Studiegeld-fout: R818 000 aan universiteit terugbetaal

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel word wat ʼn balans van meer as R13 miljoen na bewering in die student se rekening toon. Foto: Twitter

Die Walter Sisulu Universiteit (WSU) het die meer as R818 000 studiegeld teruggekry wat ʼn student geblaas het nadat daar vroeër weens ʼn administratiewe fout R14 miljoen in haar bankrekening inbetaal is.

Dié reuseglips het vroeër vandeesweek wyd opslae gemaak nadat ʼn foto van ʼn kassierstrokie op sosiale media versprei is waarop ʼn rekeningbalans van meer as R13 miljoen gesien kan word. Dit het later aan die lig gekom dié strokie behoort aan ʼn student van WSU, een van die begunstigdes van die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS).

Maroela Media het vroeër berig ʼn administratiewe fout deur Intellimali, die maatskappy wat daarvoor verantwoordelik is om die maandelikse toelae van NSFAS-begunstigdes by WSU uit te betaal, het daartoe gelei dat R14 miljoen in die student se bankrekening inbetaal is. Die student moes eintlik R1 400 ontvang het.

Die student het nie die oorsig aangemeld nie. Toe die maatskappy uiteindelik in Augustus die fout raakgesien het, het die student reeds meer as R818 000 van dié geld bestee.

Michael Ansell, uitvoerende hoof van Intellimali, het Vrydag in ʼn verklaring gesê Intellimali het R818 469.20 uit sy eie sak aan WSU terugbetaal. “Ons het ʼn deeglike forensiese oudit van stapel gestuur wat steeds aan die gang is. Ons sal so gou moontlik die uitkoms van die oudit aan die betrokke partye bekendstel,” het Ansell gesê.

“Ons het ook met die universiteit en die owerhede vergader en aangesien dit nou ʼn polisiesaak is, sal ons nie verder kommentaar kan lewer nie.” Intellimali het vroeër gesê hy sal regstappe teen die student doen.

NSFAS het Vrydag gesê hy wag steeds op ʼn amptelike verslag van die WSU oor hoe die fout plaasgevind het. Lerato Nage, waarnemende uitvoerende hoof van NSFAS, het in ʼn verklaring gesê hy het die universiteit versoek om so gou moontlik feitelike inligting aan die nodige rolspelers oor die debakel te voorsien.

“Ons het ook ʼn NSFAS-verslag by dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en onderrig, ingedien oor ons betalingsrekening by die WSU. NSFAS is tans nie betrokke by die derdeparty-ooreenkomste wat instansies met hul diensverskaffers aangaan nie. Instansies kan hul eie prerogatief gebruik met hierdie prosesse,” het Nage gesê.

“Dit is belangrik om te noem dat Intellimali nie ʼn NSFAS-diensverskaffer is nie, maar ʼn WSU-diensverskaffer. Ons het kennis geneem dat Intellimali aanspreeklikheid vir die fout aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Brie-brie ·

Iemand kan nie nulle tel nie of die iemand kan nie die komma sien nie……..??

CHRISTA ·

Wat verwag ons? Nie eers ons PRESIDENT KAN die bedrae lees of verstaan nie, daarom kon hy met ‘n lag ‘n kwart miljard op sy eie huis spandeer!!

Johann Marx ·

“Die student het nie die oorsig aangemeld nie”…….sê alles. As jy WEET niemand skuld jou R14 miljoen nie, en dit verskyn in jou rekening, en jy meld dit NIE aan nie……is jou intensie om dit te steel. Nog erger as die inbetaling al 3 maande gelede gebeur het…..en jy dit onder NIEMAND se aandag gebring het nie. “Ignorance of the law is no excuse”.

Spyker ·

Johann die probleem le dalk nie met die student nie…….maar die dom mense wat na 3 maande eerste agterkom daar is R14m weg.ernstig waar hoe kan so baie geld net rond geskuif word deur weereens dom mense. Hulle moet baie dieper gaan kyk. Hier is baie meer agter die stories.

Leahim ·

Johann ,sou iemand jou spaargeld uit jou bankrekening steel en die bank bevind jy was nalatig is dit jou verlies hier het iemand geld in n rekening in betaal oor hulle nalatig was ek sou al die geld gebruik het en dan reel vir n terugbetalings ooreenkoms ek wens my polisse wil op hierdie prinsiep werk.

Amanda Wait ·

Ek stem saam met jou Johann Marx. Sy het geen verskoning vir haar gierigheid nie. Dit is SKELM om dit wat jy weet nie aan jou behoort nie, te spandeer sonder om vas te stel wat gaan aan met so ‘n groot bedrag geld in jou rekening.

Sarie ·

En nou vra ek waar kry die student R818000 plus om terug te betaal en dit nogal uit sy eie sak?

wessie ·

@Sarie gaan lees weer die berig,stadig. Dalk moet jy jou studiegeld terug vra.

M ·

Wessie, ek dink Sarie se opmerking is baie van pas aangesien daar wel pogings gaan wees om die geld wel van die student te verhaal.

Hens ·

Vra ek ok- as sy R1400 wou leen vir studie waar kry sy of haar ouers ewe skielik 800 000? Klink vir my na n lieg storie laat publiek stil bly

Zumie ·

Die huidige lot sal nie eers ‘n sjebeen kan bestuur nie – nou bestuur hulle ‘n land…

Swart Piet ·

Daai student was ook nie so slim nie. Sy moes die hele 14 miljoen dadelik getrek het en verdwyn het. Vir n lang ruk lekker rente getrek het op die geld en dan as hulle nou lekker gatvol na haar gesoek is, net die 14 miljoen terug betaal op voorwaarde dat sy skot vry daarvan sou afkom. DIe rente sou genoeg gewees het om n goeie begin in haar lewe te kon maak.

Reti ·

My presiese gedagte. As iemand nie die strokie publiseer het nie sou mens nogal lank die rente kon trek want hulle sou SOEK. Aardige bedraggie hoor. Hehe. Ai tog. Sys ‘n boekhou student die enetjue.

Chris Ws ·

Daai student het GEEN verskoning waarom sy nie die fout by haar bank gaan aanmeld het nie.Tjoekie toe met haar.Daar sal sy gratis verder kan studeer met gratis medies,gratis verblyf en maaltye!

Sêmaarnet ·

M, die student het ‘n aansienlike klompie geld aan skoonheidstransformasies spandeer…..wil graag sien hoe gaan hulle dáái geld van haar verhaal!

Apie ·

Ek praat nou wat ek gelees het is dat madame iets met finansies studeer en ek kry die maatskapy jammer wat haar aanstel

Bets ·

Hierdie is plein selfsugtgheid. Toe daar 3,000 in my rekening inbetaal is en ek weet nie waar vandaan dit kom nie, is ek dadelik bank toe en gevra wat aangaan. Die geld is toe nie verkeerdelik inbetaal nie maar was ‘n prestasie bonus waarop ek nie verwag het nie. Ek het met ‘n skoon gewete die geld spandeer. Toe sy gesien het dit so astronomiese bedrag waarom nie eers gaan navraag doen of daar dalk ‘n fout iewers is nie. Haar bedoeling in my oe is, “laat ek soveel spandeer voordat iemand dit agterkom”. Oneerlik is my siening. Jy gebruik nie goed wat jou nie toekom nie. Sy kry alreeds ‘n toelaag waarop sy baie dankbaar moet wees. Hoeveel mense ontneem sy nou van hulle toelaag maandeliks, het sy al daaraan gedink. Nee net aan haar gerief vir goed wat sy aangekoop het vir R818,000 wat sy glad nie nodig het nie. Sy sou ‘n goue medalje van my ontvang het as sy onmiddelik dit aangemeld het. Dit is diefstal in God se oe. Die meererheid van die hedendaagse jeug glo dat alles hulle toekom sonder om ‘n vinger te roer om dit te verdien. “Fees must fall” Werk vir jou geld soos wat ons gedoen het toe ons daardie ouderdom was.

Pop ·

My vraag is, hoe en waarop spandeer jy soveel geld wat jy voor jou siel weet nie joune is nie. Ek het eenkeer oor n biljoen rand in my bank strokie opgemerk. Het ek een sent spandeer. NEE!!!! Was net n bank fout wat hulle binne 2 dae reggestel het. Almal kan n verkeerde knoppie druk. Kyk maar as julle hier kommentaar lewer hoeveel foute tik mens. Maar dis nie n fout as jy inherent skelm is nie. Dis n ramp??

Johann Marx ·

Hoekom is daar soveel mense in SA wat dink as daar R14 miljoen in jou rekening inbetaal word, jy net eenvoudig bank toe kan gaan en dit trek? Hallloooo??? Niemand het R14 miljoen in kontant in jou rekening inbetaal wat nou by jou tak in ‘n kluis lê nie!!! Dit was net ‘n elektroniese inskrywing. Al het jy R14 miljoen in jou rekening, as jy dit wil trek in kontant moet jou bank dit aanvra van die Reserwebank af…..en kan jy R14 miljoen dra?

jaco ·

is daar enige lys van wat sy alles gekoop het? My klein bakkie het maar R75 000 gekos, so ek hoop uit die R818 000 het sy darem ‘n ordentlike motor gekoop

snoefie ·

As die “oorsig” nie op sosiale media gedeel wasnie, was sy home free. die uitbetalingtjie het Januarie al plaasgevind.

Andre ·

Intellimail het nie die R800 000 terugbetaal nie – ek en jy, die belastingbetaler, het dit gedoen. Net so het die student ons belasting-geld gebruik. Al te lekker, die trein loop!

Ruben ·

Meeste mense hier is maar suur hulle moet my daai 14 miljoen inbetaal het ek sal hulle wys hoe blaas mens dit

Se maar net ·

Vir di oningeligtes hierbo. Wanneer geld in n rekening inbetaal word wat ni joune is nie, MOET DIE BANK onmiddellik daarvan in kennis gestel word deur daai persoon. Indien nie word dit diefstalsaak. Finish en klaar dis hoe dit werk.

Petro ·

Ek wil graag weet of daar enige konneksie is tussen die student en die persoon wat dir ekstra nulle “per ongeluk” ingetik het..?

AmY ·

En toe lees ek boon-op vanoggend haar 67jarige ouma is kwaad vir haar omdat die student nie ‘n huis vir haar ouma gekoop het nie…

Neilia ·

As jy internet betaling doen ,staan daar duidelik dat die bank geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige foutiewe betalings gemaak,so ook as jy by teller in betaal en ook op n deposito strokie. N paar jaar terug het iemand 3 maande na mekaar in ons rekening geld gedeponeer. Ons was bank toe en het hulle in kennis gestel dat ons nie die persoon ken nie , die inbetaling was van n ander dorp af. Hulle antwoord was as daar nie navraag is binne 14 dae is daar niks wat hulle kan doen. So die 4de maand het ons barmhartige samaritaan seker hy/sy foutjie agter gekom en ek het ekstra spending money gehad . Maar duidelik het die student n swipe limit gehad ,ek sou lankal my gt500 Eleanor gaan koop het . NOT

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.