Stukkende rybewysmasjien nog in Duitsland

Fikile Mbalula, minister van vervoer, Dinsdag tydens die bekendstelling van ʼn Covid-19-hulpfonds vir die minibustaxibedryf . (Foto: Twitter / @MbalulaFikile)

Die masjien wat Suid-Afrikaanse motoriste se rybewyskaarte vervaardig, is tans in Duitsland nadat dit in November verlede jaar opgepak het.

Dit is egter nie duidelik wanneer dié masjien weer sal werk nie.

Fikile Mbalula, minister van vervoer, het Dinsdag tydens die bekendstelling van ʼn Covid-19-hulpfonds vir die minibustaxibedryf gesê dat hy buitendien met hierdie “ou masjien” wil wegdoen en binnekort ʼn nuwe masjien (of masjiene) by die eerste kabinetsvergadering gaan voorlê.

Intussen moet motoriste wat hul bestuurslisensies hernieu van tydelike rybewyse gebruik maak terwyl ander probleme by lisensiekantore steeds voortduur.

“Die ou masjien kom van Duitsland. Geen ander land gebruik nog daai masjien nie. Dis hoekom ons ʼn nuwe kaart met ʼn nuwe masjien gaan vervaardig.

“Ons is ver gevorderd [met die nuwe proses], maar ons was aan die slaap met die ou masjien.”

Volgens Mbalula het hy die veiligheidskenmerke van die nuwe masjien(e) reeds met die Staatsveiligheidsagentskap uitgeklaar en sal dit hangende die kabinet se goedkeuring in werking gestel kan word.

Die minister sê nuwe maatreëls oor wat hierna gaan gebeur, sal intussen aangekondig word. Hy het egter nie oor hierdie maatreëls uitgewy nie.

Mbalula het ook Dinsdag opnuut beloof dat motoriste binnekort aanlyn vir die hernuwing van lisensiekaarte, leerling- en bestuurslisensietoetse en vir die aflewering van lisensiekaarte by die huis sal kan betaal.

Motoriste ervaar reeds maande lank – nog voordat die masjien die gees gegee het – probleme met die hernuwing van rybewyse.

Talle motoriste het ook uitstel vir die hernuwing van hul lisensies gekry in ʼn poging om probleme by lisensiekantore op te klaar.

Buiten dat lisensiekantore onder groot korrupsie gebuk gaan, ervaar Suid-Afrikaners ʼn groot gebrek aan beskikbare tydgleuwe om hul rybewyse te hernieu of om daarvoor aansoek te doen.

Mbalula het verlede jaar verskeie planne aangekondig om die druk op lisensiekantore te help verlig.

Dit het die verlenging van bedryfsure ingesluit, asook die inwerkingstelling van ʼn SMS-stelsel wat motoriste waarsku dat hul rybewyse gaan verval. Teen Augustus verlede jaar kon nagenoeg 1,2 miljoen rybewyse uit 2,8 miljoen lisensies wat verval het nie hernieu word nie.

Die inwerkingstelling van aanlyn betalings sou ook versnel word, asook die verskaffing van ʼn nuwe lisensiekaart met verbeterde veiligheidsmaatreëls.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Gerrie ·

Net so stukkend soos hy,om elke 6 maande n tydelike bestuurslisensie te gaan kry is malligheid

Vettiemaragartos ·

My persoonlike gevoel is hulle kan nie vir jou ‘n lisensie kaart gee nie so hulle moet maar die verantwoordelikheid van die tydelike lisensies op hul neem en maar sorg dat dit by jou huis afgelwer word.

Delia ·

En die tydelike lisensie is nie gratis alhoewel dit nie Jan Publiek se skuld is Dat die masjien stukkend is nie

Misky ·

Uit alles wat die vent kwytraak, stem ek met een ding saam en hulle was en is aan die slaap!!!

SlinkseKoljander ·

Net so aan die slaap soos die ANC, hierdie en vuurwapen lisensie hernu is net n geld maak storie wat nou lekker back fire!

Tubac ·

Klink vir my jy het n hekel met alle regerings. Mooi man, ek is bly jy lewer nou sinvolle kommentaar.

Johan ·

As hy sy bek oopmaak lieg hy. Die mees onbetroubare minister wat alles altyd uitstel want hy kan nie ‘n besluit neem nie.

Renier johannes ·

Alles wat hulle aan vat werk nie meer nie onbevoeg

Mammie ·

Ek dink meer dis die operator wat foutief is en nie die masjien nie

Danie ·

Altyd n ou storietjie. Niemand word verantwoordelik gehou vir enige iets in ons land. Versonings en stories is mos maar die norm.

Pampoen ·

Ek het reeds in November aansoek gedoen om die hernuwing van my lisensie. My lisensie het nou verval. Moet ek nou weer in die ry val om ‘n tydelikke lisensie te kry? Nee wat. Ek het ‘n lisensie. Dis hulle wat nie bewys daarvan kan verskaf nie. Hulle het laas jaar mense se lisensie ‘verleng’. Hulle kan dit mos nou weer doen.

Tubac ·

Ek stem saam Ek bring my kant en gaan nie geld betaal vir nog onbevoegdheid nie. Wonder wat die assuransie Mpy hieroor te se het?.

NEO ·

Probleem is of die versekering dit gaan aanvaar as jou bestuurslisensie verval het en jy het nie ‘n tydelike lisensie nie.

Kokerboom ·

Die mees nuttelose, onbevoegde kader skepsel in kabinet. GEEN bewys van enigiets konstruktiefs wat hy OOIT kon regkry!

Kobus ·

As sy werk gelyk aan sy geraas was, was alles in werkende toestand.

Niklaas ·

Dis malligheid , maar ons sien dit gereeld as probleme weggesteek of weggepraat moet word by huidige stelsels. My vrou het laasjaar in Meimaand aansoek gedoen om hernuwing van haar bestuurslisensie. Terkens as sy daar (na ‘n lang gewag) navraag doen , word sy vieslik ongeskik behandel en vertel dat sy moet wag vir ‘n sms boodskap , wat nooit kom nie. So, sy ry maar steeds met die tydelike rybewys en nou wil hul groot veranderings maak. Dis nogal komies en ons moet maar saam lag.

Pieter ·

Snaaks jy kry iemand van kuba af om julle te kom help nie julle anc kommuniste bly maar net gemors.

Hoekom ·

“Nuwe masjien/masjiene” beteken om nog geld te plunder vanaf SA om hulle eie sakke te vul…

Alfred E Neuman ·

En so strompel ons voort. Van die een idioot na die volgende.

Nie Verbaas ·

“Intussen moet motoriste wat hul bestuurslisensies hernieu van tydelike rybewyse gebruik maak”. So nou moet ek ekstra uitgawes aangaan en my tyd mors as gevolg van iemand wat nie so ver kon dink om n ekstra masjien op bystand te hê nie? Jou masjien in Duitsland is nie ons probleem nie Mbalula.

Tokkel ·

En dan….. die Grapjas wat nou graag soos 1ste wêreldlande ‘n puntestelsel wil instel. Pleks hy maak eers die belangrike masjiene en papierwerk reg….tipies…kar voor die perde!!! Hy is ‘n NO NO in alle departemente. Ramaphosa moet van hom eerste ontslae raak…miskien filing gaan doen..

Dup ·

Hy lyk self of hy Duitsland toe moet gaan vir “herstelwerk”.

Blikkies ·

Verskonings, Verskonings, Verskonings. Hulle is so ver gevorder dat hulle agter is…

Johann ·

Kyk hoe loop die lieg en bedrieg, onbesonne sotlikheid teen die een se mond af! Absolute onbevoegde kader wat van die een krises na die volgende “deploy” word om dit nog erger te maak. Leef in sy eie ANC drog wéreld van wat realiteit is.

NEO ·

Vraag is wat sê die versekering maatskappye as jou lisensie verval het en jy het nie ‘n tydelike lisensie nie.

Pieter ·

Vat die een miljard wat jy vir die taxis wil gee wat nie eers belasting betaal nie en wat brandstofsubsidie kry en koop n nuwe masjien jou anc gemors

Debbie ·

Maklik om te se ons moet tydelike ry bewys kry maar ons moet betaal daarvoor

Jr ·

Aan die slaap sê jy mini star mumma bumble bee. Probleem is julle was nog NOOIT WAKKER.

Marius ·

Hoekom kan die lisensies nie eenmalig uitgereik word soos in die verlede nie? Jou lisensie verval as jy te oud word om te bestuur of wanneer jy doodgaan. Hierdie gaan net oor geldmaak en niks anders nie.

Swerwer ·

Covid-19-hulpfonds vir die minibustaxibedryf ? Nou het ek alles gehoor/lees
Die Taxis het geensins die Lockdown inperkings gehoorsaam nie, en buit die mense uit
wat van hul gebruik maak.

Kobus ·

Wanneer gaan die pennie drop – hierdie regering is in elke opsig “aan die slaap”, terwyl ons land vergaan. Kry mense in wat wakker is en wéét hoe om die werk te doen!

Diandra ·

Dit is so ‘n pyn – gaan ons nou weer en weer vir ‘n tydelike “permit” betaal? In other news… ek was “today-year old” toe ek uitvind dat net die kaart is wat verval, nie jou lisensie nie. So dit maak nie saak of jou kaartjie ‘n jaar of ses terug verval het nie, jy kan dit net weer hernu. Maar dit is wet om ‘n geldige kaartjie te kan wys…

Pieter ·

Die motoriste wie se lisensies verval het, moet maar begin “drive without cars”…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.