Studiefonds vir kinders van plaasmoordslagoffers

helpende-hand-studiefonds

‘n Skermgreep uit die video.

Solidariteit Helpende Hand het op Swart Maandag ʼn plaasmoordstudiefonds op die been gebring.

Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, het die nuus met ʼn video op die organisasie se Facebook-blad bevestig.

In die video vra Brink die publiek om deur middel van drie verskillende maklike opsies ʼn finansiële bydrae te maak tot die fonds. “Help ons om die geliefdes van vermoorde boere te versorg,” sê Brink in die video.

Stefan Pieterse, hoof van die studiefondssentrum, het gesê die organisasie is in kontak met AfriForum se traumaeenheid. “Ons wil deur middel van die fonds ingryp wanneer ʼn skolier wat moontlik universiteit toe kon gaan, of studente wat reeds op universiteit is, se studies as gevolg van ʼn plaasmoord gekelder word.

“Almal in Suid-Afrika is op soek na ʼn oplossing vir plaasmoorde. Dit is nie Helpende Hand se mandaat om byvoorbeeld buurtwagte te stig nie, maar ons wil steeds help waarmee ons kan. Die studiefonds is ons manier om dit te doen,” het Pieterse gesê.

Pieterse verduidelik dat daar nog geen begunstigdes is vir die fonds nie, aangesien dit Maandag eers van stapel gestuur is. Hy het ook bygevoeg dat daar geen spesifieke bedrae aan die fonds gekoppel is nie. “Ons wil nie in so ʼn traumatiese tyd ʼn teiken najaag nie, maar studiegelde is duur. Ons wil slegs ʼn beroep doen op die publiek om die fonds te steun.”

Ondersteun die Helpende Hand-plaasmoordstudiefonds deur ‘Help’ te SMS na 38969 en iemand sal jou skakel om jou te help met jou bydrae. Besoek die webwerf vir bankbesonderhede om ʼn bydrae te maak of gebruik die QR-kode om deur middel van Snapscan of Zapper ʼn bydrae te maak.

Kyk hier na die video.

Plaasmoord-Studiefonds

Plaasmoord-Studiefonds:Ondersteun die families van hierdie slagoffers wat dit nie sal kan bekostig om verder te studeer omrede hul broodwinners tragies nie meer kan voorsien nie.SMS die woord "Help" na 38969 ofSkenk geld hier vir die Plaasmoord-Studiefonds: https://helpendehand.co.za/plaasmoorde/Rekeningnaam: Solidariteit Helpende HandBank: FNBRekeningnommer: 62331447541Tak: CENTURIONTakkode: 261-550Verwysing: Plaasmoorde#stopdiemoorde #swartmaandag

Posted by Helpende Hand – Deel van die Solidariteit Beweging on Monday, October 30, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Beter Plan ·

Baie goeie idee
‘n Beter idee egter is om die staat daarvoor te laat betaal.

jan_alleman ·

amen , dan sal hulle vinnige n plan maak om die moorde te stop

Beterplan ·

‘n Baie goeie idee

‘n Beter idee is egter dat die staat faarvoor moet betaal.

Joffré Joubert ·

Mooi so Solidariteit Helpende Hand, hierdie studiefonds is n uitstekende plan om ons kinders te help en vertrou dit sal goed ondersteun word.

Sonja ·

Dr Danie en span
Dankie daarvoor.
Dit gaan ekstra bekommernisse verlig. Dit was n baie mooi gebaar van jul kant af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.