal aan die neus rond.

Danie ·

Die keer het hy nie weer buiteland toe gevlug terwyl Rome brand die iets wat gedoen moet word is bedank zuma maar ai ek weet nie of iemand van die regering gaan hand opsteek om te help werk aan n oplossing hy vra n slapgat polisie mag om op te tree eish man amper gaan ek aant huil

Riaan ·

En intussen sit die weermag en koekkies bak. Hoekom word hulle nie ontplooi nie. Is 1 Miljard Rand se skade nog te min daarvoor ?

Lance ·

Ag ja nou skielik ! …eintlik so tipies …NOU nodat alles aan skerwe le NOU word daar vergader. …watse patetiese leierskap is dit …eintlik al so ver heen dat dit nie eers meer saak maak nie …want niemand luuster eers na die man nie …hy is n groot grap …en ja ons lag vir jou hehe

John ·

Ons het darem ‘n ware ‘hands on’ president… Hy het glo onlangs sekere beloftes aan studente gemaak. Wat was dit? Daardie nuwe vliegtuig sal darem handig te pas kom sodra ‘n probleem skielik opduik… in Rusland of Sjina of Noord-Afrika, dan kan die spulletjie hier maar alleen opsnork.

Janneman ·

Ai, die anc leer ook nie. Ons weet zupta is n bokwagter maar dit blyk sy raadgewers is ewe dof en het niks geleer uit die onlangse verkiesings nie.
Jy het nie geloofwaardigheid nie meneer. Hoeveel studente kan geborg word met R250 miloen? Hoe gaan jy die vraag beantwoord?

Columbiana ·

Ag nee wat. Terwyl hulle koek en tee al om die vergadering tafels brand die land. None are as blind as they who do not want to see.

snoefie ·

in hierdie demokratiese land het ons almal vryheid van spraak. laat alle “NIE- SWART” nasies soos een opstaan en se: ” GENOEG IS GENOEG.” ONs gaan nie meer betaal vir wat die swart massas in every walk of life beskadig, verwoes, afbrand of vandaliseer nie. laat swart nasie ekstra belasting betaal om te kompenseer vir die verwoesting wat hulle mense saai. kyk dan how you hou daardie snert dan op.

C ·

Ek verstaan nie hierdie mauz nie. Hoe kan almal toegang tot hoër onderwys he as jy nie een hoërskool kan slaag met ‘n aanvaarbare punt nie? Dit is nou net hier waar ons regering hul gatte sien, want hul maak mos beloftes dan is daal die klompie breinlose wesens wat dit glo en dit is hul wat die amok maak en als afbrand. Kom by zuma, kom net by! As jy so onsteld is, kan jy net dink hoe ontsteld is ons as ouers wat vir ons kinders se studies betaal en niks verniet kry nie? Hopenlik gaan my dogter ook van volgende jaar af verder verniet studeer, want my salaris is ook onder R660 000 pj.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.