Studie toon wêreld se stresvolste stede

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

ʼn Onlangse studie het die wêreld se mees en minste stresvolle stede geïdentifiseer gebaseer op verskeie faktore insluitend verkeersvlakke, beskikbare openbare vervoer, die finansiële status van die inwoners, rassegelykheid en die hoeveelheid son wat die stad elke jaar kry.

Die studie is deur die maatskappy Zipjet gedoen wat na 500 stede gekyk en dit geëvalueer het aan die hand van 17 verskillende aspekte. Hierdie aspekte is bevolkingsdigtheid, die beskikbare natuurruimtes, beskikbare openbare vervoer, verkeersvlakke, inwoners se persepsie van veiligheid, die hoeveelheid son wat die stad jaarliks kry, lugbesoedeling, klankbesoedeling, ligbesoedeling, werkloosheid, skuld per capita, maatskaplike sekerheid, families se koopkrag, inwoners se fisieke en geestesgesondheid, geslagsgelykheid en rasgelykheid.

Die maatskappy het hieruit ʼn lys van 150 stede saamgestel, van die minste tot die mees stresvolle stede, en twee Suid-Afrikaanse stede het ook die lys gehaal. Kaapstad beklee posisie nommer 102 op die lys en Johannesburg nommer 135. Dit beteken dus Johannesburg is een van die top-20 stresvolste stede om in te bly.

Volgens Zipjet is die stresvolste stad om in te bly Bagdad in Irak, gevolg deur Kaboel in Afganistan en Lagos in Nigerië. Zipjet meen indien jy in ʼn stad wil woon waar inwoners lae stresvlakke ervaar, is Duitsland die plek om te wees – vier van die top-10 mees stresvrye stede in die wêreld is in Duitsland. Dit is Stuttgart in die eerste plek, Hannover in die derde plek, München in die vyfde plek en Hamburg in die negende plek.

Johannesburg se algehele “strestelling” word aangedui as 7,98 en Kaapstad sʼn as 6,15. Dit kan vergelyk word met Bagdad wat ʼn telling van 10 het en Stuttgart wat ʼn telling van 1 het.

Volgens Zipjet is die tien meeste stresvrye stede ter wêreld:

  1. Stuttgart, Duitsland
  2. Stad Luxembourg, Luxembourg
  3. Hannover, Duitsland
  4. Bern, Switserland
  5. München, Duitsland
  6. Bordeaux, Frankryk
  7. Edinburgh, Verenigde Koninkryk
  8. Sydney, Australië
  9. Hamburg, Duitsland
  10. Graz, Oostenryk

Die tien stresvolste stede is as volg:

  1. Bagdad, Irak
  2. Kaboel, Afganistan
  3. Lagos, Nigerië
  4. Dakar, Senegal
  5. Kaïro, Egipte
  6. Tehran, Iran
  7. Dhaka, Bangladesj
  8. Karatsji, Pakistan
  9. Nieu-Delhi, Indië
  10. Manila, Filippyne

Sien die volledige lys hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stan ·

Perth en Canberra is verseker BAIE minder stresvol as Sydney.

Martie ·

Die hele Suid-Afrika is n stresvolle land want jy weet nie wanneer jy gekaap,vermoor en verkrag kan word nie.Pretoria CBD is gladnie eers toegangklik vir ordentlike mense nie.

Leahim ·

Point proven. Die Duitsers is in beheer in hulle howe,plase stede ens ens ens nou kan ek net een gevolgtrekking maak hoekom.

Daan Venter ·

Liewe mede Suid-Afrikaners: Ja, ons het baie probleme MAAR net die náám van hierdie “opname” klink al na ‘n pot strooi. raad aan julle: Leef elke dag voluit, begin en eindig jou dag met Stilte vir ‘n paar minute. Sluit jou deur saans met HOM toe en weer soggens met
HOM oop – aanvaar dan dat dit wat oor jou pad kom, na die beste van jou vermoè hanteer sal kan word! Bly weg van pessimiste en onrusstokers van jou siel.

Gerhard ·

Daar is natuurlik baie mense wat dink as jy ‘n goeie verskoning uitdink om te sit en wag vir beter dae jou probleme vanself sal weggaan. Dit word ook soms volstruispolitiek genoem.

Boet Fasie ·

Met die statistiek is die belastingbetaler sekerlik geregtig op ‘n stress toelaag van die regering – ongelukkig kan mense wat staat grands (Sassa) ontvang, nie kwalifiseer vir die ekstra ou geldjie nie want hulle het nie stress nie.

Eish ·

Indien mens die resultate ontleed, is dit duidelik dat Europa en waar hul waardestelsels geld, die toppresteerders is.
Die stresvolste plekke word gekenmerk deur hul Midde Oosterse, Afrika en Asiatiese oorsprong met die gepaardgaande waardestelsels en gelowe.
Neem dus kennis dat ons situasie eerder sal versleg as verbeter.

John ·

Nee wat, miskien nog die Franse platteland vir nog ‘n paar jaar en dan val die idilliese leefwyse ook plat. Duitsers en dies meer is die aakligste botste spul. Spaar mens uit. As ons voorvaders tog net die grond wat hulle in Kaap ontvang het soos kleinnode opgepas het kon dit alle heerlike plekke op aarde oortref het en was ‘n Boerestaat daar moontlik, maar toe…

Robby ·

Stress ek ervaar elkedag stress van my lewe (croniese stress) Toe die taxis gestaak het het ek aan de suip gegaan. Eerste dag in my lewe dronk dag ek ons is ontslae van die beslombernis op ons paaie. Die Taxis in Suid Afrika jaag my stress vlak en my bloeddruk op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.