Stukkende trapreling en ongeluk eis agt in Kaapstad

Die voorval het by Osi's Place plaasgevind. Foto: Facebook

Die voorval het by Osi’s Place plaasgevind. Foto: Facebook

Ses mense is dood nadat ʼn trapreling by ʼn sjebien in Khayelitsha meegegee het en twee van die beseerdes het daarna in ʼn motorongeluk gesterf op pad na die hospitaal.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê ses mense is op die toneel dood nadat die trapreling Sondagoggend in Makaza meegegee het. Volgens Traut is van die beseerdes met ʼn private motor na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en was dié motor op pad na die hospitaal in ʼn ongeluk betrokke. Twee van die persone wat ernstig beseer is toe die trapreling meegegee het, is in dié ongeluk dood. “Die oorledenes is almal vroue tussen die ouderdomme van 15 en 23,” het hy gesê.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek geopen om te bepaal of enigiemand verantwoordelik gehou kan word vir die ineenstorting van die trapreling. ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek in verband met die motorongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Weezie ·

Nou vra ek van wanneer af is n 15 jarige ou genoeg om in n shebeen te gaan? dis dan nog kind!!!!

Sandra ·

Ek as Maatskaplike Werker het baie vrae rondom die gebeure. Nie slegs word die drankwet oortree nie, maar definitief ook die Kinderwet 38/2005. Die eienaar is skuldig aan drank bediening aan minderjariges, die motorbestuurder vir die ongeluk, maar definitief is hierdie minderjariges se ouers, voogde, versorgers verantwoordelik vir hulle beskerming en versorging ook skuldig. Weet ouers dan nie meer waar hulle kinders rondbeweeg nie. Duidelik nie!

scalla ·

Nou wat soek vroue (heel waarskynlik oorgewig want die trap het mee gegee) van 15 in die sjebien, verseker nie tee en koek gevat nie, die bestuurder van die motor het verseker weer gejaag en was moontlik onder die prop gewees. Hul moet self verantwoordelik wees.

Christie Joubert ·

Eish! Pap en bier…. It’s aaaaal gooooooood…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.