Stuk spoorlyn in Soweto gesteel

(Argieffoto: Untu)

ʼn Man is in Soweto in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn spoorlyn gesteel het.

Die man is Donderdag in hegtenis geneem tydens die Okae Molao-operasie deur verskeie wetstoepassingsagentskappe. Dit vorm deel van die geïntegreerde sekuriteitsplan wat minister van vervoer Fikile Mbalula verlede jaar van stapel gestuur het. Die intelligensiegedrewe plan het ten doel om spoor- en gemeenskapsmisdade hok te slaan en seker te maak dat misdadigers vervolg word.

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se beskermingsdiens en gewapende reaksie-eenheid het ook by die operasie aangesluit.

ʼn Stuk spoorlyn van ongeveer 1,3 meter lank is in ʼn plakkershuis by Angola- informele nedersetting in Nancefield, Soweto, opgespoor.

Volgens Prasa is dit pendelaars wat die duurste betaal vir vandalisme en diefstal van spoorweginfrastruktuur omdat hulle op die spoordiens staatmaak.

“Diefstal en vandalisme van spoorweginfrastruktuur word as ekonomiese sabotasie beskou,” sê Prasa. “Ons sal nie enige sabotasie van infrastruktuur duld nie.”

Bron: SANews.gov.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

As dit n intelligensiegedrewe plan was kan Mbalula onmoontlik iets daarmee uit te waai hê.

SomeOne ·

1,3 meter, LMGA, indien dit 130meter of 1300meter was, was dit ernstig, maar oooo weë, julle ondersoekers kyk teen jul oogvelle was
gaan kyk op spoorlyne wat amper verlate is, hoe verlate dit reeds is deur vandale en staal verkopers, moenie die spoor staal kopers vergeet nie, as hulle nie daar is nie, is daar nie vandaliste nie

Lian ·

En nou Min Mbalula ? Jy het met soveel fanfare die Mabopane trein bekendgestel en nou nou staan daar al weer ‘n treindiens . Waar is die spoorpatrollies soos by die Gautrein ?

Swerwer ·

Nou wat word verwag, dit is mos die privatisering van openbare fonds insameling vir individue. dit is natuurlik toelaatbaar in hierdie kommunistiese wettelose SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.