Studenteraad-president ‘laat wittes nie welkom voel’ by Kovsies

Die Marthinus Theunis Steyn-standbeeld op die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus. (Foto: UVS)

Die boodskap wat Sonwabile Dwaba, nuutverkose studenteraad-president (SR-president) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en EFF-verteenwoordiger Donderdag uitbasuin het, is dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom is op kampus nie.

Dit is die mening van Tammy Wessels, die VF Plus se nasionale jeugleier, in reaksie op Dwaba se uitlatings kort ná sy verkiesing.

Dwaba het onder meer na die standbeeld van oud-president MT Steyn verwys en studente versoek om hom te help om “Steyn te laat val”.

“Die UV se droom van versoening en gelyke geleenthede vir almal is die nekslag toegedien met die uitsprake van die nuutverkose SR-president. Onverdraagsaamheid, haat, nyd, wanbegrip, rassisme en ʼn gebrek aan kennis was die ondertoon van Dwaba se toespraak en is ʼn aanduiding van wat die komende termyn gaan behels,” het Wessels Vrydag gesê.

Wessels het gesê dieselfde MT Steyn “wie se standbeeld glo vir sekere studente aanstoot gee” se visie was juis ʼn hoër onderwysinstelling in die Vrystaat, naamlik die UV, waar “hierdie einste studente nou die voorreg tot hoër onderrig geniet”.

“Dwaba, as ʼn studenteleier, behoort van beter te weet. Hy behoort homself ten minste van die feite te vergewis alvorens hy opruiende, ondeurdagte en onverdraagsame uitsprake maak. Sy swak leierskap voorspel niks goeds vir die SR se termyn nie.”

Sy het gesê die openbare deelnameproses wat met betrekking tot die toekoms van die standbeeld op die kampus van stapel gestuur is, word deur hierdie kwaadwillige uitsprake ondermyn.

“Studente wat mondelinge voorleggings gedoen het, was hoofsaaklik ten gunste van die behoud van die standbeeld. Hierdie voorleggings moet in ag geneem word en nie die betogende studente buite die lokaal nie, omdat hulle nie aan die diskoers deelgeneem het nie.”

Wessels het gesê Suid-Afrikaners moet kennis neem van die verkiesing in die kleine op die UV-kampus. “Die EFF stel onverdraagsaamheid en rassisme ten toon oral waar hulle betrokke is. Sulke rassehaat mag nie geduld word nie. Kiesers en spesifiek die stemgeregtigde jeug mag nie toelaat dat beide hul geskiedenis én toekoms onteien word nie.”

Sy het gesê alle studente behoort ewe welkom te voel op die kampus. “Almal se geskiedenis is belangrik en behoort bewaar te word. Standbeelde moet bygevoeg word, nie weggeneem word omdat ʼn kultuur van haat en onverdraagsaamheid deur leierskap gekweek word nie,” het Wessels bygevoeg.

“Die VF Plus sal met die rektor van die UV vergader ten einde die onverdraagsaamheid van die huidige studente-leierskap aan te spreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Anti-EFF ·

Ons weet mos nou die EFF is die eintlike rassiste in hierdie land van ons. Word net weer ‘n keer bewys.

AmY ·

Gaan hy nou aangekla word oor sy openlike haat teenoor blankes?

Of is die hele spul nou onaantasbaar?

Wou sou gebeur het as ‘n blanke sulke dinge teenoor hulle kwyt geraak het?

Hy sou dan verseker al geskors gewees het.

IK ·

Daarom sal sy haatuitspraak geplaas mag word maar indien ek dit sê sal dit sneuwel.

hendrik ·

Aag wat Amy, jy weet mos in Stellenbosch universiteit het twee dame studente hul gesigte pers geverf vir n partydjie toe word hulle geskors.

Johann cb ·

Mnr Dwaba, ons is wit, só geskape en dit gaan nié verander nie! Aanvaar ons vir wie ons is en hou asseblief op diskrimineer! Moenie alle wittes oor dieselfde kam skeer nie asseblief! Net ‘n baie klein persentasie is rassiste! Kom ons leef in vrede saam!

Dink ·

Voel jy skuldig oor iets dat jy so kruiperig is? ?

Duidelik verstaan jy nie totalitarisme en tirannie.

Afrikaan ·

Hoe meer jy lê en jou been lig hoe meer gaan hulle jou skop. Staan op man!

Landsverraaier ·

Nou regtig. Lyk my mense verstaan nie wat hier aan die gang is nie. Hulle soek nie jou witvel om hulle nie ok. Aanvaar dit tog nou net.

anti aas ·

ag ou dwaba dis jaloesie wat daar praat. vat dan maar die kolonialistiese instelling en maak dit jou eie. ons weet mos, julle het nog altyd op kolonialistiese instellings geaas . dekolonialiseer dit en maak dit n inisiasie skool. kry net klaar.

Pietman ·

Verstaan ek nou reg? Jy pleit by ‘n aardsrassis om jou te aanvaar omdat jy nie ‘n rassis is nie.

Gaan my verstand te bowe dat een wit persoon die k-woord sê op ‘n stand in Griekeland en die land kry ‘n totale oorval, maar oor die baie erger rassime van swart op wit is daar geen reaksie nie.

Anne ·

Goed gese Afrikaan, so slap houding gaan niemand nerens bring nie!

Johann cb ·

Nee, “Dink” en andere, kruip is dit nie! Slegs hoe die meeste Suid-Afrikaners voel ou maat! Vrede vir jou ook!

Jan ·

Geen regdenkende mens kan iets goed van hierdie situasie sê nie. Hopelose situasie

ferdi ·

Dit is in elkgeval nou swart Universiteit vat ons geskiedenis weg daar

Koos1 ·

Nou, dis nou nie nuus nie. Vir die afgelope 10 jaar vertel die prez van SA dat wittes nie welkom is nie, en dat alles wat fout is, eintlik hulle skuld is.

Paul ·

En die president van SA is van dieselfde ingesteldheid. Diegene wat vanaand die Afrikaanse nuus gevolg het, sal besef die skrif is aan die muur.

FPVZ ·

Dit is soos die radikale Arabier vir Europeërs gese het as hulle nie van diversiteit hou nie moet hulle in ander land gaan bly. Die doelstellings van die radikales is duidelik. Hulle sal graag wil kyk hoe ver hulle radikalisme kan druk voor kaputilering of oorlog. Net te kyk na die hoeveelheid oorloë in Europa oor laaste 300 jaar sal die skoorsoekers 2 keer moet laat dink. Europiërs maak nie oorlog op klein skaal nie en 5000 jaar se oorlewingsinstink maak hulle baie gevaarlik. Die Pit Bull Terrier is verleidelik verdragsaam tot hulle omdraai en die Yorky met een hap opvreet. So moet die swartes nie die blankes probeer bangmaak om dit wat ons daargestel het te ontvlug nie. Mag oneerlik bekom is mag gou verlore.

Cherokee ·

Ò… ek het nie geweet die Universiteit van die Vrystaat is ‘n EFF instelling nie! Nooit besef dat die EFF enigsins betrokke was by die stigting daarvan. Wat ‘n verrassing.

(ag, nou gaan die kommentare weer vra ‘wàt as die blankes dit sou doen?’ Dieselfde rympie oor en oor. – Dink tog groot seblief ‘n nuwe ene uit!)

Pietman ·

Met respek, wie is jy om ons te verbied om die dubbel-standaarde uit te wys wat aan die orde van die dag is in Suid-Afrika?

Verkeerd bly verkeerd en net omdat jy moeg is om dit te hoor beteken nie dat ons moet ophou om dit uit te basyn nie.

Ranonkel ·

Ek stem saam met jou Pietman. Cherokee het om een of ander rede die neiging om aanvatterig te wees. Hy hou nie van herhaling van sommige menings nie en hy het voorheen gesê hy gaan nie meer reageer op my kommentaar nie omdat ek die naam Ranonkel gebruik en hy dit nog nie voorheen gesien het nie.

Eddie ·

Dit is blatante rassisme en hy behoort gestraf te word. Asseblief! Laat ons net ons eie universiteite, skole , hospitale etc. kry, ons raak keelvol vir die dagelikse rassisme van die ander kant sonder dat hulle daaroor vas gevat word.

1+1 ·

Johann cb het ‘n mooi benadering. Hy volg die beginsel van Rom. 12: 20 & 21. Dis al hoe ons die koppe van mense wat hulle soos vyande gedra.

Tug-Kommitee ·

Hy behoort voor UV se tug kommitee te verskyn en uit sy pos onthef te word.
Die SR-posisie is nie n politieke verhoog nie.
Indien die UV hom nie hom van sy pos onthef nie behoort die bestuur ook verantwoordelik gehou en aangekla te word. Hulle het n plig teenoor alle geregistreerde studente en n SR met n politieke-intensie en wat propaganda verkondig stel blanke studente bloot aan intimidasie, viktimisasie en fisieke geweld wanneer die situasie buite beheer raak en hul aangerand, met klippe gegooi en brande op kampus gestig gaan word. En hul leerplan weens oproer onderbreek gaan word.
Die SR behoort ALLE studente se regte en belange te bevorder en nie onderskeid te tref op grond van ras, geslag of kleur nie.
Hy behoort ook by die MRK aangekla te word van publieke haatspraak. Afriforum? Gaan julle hier intree?

Johann M van Heerden ·

Wys jou wat kry jy terug as jy ‘transformeer’.

HPV ·

Ons as ‘n groep werkgewers is tans besig om ‘n data basis daar te stel sou sulke mense se cv’s op on lessenaars beland. Sulke werknemers is nie welkom in ons besighede nie.

Manie ·

Alles te dankie aan Jansen wat kovsies getransformeer het tot n rommelhoop

thys swart ·

as sy /hy nie van die univeriteit met sy standbeeld hou nie hoekom gaan hulle soontoe ,daar is mos baie ander universiteite wat vir swartmense gebou is . gaan bv na universiet van zoeloeland Gaan sy geskors word ?

Transform ·

Sonwabile Dwaba is the New UFS SRC president. White people are so arrogant and conservative. Historically UFS was for Afrikaners that time has long passed if you don’t want to study at UFS because you think your Afrikaner privileges i suggest you find other university UFS has to be inclusive furthermore, steynwillfall brace yourselves for that transformation.

Siek en sat ·

Be careful what you wish for. It might just backfire on you. And i hope it does.

Anonymous ·

Transform, I don’t think you understand the purpose of higher education. It’s there to build higher education and it’s not a political platform to do instigate hatred and racism. White people feel threatened and of course will react to such inflammatory hate speech. EFF is a party that thrives on hate, there is nothing honourable, pure, good of wholesome about EFF. If there was no white person in the world, EFF party would find a new object/person to hate.

Paul ·

Ek is vanaand baie baie kwaad na ek die nuus op Afrikaans gesien het, daai kanaal waar Freek se nuus uitgesaai word. Kyk wat het Cyil beduie, as iemand nou nog nie die realiteit besef nie, het geen mens simpatie nie.

? ·

Paul, sê asb vir ons wat nie kon kyk nie wat het CR gisteraand op TV gesê?

Indien Paul dalk nie terugkeer na die kommentaarblad nie, kan iemand anders ons inlig asb?

Koos2 ·

Dis benede die President se waardigheid om hom deur sulke skorriemorries te omring, skuif hom liewers na ‘n geskikte terrein

Anoniem ·

Vernietig die universiteit.want dit is nie meer ons sin nie.Bou n nuwe een wat ons sn Sal wees .moenie vas hou op sentiment nie anders verander jy in n soutpilaar

Paul ·

Willie, hier is groot probleme, baie groot, ek sê weer CR het vanaand oor die Afrikaanse nuus beduie dis eenrigting verkeer, of die wit mense nou daarvan hou of nie!

leon ·

en wat is jou seining van die nuwe groot leier Leon Wessels, tevrede neem ek aan

C op C ·

Ek bewaar en troetel kosbare herinneringe van 4 en half jaar op Kovsies. Hierdie verwikkelinge is hartseer-wens so alle studente kon ons sorgelose studentelewe ervaar waar ons met sterre in ons oë kon uitsien na ‘n blink toekoms!

Paul ·

Jammer Cyril, ek vra groot omverskoning, baie groot, dat julle nie die wiel ontwerp het nie, wiskunde het die wêreld vooruit geneem. Dat julle nie die sterre eerste raakgesien het nie, die maan, die son, die windrigtings, die seisoene, nie die eerste ope hartoperasie gedoen het nie, die telefoon, selfoon en myne, goud, koper, diamante en steenkool, ek is sommer opgeklits en ek is nou gezip.

Lynette ·

Betaal jy jou klasgelde???? Of is dit maar weer die wit betalende studente wat jou daar hou

Marius ·

Ek kry ons jong mense jammer wat in sulke omstandighede moet studeer. En om dan Nie eers verseker te wees van n toekoms in SA nie.? Kyk maar wyer as net SA. Goeie geleenthede in ander lande waar jy waardeer sal word vir jou kwalifikasie en vaardighede. Sterkte

Johan H. ·

Is daar iets soos ,”reverse transformation” Want lyk my sekere mense kan nie “Cope” met hoe ,netjiese standaarde nie,, Shame man!!!!!

John ·

Die EFF word nie net verduur deur die ANC nie, dit word aangevuur om sodoende te maak of sake maar net uit hulle hande is want dit is die behoeftes van die hongeres na grond, na kennis, ‘n reserwebank, na sosialisme… en totalitere mag. Geen respek vir niks en niemand is eie aan oertydse barbarisme. Terloops is daar nie in die grondwet meer enige verwysing na ‘eie sake’ nie waaroor die DKM-orators so gespog het? Waarheen sal die Afrokaela’s kan uitwyk as die pappot se bodem deurbrand… na Zimpie? Die Suidpool sal meer bied.

Mariaan ·

Als wat mooi en goed is word afgebreek…hartseer…MAAR gee kans…hierdie nuwe SA gaan hulself vernietig…armoede sal hul voorland wees…en ongelukkig ons afgrond ook…pak jou goedjies…en kom weg…SA gaan net n land v moord…roof…en n vullishoop raak!

m.d.r. ·

Ek wonder of die kerel ooit weet wanneer is dit dag en wanneer is dit nag…..?
Hy vertel luidkeels dat witmense EN HULLE GESKIEDENIS. nie welkom is nie….
wel meneertjie. hier is ‘n “reality check” vir jou–solank as jy teen daardie geboue vaskyk, gaan jy teen die geskiedenis van Witmense vaskyk—-dit is onvermydelik….!

Tiaan ·

Mense, as ons teen die tyd nog nie die werklikheid en gevolge daarvan besef het nie dan weet ek nie!

Riaan ·

Ek wens al die blanke studente en hul geld ,asook die blanke dosente kan net daar uitstap en die plek net so los. Ek belowe jou,net n jaar of twee en daar Sal niks oor wees nie. Soos Unisa sal hulle kwalifikasies niks beteken nie

Tekens van die tyd ·

So jammer, maar dit is die tekens van die tyd! Liewe Heer, verkort tog die tyd vir die wat op U vertrou want die wereld is nou geheel en al in Satan se kloue!

Jerry ·

Die Universiteitsowerhede het twee opsies, of hulle skors hom vir haatspraak of hulle word geboikot!

DDS ·

Kom ons gaan haal ons Pres MT steyn se standbeeld sommer dadelik en vat hom daar waar hy welkom is en waar ons hom kan vereer vir die werk wat hy gedoen het saam met ons voorouers. Ons vir jou Suid-Afrika.

Eish ·

Mnr. Wessels,
Nou maar doen iets aan die aangeleentheid.
Ek is seker die blanke studente op Kovsies het meer as 5 breinselle.
Vindingrykheid behoort glad nie n probleem te wees nie.
Sorg dat die buiteland te hore kom hiervan.
Veg vuur met vuur. Aktivisme is die wagwoord seuna!

Francois le Cochon ·

Die berig gaan oor Tammy Wessels se mening oor Sonwabile Wdaba se boodskap. Nou wat het Sonwabile nou werkklik gese^?

Jaco ·

Moet my seun nou opskop of moet ons hom skuif? Hy ervaar dagliks die haat op kampus. Hy voel al so sleg om wit te wees. Hy het so lekker matriek jaar gehad verlede jaar. Ek ken my kind nie meer nie.

Leonidas ·

Jaco, skuif hom. Nou, terwyl daar nog kans is. Die “kwalifikasies” wat daar “verwerf” word, gaan binnekort minder as niks werd wees nie. Sekere kwalifikasies wat voorheen in die buiteland herken was, (selfs gesog was), word ná ‘n sekere jaartal nie meer herken nie. Kyk maar hoe die instansie se internasionale reputasie gesak het na niks. As oud-Kovsie is ek hartseer om te sê dat ek nooit my kinders soontoe sal stuur nie. Hierdie is nie ‘n nuwe ding nie, wit kinders is reeds sedert Jansen se tyd nie meer welkom nie.
Skuif hom.

Elizabeth 111 ·

Mnr Dwaba ‘n wyse man het per geleentheid gesê “a Chip on the shoulder is a sure sign of wood higher up”. Jou ‘insecurities’ gaan jou nêrens bring nie.

Susan VL ·

Ek dra nie rassisme in my hart nie…maar baie disrespek na die wat my God aanstoot gee onrede ek as wit.. blank geskape is.

Hans ·

MRK gaan u die aangeleentheid op eie inisiatief ondersoek,soos u gedoen het toe ‘n witte iets gesê het.Het al die politieke partye al ‘n kriminele klagte by SAPD ingedien.

Katerina ·

Kan iemand so gaaf wees om te vertel wat Ramaphosa op Freek se show gese het asb? Ek het nie Tv en het gegoogle maar vind nie enige verwysing daarna.

Leonidas ·

Ek is bly hulle het dié voormalige universiteit se naam verander (toe hulle die “Oranje” uitgehaal het), want die plek waar ek studeer het, bestaan beslis nie meer nie. Dit moderne “UFS” is nou niks anders as net nóg ‘n kookpot vir politieke anti-wit haat, met geen oorblyfsels van enige akademiese aktiwiteit nie. Al die uitmuntendheid is lank reeds weg, en die enkelinge wat akademies nog iets werd is, is ook op pad uit. Dan kan almal met hulle rooi berets maar die plek verder afbreek, totdat dit ook net ‘n stofkol is, soos meeste ander plekke waar hulle soort voorkom. Ons, ons kultuur en ons waardes sal elders voortgaan, en weer iets bou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.