Studiegeld-fout: Student eers nie vervolg, kry berading

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel word wat ʼn balans van meer as R13 miljoen na bewering in die student se rekening toon. Foto: Twitter

Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS), die Walter Sisulu Universiteit (WSU) en Intellimali het ʼn gesamentlike verklaring uitgereik om duidelikheid te gee oor die student wat per abuis R14 miljoen studiegeld ontvang het.

IntelliMali is die diensverskaffer wat die  administrasie van fondse namens NSFAS by die WSU bestuur.

Kagisho Mamabolo, woordvoerder vir NSFAS, het gesê die betrokke partye wil graag bevestig dat geen openbare fondse vermors is in die proses wat gelei het tot die fout óf die R818 000 wat deur die student spandeer is nie. “Voorlopige ondersoek het aangedui die geld het aan die universiteit behoort en nie NSFAS soos aanvanklik geglo is nie,” het Mamabolo gesê.

Intellimali het self die volle bedrag wat deur die student vermors is aan die WSU terugbesorg. Volgens Mamabolo kon daar voorlopig bevestig word dat geen NSFAS- of WSU-werknemers betrokke was by dié fout soos aanvanklik berig is nie.

“Intellimali het ook ʼn geloofwaardige ouditeursfirma aangestel om ʼn forensiese ondersoek van stapel te stuur,” het Mamabolo gesê.

Geen stappe is deur die WSU geneem teen die student nie. “Die universiteit wag vir die uitslae van die ondersoek voor hul verdere stappe oorweeg. Hulle staan haar ook by met berading om te verseker sy voltooi haar studies,” het Mamabolo gesê.

Intellimali het ʼn saak van diefstal teen die student aanhangig gemaak en werk nou saam met die polisie in dié verband. Mamabolo het ook gesê Intellimali sal voortaan steeds ander studente se toelae behartig.

Maroela Media het vroeër berig ʼn saak van diefstal is by ʼn polisiestasie in Oos-Londen oopgemaak in verband met die oorbetaling van die R14,1 miljoen.

Volgens Mamabolo het NSFAS, WSU en Intellimali eenparig besluit geen verdere medianavrae sal hanteer word na dié verklaring nie, om kans te gee vir die ondersoek om afgehandel te word.

Die geld is in Junie aan die student oorbetaal. Die student, wat glo slegs R1 400 moes ontvang het, voer aan sy het die transaksie aangemeld, maar niemand het haar gehelp om dit reg te stel nie. Sy het na bewering ongeveer R800 000 van die geld gebruik voor die fout uiteindelik verlede maand opgemerk is.

Die fout is eers opgemerk nadat ʼn strokie van die banksaldo deur ʼn vriend van die student gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Lukas ·

Berading?? Belaglik, gebruik R500 000+ en nou kort sy berading, wys net die land se denke. Sy’t nie berading gekort toe sy duidelik iemand anders se geld gaan mors het nie.

Koester ·

Misdadigers word gekoester deur die ANC en die massas wat vir hulle stem. Hulle is te dom om van misdaad, wortel en stok te verstaan.

Johannes ·

Wat de hel! Hoe belaglik kan hierdie verdomde nuwe SA raak? Sy het beslis geweet hoe om geld wat nie haar geld is nie te spandeer. Dit is mos doelbewuste diefstal of bedrog. Kan ‘n organisasie soos Outa of Afriforum haar nie aankla van bedrog nie?

Lizanda ·

Ha ha dis een groot grap, berading JA dat sy dit weer kan doen!

Mielie ·

In die korporatiewe wereld sou sy krimineel vervolg geword het. Sy is onregmatig verryk. Dis skelm ek weet van gevalle waar mense foutiewelik geld in iemand se rek inbetaal het ……foutiewe rek nr gebruik. Dan moes hulle n klag by die polisie oopmaak en nog ook prokureurs inkry om te help. Geen waardes in hierdie land

SjN ·

Volgens haar optrede, wat tronkstraf regverdig en niks uit te waai het met beradering nie , is haar volgende skuif seker as adjunk minster in die parlement, sy voldoen tans aan die minimum vereistes.

Daan Erasmus ·

Ryno. Ons moet ‘n wit iemand in hierdie ketting soek. En hom blameer. Klink vir my ‘n puik idee.

Henry 58 ·

Almal gaan mal oor die student……….Hoe kan dit moontlik wees vir n instansie om so n fout te maak. Growwe nalatigheid. Daar moet mos maatreels wees in enige instansie wat so n groot oorplasing kan optel. Sou graag wou weet wat gaan hulle met die swak instansie doen wat so n foutjie kan maak……………….

Jj ·

Alles van Riebeeck se skuld! ? Sy het in elk geval net agt honderd en tien zeroty rand spandeer.

Linda ·

Wat se verdomde berading het die student nodig vir die oneerlikheid wat sy aangevang het en nou nog haar studies ook wil klaar maak, dit noem ek nou help ‘n persoon van die wal tot in die sloot. skop haar uit en laat sy die geld wat sy so lekker spandeer het terug betaal punt.

Asjas ·

Gee my R14,1 mil en vat dit dan weer weg … natuurlik gaan ek berading kort!!

jude ·

ja Asjas, verseker , my vraag is wie het die groen knoppie gedruk?

Berading ·

Watter tipe oortredings kwalifiseer vir berading in die NUWE SA? Sal alle oortreders dieselfde behandeling kry?

DMC de Koker ·

Sy was skelm en behoort strafregtelik, sivielregtelik sowel as dissiplinêre vervolg te word. Of dit gaan gebeur is natuurlik ‘n ope vraag op hierdie stadium.

Andre ·

Ek het sommer geweet toe daar berig is dat die student “vervolg” gaan word, dit net ‘n rookskerm is om die stof te laat gaan lê. Gaan almal wie nou steel ook berading moet kry? Indien wel, gaan hier ‘n baie groot tekort aan beraders wees wie kamstige berading aan miljoene der miljoene sal moet gee

Lalla ·

Dink julle nou regtig ons moet die sop-storie glo? Gee staatsgeld vermors nie? Dit maak nie saak waarvandaan die geld gekom het nie. Sy het dit onwettig gebruik. Dit was nie hare nie. As ek in ‘n winkel inloop en iets vat, wat sal van my word? Ek gebruik. mos nie staatsgeld nie? Maar die punt van die saak is, dit behoort nie aan my nie. Ek stel voor haar NSFAS geld word weggeneem, en sy begin haar skuld terugbetaal. Dief.

Asjas ·

Sy wou seker nie share nie. Maak mens wonder of die fout ooit andersins opgetel sou word?

Ruby ·

Kom ons wees maar nou eerlik met mekaar en sê dit prontuit…..as sy wit was, was die nagevolge anders.

Asjas ·

Kom ons wees eerlik … ‘n wit persoon sou lankal landuit gevlug het.
Ek se lankal, maak dit moontlik en ek is hier weg soos mis voor die son.
Ek sou dink die anc het gehoor gegee en dis wat hulle bereid is om te betaal om ontslae te raak van my.

Daan Erasmus ·

Ruby. Ek dink. En dink. Ek kan net sê dat jy reg is.

Pieter Ellis ·

Sibongile Mani, jy het verkeerd opgetree. Indien jy werklik eerlik was, soos van enige redelike persoon verwag word, en die saak wel gerapporteer het, maar niks was gedoen aan dit nie, sou die beste opsie verseker gewees het om daardie geld na n spaarplan of geldmark fonds oor te plaas en DIT DAN UIT TE LOS.

Nou dat die fout aan die grootklok gehang word, sou jy dan sonder enige skuldgevoel vir hulle kon se, daar is die geld plus rente. En dan kon jy verseker gevra het vir n gedeelte van die rente, sonder dat enige persoon jou sou verkwalik. Inteendeel, ek dink hulle sou met graagte rente aan jou betaal het.

jy het egter dit nie gedoen nie, maar wel gesteel. En jou ouma blyk net so gewetenloos soos jy te wees. Sy kla dat jy skande oor haar gebring het met jou optrede, maar in dieselfde asem is sy ook ontsteld omdat jy nie n huis vir haar gebou het met die gesteelde geld.

En nou kry jy berading. Wetter, ek verstaan nie mense aldag nie…

Eish ·

Pieter,
Dit word Afrikanisering genoem. Meer spesifiek, Ubuntu. Wanneer iemand aangejaag het, is dié voor die gemeenskap gedaag en die saak bespreek. Die aangklaagde toon berou en die gemeenskap toon Ubuntu, ek is wat ek is deur jou. Hul bring dan lofprysings vir die goeie dade wat hy gedoen het en beklemtoon die feit dat die goeie meer is as die slegte. Dan is jou vonnis ligter of in totaliteit weg. Ek het n spesmaas dis hoekom rooftogte deur n oormag uitgevoer word. Minstens kan jy dan sê, ek het ” geshare” wat uiteraard tot strafversagting deur die gemeenskap lei. Hier waar ek woon, is geweldige onwettige mynbedrywighede. Een van die Zama Zama’s is van Lesotho. Hy het met n deel van sy verdienste, sy hele gemeenskap se kinders se skoolgeld vir n jaar vooruit betaal. Hy het ge Ubuntu soos Robin Hood.

Lizl ·

En so gaan die hele storie dood loop en die geld gaan nie terug betaal word nie, en hulle bly nogsteeds haar studies betaal ??!!! Ek meen na dai R800 duisend wat sy gespend het …. nie `n sent aangewend vir haar studies nie ??

G ·

Ag, wil iemand nie so foutjie met my bankrekening maak nie? Ek sal tevrede wees, al word daar ‘n nulletjie weggevat! ;-) Ek stem saam met die wat sê dat die situasie BAIE anders sou lyk indien dit nie aan ‘n voorheenbenadeelde lid van die samelewing ‘bemaak’ was nie.

Keelvol ·

Ag nee wat, vergryp nou maar aan alles en kry klaar. Geen geld gaan terugbetaal word nie.

Hester ·

As sy die voorval aangemeld het dan het het sy mos geweet dit is nie vir haar nie. Niemand het haar gehelp nie hoekom nie weer gaan aanmeld en verwysing of bewys kry nie, NEE GAAN LIEWER VOORT BESTEE DIE GELDE. DIT IS DIEFSTAL, SY HET GEWEET WAT SY DOEN.
KORRUP!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.