Studie: Private hospitale se verpleging ‘net so goor as dié van staatshospitale’

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Siviele eise teen Suid-Afrika se private hospitale neem hand oor hand toe en die vernaamste sondaar is verpleegkundige wanpraktyke.

Dít is die bevinding van prof. Ethelwynn Stellenberg van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, wat in ʼn studie bevind het van die bydraende faktore in wanpraktyksake is verpleegsters wat nie riglyne volg nie en swak monitering van pasiënte.

“Die gehalte van sorg is aan die afneem in die staat- sowel as die private sektor,” waarsku sy. “Die koste van kritieke foute is net te hoog.”

Stellenberg waarsku dit is nie net die toename in die getal eise wat kommerwekkend is nie; ook die omvang daarvan, want in baie gevalle beloop die uitbetalings miljoene rande. En eindelik word dié koste oorgedra aan die verbruiker.

“Ons begrawe ons kop in die sand as ons dink verpleging in private hospitale is enigsins beter as in staatshospitale.”

Prof. Ethelwynn Stellenberg waarsku verpleegdienste in private hospitale is nie veel beter as in die staatsektor nie. Foto: COHSASA

Sy waarsku die probleem kan nie net onder die mat ingevee word nie. “Ons moet aan ʼn manier dink om druk toe te pas om veilige en gehaltesorg vir pasiënte te verseker. Wins kan nie ten koste van pasiënte nagejaag word nie. En integriteit en etiese leierskap is deurslaggewend belangrik.”

Dit bekommer haar dat in die meeste van die sake wat sy ondersoek het, ʼn ooreenkoms stilletjies bereik word, wat beteken belangrike inligting bereik nooit die mense wat ʼn fortuin betaal vir behandeling in private hospitale nie.

Stellenberg het die faktore in verpleging wat aanleiding gee tot siviele eise in Suid-Afrika bestudeer met behulp van ʼn toekenning van die Nasionale Navorsingstigting.

Sy skets ʼn droewige prentjie van verpleging in private hospitale, waar sy bevind het dat personeellede ál minder inisiatief aan die dag lê en dat sub-standaard aanstellings gedoen word op lewensbelangrike gebiede, soos in teaters.

Stellenberg het veral gekyk na hospitale in Gauteng en die Wes-Kaap, waar die grootste private instellings geleë is. Sy het vroeg reeds na gesondheidsorginstelling uitgereik om hofdokumente vir haar ondersoek te bekom, maar haar versoeke is geweier nadat dié instellings regsadvies ingewin het.

Daarna het sy regslui genader wat betrokke is by wanpraktyksake. “Gelukkig het baie van hulle die nut van die ondersoek ingesien,” sê sy. Altesaam 122 afgehandelde sake is bestudeer. In ʼn vyfde van dié sake het die pasiënt gesterf. Driekwart van die sake is buite die hof geskik.

Bo-aan die lys faktore wat bydra tot siviele eise is die versuim om riglyne te volg (91%), gevolg deur gebrekkige kennis (75%), swak monitering van pasiënte (69%), versuim om voorgeskrewe medikasie toe te dien (66%), versuim om te reageer op kliniese tekens (63%) en onvoldoende opleiding (52%).

In haar bevindings maak Stellenberg melding van ʼn skokkende gebrek aan interpretasie onder verpleegpersoneel. Volgens haar sal verpleërs byvoorbeeld die masjiene wat pasiënte monitor, se lesings neerskryf, maar nie aandag skenk aan basiese verpleegkundige sorg nie.

Sy sê dat geregistreerde verpleegsters betrokke was by 87% van die sake wat sy bestudeer het, wat gevaarligte vir Suid-Afrika se private gesondheidsorg laat flikker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Carien ·

Baie dankie Prof Stellenberg , jy slaan die spyker op die kop. Daar is sommige privaat hospitale wat regtig veel te wense oorlaat. Verkeerde medisyne word gegee en pasiente word huistoe gestuur met die drip se naald mooi netjies op sy plek.. in die arm!

Boetman ·

Dankie Prof Stellenberg!
Ek se al baie jare dat die verskil tussen staatshospitale en privaathospitale net die nuwe lagie verf op die mure is.

Jessica ·

Carien, agree, but much more bad service going on in Johannedburg Private Clinic’s, nurses not attending on patients, for example they attent to just close the bedroom door’s and leave the patient just there as if no one is in the room, ie:- Brenthurst Clinic Surgical Ward is one of them in Johannesburg, service is so, so bad, its been going on for a long time and nothing has been done about it.

Ouvrou ·

Die poel verpleegsters is ook net so groot. Hulle werk voltyds by staatshospitale en dan in hul vrye tyd by privaat hospitale deur a agentskap . Dus dag diens by staat en nagdiens by privaat hospitaal taal. Daarna swaai die skofte. Hulle verdien sakke vol geld maar is altyd moeg en oorwerk. Dis pasiënte byt die spit af. Dit kos ook privaat pasiënte ‘n fortuin.

SO ·

Self ervaar hoe ‘n spesialis nie ‘n voorskrif wou gee nie want sy woorde aan my: “hulle het bloot net nie meer genoeg tyd om voorskrifte te gee nie”, maar ‘n ander persoon het in dieselfde maand by dieselfde spesialis ‘n voorskrif ontvang. Hoe bring ‘n mens dan die kloutjie by die oor?

Diewi ·

Wie het nie tyd om sy werk te doen waarvoor hulle betaal word nie?

jj ·

ek stem heeltemal saam my vrou was vir n rug operasie en die dryn pyp was n week te vroeg uitgegaal want die Dr wou op verlof gaan en toe kry sy septus – 15 weke later en die wond is nou eers weer toe – die hospitale is vreeslik – hulle kry nou gekwalifiseerde susters van buite teen R500 per slag om die wonde in die hospital te verpleeg kan jou dit voorstel. en die ergste is daar is nou n “rehabilisasie kliniek”waar pasiente moet gaan gesond word nie meer in die hsopitaal nie……. mense dit is vreeslik ek belowe julle dit 15 weke van hell.

C ·

Ek was ook in ‘n privaat hospitaal gewees die pasiënt wat langs my gelê het, het hartprobleme gehad sy was verplaas na ‘n ander hospitaal gewees, hulle het ‘n ander pasiënt langs my inskuif toevallig iemand wat ek geken het, gesien nadat die susters vir die pasiënt medikasie gegee het, sy lyk nie baie lekker nie, rooi in die gesig sukkel om asem te haal vra toe wat is fout sy sê sy voel nie lekker nie, roep die suster en so kom hulle agter hulle het die vorige pasiënt se hartmedikasie vir haar gegee, dokter soek toe die leêr maar kan nêrens gevind word dat sy ooit medikasie gekry het nie. Net daar het ek besef privaat en staat is presies dieselfde.

Potlood ·

In baie gevalle stem ek saam hier. kan getuig. Maar tenminste sny hulle nie jou linker been af terwyl jy daar is vir regter been nie (as jy nie dooi agv van iets anders nie).
Die probleem is nie wie is beter as wie nie (onthou die mense wat privaat werk, werk ook provinsiaal), maar eerder die mense self, en ook die beheer (staats reels) ens. ‘n job is ‘n job, dus gaan ek nie my beste doen 24/7 nie…
As BBBEEEEE (of hoe dit okal staan) nie so groot was nie, sou beter mense die werk gedoen het… Jy druk jouself ‘n put op die ou einde…
Was nou minder as week terug by privaat hospitaal in Pretoria (noorde, ander kant van die berg) en ek was goed warm gewees. Hulle is laks, windgat en strike sommer in die middel van die aand. Die pasient kry toe Nooit die nodige meds nie… Dan was daar die toestand van die hosp. Dit lyk of dit in 1992 gebou is, en nooit verder onderhou is nie. Ek bedoel, ruil darem jou ligte as is blaas… Dis vuil en alles is spoeg en plak… Sies man…
So ja, ons het probleme, maar die eind doel van julle plan met NHI gaan dinge net verder op dinges… Fix wat julle gebreek het eers… en ek bedoel, dieper as net medies. Julle met julle slim rassistiese plannetjies… Julle is nie probleem en breek die res (sag gestel).

Jackie O ·

HOOG TYD sou ek sê….
Ek is maar te dankbaar dat ek my nasorg tydens operasies oorleef het…
Ek het eenkeer die fout begaan om te sê ek is met skêr raakgesny toe die verband na my knievervanging afgehaal is. Ek was so geskok, ek sê toe vir die suster: “eina suster het my raak gesny”, sy kyk in my gesig, glimlag en doen dit doelbewus weer. Ek was toe so geteister, selfs deur verpleegkundiges van my eie ras, dat ek nóóít óóít weer enigiets gesê het nie.
Ek het vele riller-ervarings gehad die afgelope 15 jaar, in Privaat Hospitale,!!…en net deur ons Almagtige VADER se genade, oorleef.

Tonja ·

Ja nee die afgelope 8 jaar het ek met ‘n lewens gevaarlike lewer probleem gesukkel. Wel ek kan beaam dat onderskeie ek een oggend 2 uur in ICU deur n sogenaamde suster so om en by 9 keer so seergemaak is op my hand om n drup to probeer trug sit wat in die weefsel gekom het toe ek uiteindelike n gil uitlaat met “you are really hurting me” kry ek summier net daar n klap op daai einste hand met die woorde “keep quiet you are waking other patients” Nou ja soos ek sê na 8 jaar se ondervindings in “privaat” hospitale het ek net daar en dan besef bly stil want jy weet dit gaan erger word uit wraak. Dis absoluut pateties maar ek moet bysê daar is wel verpleeg personeel en dokters wat absoluut fantasties is maar hulle raak al hoe minder!

Marion de Wet ·

ZAHospitaal nog altyd die uitstekende behandeling gekry. Was by verskeie hospitale, maar dikwels by ZAH. Hulle die BESTE

Hannelie ·

Ek stem 100% saam met die Professor. Ek moes my man vir 4 dae self “verpleeg” in ‘n Medi Kliniek hospitaal, observasies word nieordentlik gedoen nie. Hy was sommige dae te siek om te eet, inteendeel hy het eintlik nie eens geëet nie, maar dan skryf hul in sy lêer “pasiënt het goed geëet”, dan wonder ek wie het sy kos dan geëet? Die diens is pateties. Pasiënte lui hul klokkies, maar dit word geignoreer. As jy die verpleegpersoneel soek, sit hul by die ontvangs van die saal en klets lekker. Dis hoekom mens soms bang is om hospitaal toe te gaan, jy weet nie of jy enigsins gaan uitkom nie.

Eish ·

Eenvoudig skokkend!
Uitstekende navorsing deur prof. Stellenberg.
Dat die ryp sweer so wraggies onder ons oë vorm!
Dit is opmerklik dat sodra die winsfaktor oorheersend raak by dienste instellings soos byvoorbeeld mediese sorg, kerke ensovoorts, die hele visie en missie n kentering in die praktyk ondergaan, tot nadeel van diegene wat aanvanklik baat moet vind.
Tragies…

Helga Naude ·

Ek wil nie swak verpleging goed praat nie maar daar moet ook gekyk word na akuutheidsvlakke wat realisties is. Die aantal verpleegpersoneel word bepaal deur n sisteem wat soms goed lyk op papier maar nie noodwendig realisties is in praktyk nie. So gebeur dit dan dat verpleegpersoneel begin kort paaie neem om uit te kom by rekordering. Of dalk teetyd of middagete mis.

Hendrik UAE ·

Dit is die gevolg van slaagsyfers aanpas.Verpleging is ook nie meer n roeping nie.Ek wonder of hulle nog daardie eed afle wanneer hulle kwalifiseer?Voeg by regstellende aanstellings en jy sit met die chaos van vandag omrede matrikulante nie kan lees en skryf nie.

Amelda Ferreira ·

Jammer, dalk waar by sommige hospitale, maar sal altyd opkom vit Cormed. Puik diens en behandeling. Wonderlike dokters en verpleegsters!!!

Rene ·

Ek stem 100 % saam. Dit gaan nie meer oor ‘n diens aan die pasient nie, maar die sakke vol geld wat die dokters maak asook verpleeg personeel wat nie weet wat hulle doen nie. ‘n Pasient is net ‘n nommer. Jammer daarvoor ne?

christa ·

die Zuid Afrikaans is uitstekend. Ek kom ook nogal gereeld in die Eugene Marais Hospitaal en hy was ook baie goed. Die swak hospitale is te danke aan die anc regering. Hulle diens is oral van die slegste soos die munisipaliteite.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my dis amper “gevaarliker” binne as buite hospitale as na die verslag gekyk word. Miskien is dit tyd dat verpleegsters meer gemoniteer word in veral privaat hospitale wat mos groot besighede is

Nads ·

KALAFONG… se kraam afdeling… ek kan nie kla nie beste diens en na-sorg gehad.

Andre Kruger ·

Dankie Prof.
Die probleem is dat die meeste verpleegpersoneel die beroep nie meer as ‘n roeping sien nie maar as nog net ‘n “job”.

Wit Werklose Verpleegster ·

Kry weer ons wit verpleegsters in die sale dan sal dinge beter gaan.Ons wittes wat aansoek doen vir werk by die hospitaal word afgekeur maar dan word n nie-blanke aangestel.Hulle worrie nie eers oor eie nasie nie so waarom sal hulle worrie oor n ander kleur.

Wanneer my gesin in die Hospitaal lê MAAK ek Beslis Bekend ek is n Verpleegster sodat hulle hulle werk reg kan doen anders word Observasies net een keer n dag gedoen in plaas van drie keer n dag.

Help nie hulle wil nou kom huil nie julle moes al lankal wakker geskrik het.Dit is mense se lewens wat daar lê nie n gebroke kar nie

alet ·

Jy slaan die spyker op die kop. Neem meer wit meisies in diens, en wees weer so streng met almal soos vroeër jare. Ek ken iemand wat jare gesukkel het om keuring te kry. Later het sy maar by n tehuis vir oumense gaan werk. Op ‘n dag het ‘n swart suster iemand daar besoek, en was baie beindruk met haar. Sy het toe haar ansoek vorms gevat en ingegee, en in ‘n week het sy keuring gekry. Dit sou ‘n hartseer wees as sy haar roeping moes mis oor haar velkleur. Pasiente en dokters praat met lof van haar…. Neem ook weer pink ladies in diens wat koors kan meet, mense badkamers toe kan neem, hulle kan voer, en gee die verpleegster kans om hulle werk met hul pasiente goed te kan doen.

Lynette ·

Ek het in April n knie vervanging gehad in die Life Robinson hospitaal in Randfontein en kon nie beter behandeling kry as daar nie!!!! Ek het geen klagte oor enigiets daar nie. Modern, silwerskoon en verpleging was 110% . Die voedsel was uit die boonste rakke, keurig voorberei en heerlik, met n lieflike spyskaart on van te kies. Nee wat, ek sal enige tyd weer soontoe gaan. Ek was n week daar en nog n week by n rehabilitasie hospitaal in Krugersdorp en dit was ook sonder enige klagtes. So ek glo dit hang af van waar jy opgeneem word.

Annamarie Olivier ·

Dit is so waar ek en my man het baie slegte ondervindings gehad in hospitaal hy in Centurion en ek in Kempton Park.
Ons lewe in vrees as ons siek word want ons is te bang om hospitaal toe te gaan.
Het ‘n vriendin en tannie verloor deur swak verpleging, my vriendin was maar 42 jaar oud.

Spike ·

Geen plek is volmaak nie, maar ek wil glad nie in staatshospitale behandel word nie.

Hannetjie ·

Ek het ook ondervind dat..omdat ek Sotho kan praat en verstaan..dat hulle so staan en gesels oor hul huis en familie-sake.En dit is nonsens..hul kan nie fokus as hul gesels oor persoonlike sake nie.Hul is ook traag…hou horlosie dop

Gerhard ·

Ek dink meeste mense wat in die laaste paar jaar met ‘n privaat hospitaal te doen gehad het het maar die gevoel die standaarde is bokveld toe. Ek dink ek vlieg eerder oorsee as om in SA behandel te word.

Piet Pompies ·

Stem saam, was 7 dae in hospitaal vir antibiotika in die are. Nagskof slaap die personeel, deur die dag eet hulle, die naald is 4 keer geskuif omdat hy nie behoorlik in die aar was. Ek het elke oggend aangedring op skoon beddegoed. Die kos was uitstekend.

Monica ·

Hiermee stem ek volmondig saam. Dit is uiters swak, soms dink ek die privaathospitale is even erger in party opsigte, want die mense werknet vir geld.

Kelly ·

Privaat hospitale betaal werknemers minder as die staat so glo my hulle is defnitief nie daar vir die geld nie.

Johanna ·

KORREK JA! Het dit self ondervind. moes ure en ure wag in noodgevalle om net daarna te hoor daar is nie a ‘suturing tray’ om die wond te heg nie. weer wag. uiteindelik daag iemand met n ‘suturing tray’ op! Maar toe is daar nie n ‘klem in die kaak’ inspuiting beskikbaar nie. en niemand het n oog geknip nie. ek moes maar sonder dit huistoe. en dan betaal n mens deur jou nek vir n goeie mediese fonds denkende dat dit beter sorg in n hospital sal waarborg. My persoonlike opinie is dat die opleiding nie voldoende is nie en die belangstelling is lankal nie meer n passie vir die beroep nie – dis net n gewaarborgde pos en salaris.

SUSAN STEENBOK ·

ELKE AFDELING MOET SOOS N INTENSIVE CARE BEMARK WORD. EEN VERPLEEGSTER VIR EEN PASIENT. PASIENTE SAL DAN DIE REGTE BEHANDELING EN OMGEE KRY. EISE SAL OOK MINDER WEES.

Anoniem ·

Dit sal teoreties beter diens waarborg, maar wat gaan dit kos? Het jy ‘n idee wat kos een dag in ICU?

Juffie ·

Nou maar is dit nie die verbruikers se reg om die NAME van die SPESIFIEKE hospitale aan te dui nie. Dis soos om te sê daar is vlooie in die hotelle ……WATTER HOTELLE/HOSPITALE – so ‘n gepraat in die wind beteken niks nie

Elissa ·

Dis *baie* waar!! Nounet 12 weke in die hospitaal spandeer, en dis verskriklik! Jy lê daar vir ‘n rede.. Jy betaal jou besimpeld om daar te kan lê.. En waag dit nou om dit onder die unit manager se aandag te bring word jy letterlik uitgehaal om elke draai. In 5 hospitale gelê die jaar met ‘n hart kondisie, en die laaste 2 maal my mond bloot gehou, dis nie moeite werd om te praat en jy kry VROT behandeling daarvoor nie.
Wat het geword van ‘n roeping vir verpleging?

ZENO ·

As `n gewese verpleegkundige wil en net sê,ek het die beroep verlaat,omdat die eed wat afgelê word by voltooiing van opleiding word nie meer toegepas nie. Verder speel politiek `n rol by aanstellings by mense wat net `n werk wil doen en `n salaris wil ontvang. Personeel is meer besig met selfone en stel nie meer belang in hul pasiente nie. `n Familie lid van ons was in Groote Schuur hospitaal in die ortopediese afdeling ( F23) en daar het hy puik behandeling ontvang. Daar was personeel wat nog omgegee het vir hul pasiente. In F22 wat ook `n ortopediese saal is, het die behandeling veel te wense oorgelaat.

jennefer ·

Ek moes my man begrawe, die beste dokters maar die swakste verpleegsters.

erg ·

Rasisties is ‘n sagte woord…..dit is hoe dit gaan as jy kla ignoreer hulle jou vir die res van jou verblyf,en die verpleegpersoneel staan langs mekaar en skree op mekaar,niemand kan rus en gesond word nie, en ons betaal baie duur vir ons mediesefonds ……

Pieter Krüger ·

Ware woorde Prof. Ek het dit verlede jaar self ondervind. In hoë-sorg en intensief gaan dit voor die wind, maar sodra jy genoeg herstel het om na die gewone sale te gaan, is daar ‘n baie duidelike afname in die sorg, diens en professionalisme. Ongelukkkig word ons deur die mediesefondse gemelk, en die hospitale melk die mediesefondse, maar opleiding, toesighouding, professionaliteit en net goeie maniere is ongelukkig te “duur” om te kan koop.

Amanda ·

Was in intensief en na operasie sonder n klokkie gelos. Het aandag prober trek en teen die bed se reeling gestamp om bietjie water te kry….die suster het my duidelik laat verstaan dit sal nie weer gebeur nie, en het nie water gekry nie. In Rosepark Bloemfontein

koos1 ·

Die grootste probleem is dat privaat hospitale deur aandeel hourers besit word wat net wins bejag.
Die Urologiese hospital in Pretoria behoort aan geen groep nie (of altans nie bekende hospitaal groepe nie) en die diens is van die beste.
Ek glo nie dat ras enige rol speel nie, maar wel die beginsel van “pay with peanuts and get monkeys”. Hoe minder jy personeel betaal hoe minder gaan hulle wil doen, en dit is ‘n feit.

Stella Berning ·

Alles is waar. Maar hoor my vid sekere spesialiste sal hulle deur vuur loop. Hoekom, by duld nie hul onbevoegdhede nie. Nee wat privaat staat geen verskil.

Anton ·

My vrou was in Femina hospitaal gewees vir groot operasie. Diens en nasorg was puik gewees.

Krummel ·

Hoekom is ek nie verbaas nie. Die demografie van die personeel in Privaathospitale, is maar deesdae dieselfde as in staatshospitale.

Kobus ·

Was by Olivedale Hospitaal gewees en moet erken dat die diens deur beide blanke en nie-blanke verpleegsters was baie puik en ook baie hulpvaardig. Kan net met lof oor hulle praat

Penellope Jones ·

Hang dit nie dalk grootliks af van wie die dokter is wat mens behandel by staatshospitale (of jou privaat dokter) nie?
Hy/Sy gee tog opdragte aan die verpleegpersoneel – hulle kan seker nie self besluit iets moet vandag gedoen word, of nie, en drs. -opdragte ignoreer nie?

Netso ·

Privaat hospitale kan gerus ons premies begin terug betaal vir hulle onbevoegtheid! Hoe loop jy in en in ñ kis uit met oor R1mil rekening? Hoor maar hoe braak almal gal wat daar gelê het vir dae? Die skrif is aan die muur.

Y2kIs ·

En maak iets wat jy dink ñ hospitaal is soos Medi – Clinic jou familie kleiner gaan dit nog oor geld nie ñ lewe nie!

Jax ·

Ek stem saam – ek sal veel eerder na n staatshospitaal gaan! Privaat hospitale is belaglik duur en die verpleegpersoneel is nors en onbevoeg!
In die buiteland gaan dit egter erger – daar wil ek nie eens dood lê nie. Daar is almal onbevoeg, traag en uiters onsimpatiek!

RG ·

En dis waarom ons eie hospitale, skole, Universiteite, winkelsentrums ens. tot stand moet bring in landgoed opset soortgelyk aan “Waterfall Country Estate” in Afriforum kantonne, waar ons “wit werklose verpleegster”‘ kan aanstel.

honourable member ·

Jy betaal n belaglike duur prys om in n privaathospitaal te le en die dokters is ingestel op wins so die sale moet altyd vol wees.

Natacha ·

Het dit eerste hands beleef in n hospital in Johannesburg.ICU en hoesorg was uit die boeke maar tie ek en my man uitgeplaas is gewone sale toe was dit n ander saak. Verpleeg personnel ongeskik en onbehulpsaam. Het ook nie eers geweet how om my of my man se beserings skoon te maak nie en moes ons dit self v mekaar doen. Beddens het net elke 2de of derde dag skoon oorgetrek nie. Toe ins met die skakel beampte daarooe prt toe se sy net MeV. Dis soos om teen donder weer te skree! Niemand hoor jou if wil jou hoor nie jammer. So ja prominent hospital en dit was 3 jaar terug sidder om te weet how dit nou gaan…

Susan ·

My dogtertjie (7) het ‘n rug operasie gekry by ‘n privaathospitaal in Faerie Glen. Sy het sepsis gekry en is in ICU opgeneem. Op ‘n stadium het ek net uit ICU gestap om ‘n foon oproep te maak. Toe ek terugkom, het haar hart gaan staan. Die hart monitor se alarm het gelui, maar die susters staan doodluiters by hul stasie en klets so hard, dat hulle nie eens die alarm gehoor het nie. Ek moes hulle gaan roep! Sy is kort daarna oorlede, ek wens nou nog dat ek haar nooit na daardie hospitaal geneem het nie, dan het sy heel waarskynlik vandag nog gelewe.

pieter ·

Hoe kan daar vergelyking met staatshospitale gedoen wiord as daar tot datum 122 gevalle van eise oor wanpraktyke in privaathospitale (waarskynlik landswyd) gedoen is? (Die getalle kom uit ‘n berig in die Cape Times). Daar word ook genoem dat die navorsing oor staatshospitane as tweede fase van die projek nog onderweg is. Geen geldige vergelyking is dus moontlik nie.
Die gevalle wat ontleed word is net uit sake oor wanpraktyke geselekteer. Dit kan mos nie verteenwoordigend van alle pasiënte wees nie. Die vraag is dus hoe gevalle van wanpraktyksake as verteenwwordigend van alle verpleging geneem word. Daar is ook die waarskylikheid dat veel minder wanpraktyke by staatshospitale ondersoek sal word, gewoon omdat dit die armer sektor van ons bevolking bedien wat stellig nie oor die kennis en middele gaan beskik om sake te maak nie.
Ek het persoonlik nog net uitstekende verpleging by die harteenheid by Panorama Mediclinic ervaar. Hoewel daar dus aanduiding van kommerwekkende wanpraktyke in verpleging by private hospitale is, is geen veralgemenings oor die toestand van verpleging op grond van die studie moontlik nie.

Griet ·

Ek stem saam – siviele eise wat toeneem kan nie as maatstaf gebruik word nie. Dit kan ook toeneem omdat daar deesdae prokureurs is wat in die veld spesialiseer en dit ook so adverteer, en omdat meer mense bewus is daarvan dat hulle dit kan doen.

Vanessa Campbell ·

Het beleef in privaat hospitale in Gauteng en Wes-Kaap. Wanneer jy as bestuurder die staf oor die kole haal want prosedures word nie gewolg nie en insident word geskry dan word jy of uitgekryt as n rasis of jy pik op sekere staflede. Ek sal nooit weer my hande in handskoene sit in enige Hospitaal in Suid Afrika nie!

Refleksie ·

Hierdie toedrag van sake reflekteer maar net die algemene toestand en toekoms van die SA hool.

Annie ·

Medi Clinic Vanderbijlpark se diens net so pateties, moes paar keer met d matrone gaan gesels oor swak nasorg en behandeling van die personeel in die chirurgiese afdeling.
Pasiente se klokkies word weg gesteek en buite bereik geplaas en pasiente se hande vasgemaak dat hul pimpel en pers was agv dit, sodat hul nie klokkies kon lui vir hulp nie.
kos word net neergesit of pasient by hul positiewe is of nie en soos in ons geval kon my ma op daai oomblik nie self behoorlik eet nie agv n brein besering. Nee wat …… swak verby! Cormed is maar die beste hier rond. Dit is maar net my persoonlike opinie,

Piet ·

Was by ‘n bekende Medi Clinic in Noordelike Voorstede vir ‘n heupvervanging. Was ontsteld oor swak verpleging. Teen 02h00 snags het sekere pasiënte nog nie hulle aand medikasie ontvang nie. Ligte brand deurnag en ek moes op twee geleenthede opstaan om my bejaarde kamermaat te help om water te drink. Klokkies lui heeltyd en niemand reageer nie. My mediese fonds is in kennis gestel van swak verpleging. Dit kos duisende per dag in Medi Clinics. Hierdie een sien my nie weer nie.

jean ·

Hospitale in George vuil..personeel werk sonder handskoene….en word dit versoek, is jy rassisties.

humor ·

Was in EugeneMarais Pretoria vir heupvervanging Dokters is uitstekend, maar nasorg was nie na wense nie. Die belangrike in verpleging is dat daar n bepaalde verhouding tussen pasient en verpleegpersoneel moet wees en dit is nie in dese tyd maklik nie.

Ivaveaiu ·

Almal blameer die hospitale, maar die staat lei dokters en verpleegsters op. Behalwe dat daar hopeloos te min dokters en verpleegsters deesdae opgelei word vir die aanvraag, (want daar is nie geld nie), word die gehalte van die opleiding al swakker soos ou lektore loop en toerusting vir opleiding nie meer bestaan. Dis al wat die hospitale kan kry (staat en privaat) en hulle maar net te dankbaar as hulle nog ‘n goed opgeleide, toegewyde suster kan kry iewers! 34 000 van SA se opgeleide verpleegsters werk in Dubai. Verpleging is in ‘n krisis. So baklei met die staat oor hulle nie meer gehalte mediese personeel oplei nie.

Vanessa ·

Groot privaat sektore soos Netcare en Life Health lei ook verpleegster op. Hulle moet betaal vir hul eie studies. So nie alle verpleegsters word deur die staat opgelei nie.

Ivaveaiu ·

Almal blameer die hospitale, maar die staat lei dokters en verpleegsters op. Behalwe dat daar hopeloos te min dokters en verpleegsters deesdae opgelei word vir die aanvraag, (want daar is nie geld nie), word die gehalte van die opleiding al swakker soos ou lektore loop en toerusting vir opleiding nie meer bestaan. Dis al wat die hospitale kan kry (staat en privaat) en hulle maar net te dankbaar as hulle nog ‘n goed opgeleide, toegewyde suster kan kry iewers! 34 000 van SA se opgeleide verpleegsters werk in Dubai. Verpleging is in ‘n krisis. So baklei met die staat oor hulle nie meer gehalte mediese personeel oplei nie.

Anne ·

Heerlike sensasie wat die media nou stook. Privaat hospitale jaag wins na…minimum personeel, maksimum wins. Sommige kry selfs buitelanders om te verpleeg om nie byvoordele te betaal nie. In SA moet verpleegkundiges hare op hul tande hê…baie pasiënte dink hul is in ‘n hotel en verpleegkundiges hul persoonlike “butlers”. Dit is tyd dat respek van beide kante kom. Ons nasie is verrot, want maniere is by agterdeur uit. Fout word gesoek by mense wat dit die minste verdien.

Gielie Hill ·

Dit verskil van plek tot plek. Steve Biko se kankerafdeling het my en my seun (hy het kanker gehad) op die hande gedra. En dr. Minuku wat hom behandel het, het die beste en vriendelikse diens gelewer. Maar ons respekteer ons medemens en groet hul in hul taal. Ek het nog nooit probleme met hulle gehad in enige staats of munisipale plek nie.

Verpleegster ·

Elke dag aanskou ek substandaard verpleging. Veral in teaters en intensiewe sorg eenhede. Daar word elke dag met die minimum verpleeg personeel gewerk . Substandaard verpleeg personeel word aangestel, sodat wins getoon kan word. Hoe goedkoper hoe beter. Pasiente gaan hospitaal met n verwagting dat hulle goeie versorging gaan kry. Hulle betaal ten duurste vir n mediese fonds. In die intensiewe sorgeenheid sit en slaap hulle en stel alarms af. Dit gebeur in ons vooraanstaande hospitale in Gauteng.

Sinies ·

Privaat hospitale se primêre fokus is die maksimalisering van wins, daarmee saam BEE/AA, lei tot gereelde onbevoegde, hartelose diens in n omgewing waar die minimum spandeer word vir maksimale wins. Die hospitaalgroepe veral, is hier baie skuldig.

Ernest ·

Die kommentare is in die kol. Ek het die SWAKSTE diens in Port Elizabeth by’n veronderstel puik hospitaal, ontvang. Skandalig maar die rekening hemelhoog….!!! Die Mediese Skemas betaal onder die veronderstelling dat die pasiënt tevrede was. Ek dink dat ‘n indringende ondersoek nodig is….!! Maar ek weet noual dat niks gaan gebeur nie !

Machiel ·

Kyk mooi, die verslag gaan gebruik word om die nuwe NHI plan van die regering op ons af te dwing want hoekom dan privaat hositale hê as die staat maar dieselfde is….. Privaat hospitale het my nog altyd puik behandel. 2 nek operasies, hart omleiding en vele ander. In Pretoria en in Bloemfontein.

Larissa ·

Was verlede jaar by Netcare slegs omdat die dr daar was. Ek sal nie uit my eie Netcare ondersteun nie oor ek al soveel slegte ervargings daar gehad het. My rug is geopereer, maar ek is op my rug laat lê en het self kussings aand weerskante van my gesit dat ek nie op my rug moet lê nie. Die een suster was so ongeskik. Sy wag nie om te hoor of jy besig is om aan te trek nie kom net in en dan los sy die gordyne oop, sy het heeltyd gesnuif en haar vuil tissue op my en my bed neergesit, vir my gesê ek kan nie die benaming gebruik vir wat gedoen word nie want ek is mos nie ‘n dier nie, is ek? Toe regte mediese terme gegee en kon nie spel nie vir my gevra of ek chrome het en die spelling kon check, het gevra dat kateter moes uitkom en moes 2 ure wag en toe self opstaan en gaan skree daaroor want dit was amper einde van skof en niemand wou niks doen nie. Toe het ek ‘n wonderlike suster gekry. Netcare se diens is power. Gaan eerder Eugene Marais toe waar almal vriendelik is en hulle beste doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.