Studie oor impak van onteiening sonder vergoeding voorspel donker tye

land-grond-landbou-onweer-donderweer-weerlig-wolke-deur-eugene-triguba-unsplash

Foto: Eugene Triguba/Unsplash.com

Grondonteiening sonder vergoeding (GSV) is ’n beleid wat, sou dit in werking tree, Suid-Afrika se sosio-ekonomiese klimaat drasties sal verander.

Dié beleid sal nie, soos wat ondersteuners van daarvan glo, ’n meer inklusiewe ekonomie skep en armoede beveg nie. Dit sal inteendeel die teenoorgestelde uitwerking op die ekonomie hê en selfs tot 2,28 miljoen werksverliese lei.

Volgens die bevindinge van ’n nuwe studie deur dr Roelof Botha, ʼn onafhanklike ekonoom en deeltydse dosent aan die Universiteit van Pretoria se Gordon Institute of Business Science (GIBS), sal GSV die land in ’n volgehoue staat van resessie dompel, wat veel ernstiger sal wees as die huidige tegniese resessie.

Dit kan lei tot ’n moontlike verdere afgradering van Suid-Afrika se staatskuld na rommelstatus deur Moody’s Investor Service. Die blote oorweging van GSV het reeds gepaard gegaan met ’n daling in sake- en verbruikersvertroue.

Na afloop van die vurige debat oor GSV die afgelope jaar het dr Botha besluit om ʼn navorsingspan saam te stel ten einde ʼn objektiewe makro-ekonomiese impakstudie van só ʼn beleid te doen. Die studie is gegrond op gevallestudies van sewe lande.

Hy is bygestaan deur prof. Ilse Botha van die Universiteit van Johannesburg wat die ekonometriese modellering gedoen het. Keith Lockwood, ook van die GIBS-sakeskool, Lumkile Mondi, verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Wandile Sihlobo , lid van die paneel van deskundiges oor landbou wat onlangs deur Pres. Ramaphosa aangestel is, het die portuuroorsigte van die studie behartig. Die navorsing is moontlik gemaak deur die ondersteuning van GOPA Group SA, Kellaprince Properties, Laeveld-Trust, Farmers’ Agri-Care en InteliGro.

Bevindinge van die studie

Die studie se bevindinge wys wat kenners reeds vermoed – ’n radikale benadering tot grondhervorming kan tot die grootskaalse ineenstorting van die plaaslike ekonomie lei, net soos in Zimbabwe en Venezuela. Die regering kan ’n skerp daling in staatsinkomste verwag en ’n gepaardgaande styging in die begrotingstekort.

Die begrotingstekort/bruto binnelandse produk (BBP)‑verhouding kan met so veel as 6,5% verhoog. Dit sal beteken dat die staat se begroting vir die lewering van basiese dienste soos gesondheid, onderwys, instandhouding van infrastruktuur en die bekamping van armoede, drasties sal krimp.

Kundige landburgers wat in staat is om hul beroepe in ander lande te beoefen sal op grootskaal die land verlaat, wat die ekonomie verder sal knak. Rentekoerse sal weer verhoog word, en landburgers sal ’n voedseltekort in die gesig staar.

Dit alles sal tot grootskaalse maatskaplike en politieke onstabiliteit lei. Met ’n wesenlike styging in die werkloosheidsyfer en bedreiging van voedselsekerheid word dit verwag dat misdaad selfs nog verder kan toeneem.

Dit maak nie sin nie

Volgens die verslag maak dit geensins sin om voort te gaan met die implementering van dié beleid nie. Dit is oor en oor bewys dat só ’n strategie nie werk nie en ’n geweldige negatiewe impak op ’n land se ekonomie het.

Dit bedreig die lewensbestaan van landburgers wat al reeds uitgelewer is aan armoede. Die studie beveel aan dat die debat oor grondhervorming in ’n nuwe rigting gestuur word, in stede daarvan om ’n oplossing ter tafel te lê wat geen geloofwaardigheid het nie.

Luidens die verslag is dit in almal se belang om ’n oplossing te vind wat nuwe ekonomiese geleenthede sal skep en sodoende aan alle landburgers ’n beter toekoms verseker. Dit is duidelik volgens internasionale bewysstukke dat die strategie van grondhervorming gegrond moet wees op markverwante en praktiese uitvoerbare beginsels.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

marco polo ·

Dis net kolonialistiese, eurosentriese denke wat die swart man wil ontneem van sy reg tot vryheid in ellende.

marina appelgryn ·

Rocco hoe kom jy by hierdie gevolg trekking uit! Vader van Genade dis nog al wat westerse en sogenaamde kolianiste doen!!! Probeer swart man op te hef en op ons standaard te bring!! Vryheid het hul lankal en kyk waartoe het dit gelei!! Brand en vernietig als! Kon nog nooit iets op bou! Verwag als moet in hul skoot val en voorsien word!!

skerpioen ·

Die ANC en EFF sal slegs luister na raad indien dit is wat hulle wil hoor. Andersins sal dit net onder die tafel ingevee word. Ek sien ‘n donker toekoms vir Suid-Afrika met ons huidige regering.

zoom zoom ·

Skerpion. Dit gaan nie beter gaan onder enige ander party nie. So verkoop wat Jy nog het last waai Na Dubai.

Grys ·

Laat dit net gebeur en klaar kry…raak nou moeg om te wag vir alles om “donker” te gaan…

John ·

Hoekom sou RC oor die eter/tv aangekondig dat hierdie plan deurgedruk gaan word en dit dan nie doen nie veral so voor die verkiesing? Dit sal mos juis chaos onder sy kiesers veroorsaak wie hy gelukkig wil hou of wil hy Zuma weer aangestel sien en ander radikale groepe laat groei/gryp. Hierdie plan gaan sekerlik voor die verkiesing ingespan word om ‘n 2/3-meerderheid te verseker. Die ware kleur van die ANC is skokkend sigbaar.

Alida ·

Reel n vergadering met Julius EN Mnr Ramaphosa en bring dit onder hulle aandag. Hulle is mos gewoond aan eers doen en dan dink en dan spat die bollie.

RG ·

Wat ons ekonome nie in ag neem nie, is dat dit dalk eerder gaan oor mynregte. Die Staat soek toegang tot die grond om te myn en nie soseer om te boer nie. Sodra onteiening plaasgevind het sal hulle beloftes aan die titelhouers maak van tantieme en rykdom aan elk wat ‘n stukkie grond besit. Ook die dat Anglo American hulle so sterk ondersteun met die plan. Maar net my opinie.

jaco ·

opstellers en medewerkers aan die verslag is almal wit of wit instansies. dit sal afgeskiet word as “rassisme”. skryf swart mense die verslag, sal dit weer afgeskiet word as “julle is sellouts aan die wit mense en op hulle payroll”.
So waar laat dit ons? steeds met onteiening sonder vergoeding wat beslis sal plaasvind.
Ek beny wit suid-afrikaners wat deur ouers of grootouers darem burgerskap in ander lande kan kry; lande met ander probleme, maar waar dit darem beter gaan as in SA…

Mrs H ·

Die land lyk baie naby aan hoe dit lyk na n oorlog. Daar is darm nog voedsel. Die ironie is, met GSV sal dit presies wees soos net na n oorlog, net sonder n oorlog. Is dit dan nie die moeite werd om n oorlog te he vir al die regte redes, en in elkgeval met voedsel te kort op te eindig en al die ander bogenoemde nagevolge nie?

Anoniem ·

Here, wees ons sondaars asb genadig, al verdien ons dit nie.

Al ·

Amen. Ons hoef nie te vrees vir eksterne faktore nie, want Jesus het die laaste sê.
Net toe ons dog ons raak nooit van Zuma ontslae nie, het die Here ons gehelp.
Hy sal ons weer en weer help as ons Hom liefhet. Alles werk ten goede mee vir die wat Hom liefhet.

Waai Liewer ·

So as of die hordes hul sal steur aan die een of ander “settler” se opinie en so as of enige “studie” ‘n verskil aan die eindresultaat sal maak. Nie in Afrika nie. Daar is nie meer tyd om na allerande mooiklinkende droom stories te luister nie. Die realiteit is duidelik genoeg. Ons is op pad uit.

Dienkie ·

Die kommuniste luister nie na waarskuwings nie en volg hulle eie kop. Maar ek kan net ook net Amen se op Al en Anoniem se kommentaar en wil net byvoeg “die mens wik maar God beskik”. Deur die hele geskiedenis van Suid-Afrika was dit heel duidelik toe dit vir die Blanke op die donkerste was het Onse Hemelse Vader tot hulle redding gekom. God gaan ons ook red uit die hand van die kommunis. Die Blanke se geloof word getoets deur al hierdie dinge wat in Suid-Afrika gebeur.

Staak saam ·

Alles is al gese oor die onderwerp, die liberaliste se dit sal nooit gebeur nie, die konserwatiewe gemeenskap grawe in, en die ANC se dit is nodig om stabilieteit te behou.
Hulle moet maar doen soos hulle goed dink en ek sal opree soos ek goed dink maar wees verseker, luister en raad anvaar sal die kaders nooit nie.
Al die moeite met die studie was verniet!

Grysburger Pretoria ·

Diegene wat glo wat kundiges soos Roelf Botha voorspel het een groot voordeel bo die res van landsburgers: ons kan onsself daarop voorberei. Ek glo dat diegene wat nie kan landuit nie kan die volgende maatreëls tref: 1) plaas enige surplus fondse oor na buitelandse instellings; 2) begin gesels met ander mense hoe georganiseer gaan word nadat die chaos losbars; 3) kyk na hoe mense in vorige Joegoe Slawië oorleef het te midde van soortgelyke toestande; 4) begin om lewensmiddele, wapens en ammunisie op te gaar en te versteek. Ons moet onthou dat in geval van ‘n hongersnood mense heelwaarskynlik nie langer as 40 dae sal leef nie. Dit sal die oormag verswak en hul grootste fokus sal verkryging van voedsel wees.

Wetenskap ·

Dit vat nie rerig wetenskap om te besef wat gaan gebeur nie.

Hanna Hoekom ·

Die hartseer van die saak is dat die ANC en EFF nie omgee vir ons land, sy mense of die toekoms nie. Vir hulle is dit n magspeletjie en klaar. Ons het Zimbabwe (en eintlik die res van Afrika) as voorbeelde. Waarheen gaan die miljoene honger mense vlug? Verder Suid is nie n opsie nie. Ek vermoed hier kom n oorlog sodra die hongersnood n realiteit word.

herman ·

Soos met die Sasol optog sal hulle hulle afvee met die studie

Emma ·

Is net die wittes wat dit besef geen ander mense nie, hulle dink as hul grond het is hulle ryk. Besef nie jy moet maar werk vir dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.