Studenteraad sê oor ‘rassehaat-pamflet’

Die pamflet wat glo op die NWU se Potchefstroomkampus versprei word.

Die pamflet wat glo op die NWU se Potchefstroomkampus versprei word.

Die studenteraad van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het in ‘n skrywe aan die universiteit se bestuur geëis dat daar onmiddellik opgetree word nadat ‘n pamflet wat lui: “Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans.” op die kampus versprei is.

“Die bestuur distansieer hulself geheel en al van die inhoud van die pamflette,” het Louis Jacobs, woordvoerder van die NWU se institusionele kantoor, gesê. “Dit is duidelik net nog ‘n poging om agterdog te wek en die proses waarmee die NWU begin het om ‘n nuwe strategiese rigting daar te stel, te ontspoor.”

Rika Nieuwoudt, waarnemende studenteraadsvoorsitter op die Puk-kampus, het ’n skrywe aan die universiteitsbestuur gerig oor die pamflet en “onmiddellike reaksie” geëis. “Studente op die kampus is baie omgekrap en voel onveilig op hulle kampus asook in Potchefstroom,” het Nieuwoudt gesê. “Die studenteraad eis in die memorandum, wat vroeër aan prof. Dan Kgwadi oorhandig is, doeltreffende transformasie, en optredes soos hierdie bemoeilik dit aansienlik. Dit is ‘n direkte menseregteskending, ‘n vorm van haatspraak en rassisme wat ons as studenteraad ten sterkste afkeur. As studente weier ons om hierdie haatspraak ligtelik op te neem en verwag ons terugvoer en drastiese stappe van die institusionele bestuur.”

Nieuwoudt sê as studenteraad moet hulle die volgende vrae van die studente kan beantwoord en versoek dus bevredigende antwoorde vanaf die bestuur. Sy vra onder meer in die skrywe hoe studente die saak moet hanteer. “Gaan dit die nodige mediablootstelling geniet soos al die gebeure op die NWU Potchefstroomkampus die afgelope jaar? Is ons studente op kampus veilig? Hoe gaan daar opgetree word teenoor oor die oortreders?”

Abigail Leshope, van die studenteraad se verenigingsraad, het aan Maroela Media gesê Afrikaanssprekendes op kampus is baie ongelukkig oor die pamflet. “Niemand sal met sulke haatspraak tevrede wees nie,” het Leshope gesê. “Ek voel dit is ʼn onregverdige stelling, ons kampus is ʼn plek van gelykheid. Ek praat Afrikaans by die huis, dit is my taal ook, dit maak my baie vies.”

AfriForum Jeug het die pamflet vroeër as ‘n “rassehaat-pamflet” bestempel en dit ten sterkste veroordeel.

Lees ook:
“Kill the Boer, Kill the Racist, Kill Afrikaans!”, lui ʼn pamflet op die Puk glo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lesinda ·

N vriend van my wat saam my op skool was se hyt nog glad nie so pamflet of iets gehoor van dit nie. En hy studeer daar.

VerVanRyn ·

@lesinda, ek studeer ook op die PUK. Die gerug van die grufonds is versprei onder sekere geledere op die kampus voor dat die media dit begin versprei het. Jou vriend het dit dalk net gemis. Ek ken die voorsitter van ons kampus se Afriforum Jeug en hy erken die bestaan van die brief. Daar is nou wel baie twyfel oor die outeur van die pamflet, maar dat die fisiese pamflet gevind is in ‘n badkamer is nie ‘n bog storie nie.

Vincent Voigt ·

Wat kommerwekend is oor die panflet is die feit dat dit verspry word deur mense wat veronderstel is om die volgende leiers van ons land te wees dit bewys jou nou net weer dat Suid Afrika vir a verdere 20 jaar in sy hell in is so ja die toekoms van Suid Afrika lyk maar bleek

Anoniem ·

Sjoe dit lyk en klink darem weer baie soos ‘n EFF storie die veral met die tipe taal wat gebruik is op die plakkaat!

Annitta ·

Praat van haatspraak?! Hierdie pamflet skree dit! OF is dit mense wat net haat onder groepe wil laat vlamvat? Wie is vandag vriend en wie is werklik vyand? Moet dit NIE die mediadekking gee waarvoor dit smeek nie! Ons speel reg in die “haatsprekers” se kraal! Vrede moet ons oor ons vyande uitspreek. Laat die haat vir die duiwel homself ~ hy is n meester daarin!

Leatitia ·

Groot opskrifte wanneer onskuldige studente pretmakers hulle self vermom as swartes maar pamflette met haat spraak is aanvaarbaar..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.