Studentepaar se motor gevind na kaping, moord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die motor waarin ʼn studentepaartjie Saterdag in Port Elizabeth gekaap is voordat die vrou verkrag en die man vermoor is, is Maandagaand gevind.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene se goue Polo Vivo is verlate in Kwazakhele net buite Port Elizabeth gevind. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 21-jarige vrou en 28-jarige man, albei studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), is Saterdag omstreeks 21:30 in Noordeinde deur ses gewapende mans oorval.

Die aanvallers het die paar in die kattebak van die motor ingedwing en met hulle na ʼn strand gery waar hulle die vrou glo verkrag en die man ʼn paar meter van die motor doodgeskiet het. Die aanvallers het die vrou hierna in die middestad afgelaai.

Naidu het intussen die oorledene as Thambani Ngwekazi geïdentifiseer. Hy was besig om homself as paramedikus te bekwaam. Sy vriendin studeer aptekerswese.

Die NMMU het Maandag in ʼn verklaring sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê die universiteit betreur die “verskriklike en onvergeeflike” voorval. Die universiteit het ook gesê hy doen alles wat hy kan om die vrouestudent te ondersteun en het ook berading aan ander studente by die universiteit beskikbaar gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Olga ·

Net weer bewys; dit het niks met “greed” te doen nie, niks met honger te doen nie; motor is nie verkoop of gestrip vir parte nie. Dis plein MOORD!

Lindy ·

en het duidelik ook niks met rasisme te doen nie! Stem volkome saam met jou. Die spul is pleinweg net SIEK!

Wern ·

Ja Olga, hulle was nie honger nie, hulle maak dood vir plesier. Geen genade vir moordenaars meer nie!!!

Lodewyk ·

Soos dinge nou aangaan dink ek sal daar met die volgende Olimpiese spele nog twee soorte sport bygevoeg moet word naamlik MOORD en VERKRAGTING, want hier in S.A. lyk dit vir my is dit `n sport.

KarooKlong ·

Hulle sal nie SA toelaat nie want hulle weet SA sal met al die medaljes wegstap/hardloop.

Esmay ·

KarooKlong, jy het my nou lekker laat lag!! Waar wat jy sè.

Karma ·

Maar dis dan hul eie mense! Waar is diegene wat praat van volksmoord en ras-gerigte misdaad? Hierdie is bewys dat misdaad is MISDAAD …. maak nie saak wat jou velkleur is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.