Studenteleiers weier om te vergader, sê Wits-visekanselier

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @Abramjee

Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag gesê studenteleiers het sy versoek om te vergader, van die hand gewys.

“Ek het oor die naweek met sommige groepe vergader, maar hulle het die ooreenkoms verbreek,” het hy gesê.

Betogende studente het Maandag verklaar dat Wits nie sal oopmaak tot daar aan hul eise vir gratis onderrig voldoen word nie.

Die universiteit het Sondag aangekondig dat personeellede Maandag sou terugkeer werk toe en dat lesings Dinsdag sou hervat. Maroela Media het vroeër berig skokgranate en rubberkoeëls is Dinsdagoggend op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) afgevuur nadat ʼn skermutseling tussen honderde betogende studente en die polisie gewelddadig geraak het.

Indien die betoging voortduur, kan die universiteit moontlik vir die res van die 2016 akademiese jaar sluit.

“[Die studente] sê hul stryd is met die regering en hulle moet ʼn sterk boodskap stuur deur die universiteite op hul knieë te dwing. Dit is nie regverdig nie,” het Habib bygevoeg.

Hy het Maandag in ʼn verklaring gesê enigiemand wat die universiteitreëls of hofinterdik oortree, of enigiemand se regte sou skend, sal dadelik aanspreeklik gehou word vir hul optrede en moontlik strafregtelik vervolg word. Hy het gesê indien die geweld sou voortduur, sal die universiteit gedwing word om sy deure vir die res van die akademiese program vir 2016 te sluit.

Die #FeesMustFall-betoging het twee weke gelede weer opgevlam nadat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat studentegelde in 2017 met ʼn maksimum van 8% sou styg.

Lees alle vorige berigte oor studentebetogings op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Buitestander ·

Die is nie meer studente nie maar rampokker/terroruste en moet dien oor behandel word.
Almal se name moet op ‘n lys geplaas word eb mag by geen na-skoolse opleiding in geskryf word.
Sou hulle geweldadig word moet daar met alle geweld in bedwang gebring word al is dit met skerpunt ammunisie.
Hoekom moet die res van die die studente daar onderly as ‘n minderheid handuitruk.
Wie se demokratiese reg om te studeer word nou benadeel?

Buitestander ·

Die ANC glo mos die meerderheid moet regeer en nie minderhede nie!!!

Jef ·

Dis net gemors wat so iets doen en dit is n gemors wat hulle agterlaat en dit sal n gemors bly.

Tania ·

Hartseer vir die wat wil. Maklik kom ons stuur ons kinders oorsee vir veilige ononderbroke opleiding. Maar die meerderheid kan dit nie bekostig.

Johann ·

Nadat Blade…!!!!!!!!! Tipies ANC “leierskap”. Begin n belaglike logies verwyderde verwagting deur dom astrante PRESIDENTE wat self nie kan tel om sy bankrekening te red nie en dan word die land vir die wolwe gegooi om bestook en gebreek en gebrand te word! Maar my grootste vraag. WAAR IS DIE TOEPASSING VAN DIE BESKERMING VAN MY EN ANDER BELASTING BETALERS SE REGTE wanneer ANARGISTE ons reg tot toegang en veiligheid blatant verkrag? KOMAAN ANC!!!!!!!!!! Waars jul grootbek leierskorps wat agter mekaar se slapgatte wegkruip? DIE LAND SE TOEKOMS word in n wurg greep gehou deur ANC strategie en beleid…en julle doen NIKS om Suid Afrikaners en die Wêreld hoop te gee dat iemand anders as n paar “studente” met klippe in hul hande in beheer is van tienduisende opreg hardwerkende individue se regmatige toekoms. TERROSIME het die bewind met bomme en moord en brand en breek bevestig: noudat die ANC se greep op mag gly….nou laat hulle hul mid 70s strategie weer.los en druk die jeug voor koels en kameras in! GEEN respek vir besittings of lewe nie. Solank die magsbehepte geldwolwe kan stroop en pocket. Te laat is NET anderkant laat self. In die geval 9 jaar TE LAAT. ZUMA LEGACY!!!!!!!!!!!

John ·

Die rektor moet net onthou dat ‘n kontrak twee of meer partye impliseer. Dit is nie net die studente wat hul verantwoordelikhede moet nakom nie maar ook die universiteit. As semi-staatsinstelling is die staat ook ‘n party in die kontrak. Indien die rektor en die staat nie die situasie kan of wil beredder nie, moet die studente wat nie aan die betogings deelgeneem het nie, die ander partye dagvaar. Waarom laat die staat toe dat ‘n klein groepie die meerderheid skaakmat. Hierdie probleem sal nie eindig by gratis studie, maar nog en nog behoeftes gaan bygevoeg word.

Oosie ·

Wits het alles gedoen wat regtens gedoen kan word om nou vir ‘n slag daadwerklik op te tree. Maar steeds is dit die dreigement om die instelling te sluit??? Hoekom word daar nou nie daawerklik net so ‘n sterk boodskap aan die oproeriges deurgegee en kry die weermag in om hierdie balhorige kinders te kom oplaai en te verwyder. Dit raak nou verregaande!! Hoe kan toegelaat word dat ongeveer 78 000 aansoekers die risiko loop om dalk nie toelating te kry nie agv agterstallige akademiese programme wat dalk ingehaal sal moet word?

Oosie ·

Kyk na die finansiele ramp waarop afgestuur word. Beurse wat verbeur gaan word, sommige studente sal nie die vermoe he om weer in te skryf nie, die enorme hoeveelheid eerstejaars wat se klasgelde verlore gaan wees, die skade agv vandalisme, ens ens…. En dit is maar een van die instellings… Hierdie is eintlik ‘n landwye noodtoestand wat afgekondig moet word met die nodige militere ingryping om orde te herstel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.