Stukwerker val glo vrou op plaas aan

Janné Smith (Foto: Facebook)

ʼn Jong vrou is die afgelope naweek op ʼn plaas tussen Verkeerdevlei en Excelsior in die Vrystaat vermoedelik deur ʼn stukwerker oorval, vasgebind en aangerand.

Die 24-jarige Janné Smith het Sondagmiddag by haar ouers gaan eet voordat sy na die plaas Wilsoo, waar sy tans woon, teruggekeer het vir ’n middagslapie. Dié plaas is sowat 4 km van haar ouerhuis op ’n naburige plaas geleë en die opstal is met elektriese omheining toegerus.

Elsumi Smith, Janné se suster, het aan Maroela Media gesê haar suster het omstreeks 15:00 by die plaashuis aangekom en het net by die waskamer ingegaan toe sy opmerk dat die houtdeur na die kombuis nie gesluit is nie. Janné het dadelik onraad vermoed aangesien sy vroeër die dag die deur gesluit het toe sy na haar ouers toe is.

Volgens Elsumi het haar kleinsus by die houtdeur ingeloer en kon sy sien dat die kombuiskaste oopstaan. Haar hond het aanhoudend geblaf en sy het haar vuurwapen uitgehaal en omgedraai om terug na haar bakkie te hardloop. Met die omdraai het sy ’n man in ’n balaklawa met ’n mes sien staan.

Janné het die sneller getrek maar die skoot het nie afgegaan nie. Die man het die vuurwapen aan die loop gegryp waarna hy die mes laat val het. Janné het in die stadium die mes op die vloer weggeskop waarna die man haar herhaaldelik met sy kop in die gesig bygedam het.

Die twee is daarna by die kombuis in waar Janné herhaaldelik met die vuis in haar gesig geslaan en haar voete en hande met draad vasgebind is.

Janné het die man aan sy oë en stem herken as ’n stukwerker wat vroeër die week drie dae lank op die plaas gewerk het. Toe haar aanvaller haar vra of sy weet wie hy is, het sy egter uit vrees geantwoord dat sy nie weet wie hy is nie. Hy het hom toe as die stukwerker geïdentifiseer.

Volgens Elsumi is haar sussie deur die man gang-af gesleep na ʼn kluis elders in die huis waar die verdagte vuurwapens en dollars wat Janné gespaar het, gesteel het.

Die man wou toe in Janné se bakkie vlug, maar kon nie die bakkie aan die gang kry nie waarna hy terug in die huis is. “Hy het haar weer ʼn hou gegee en gesê die bakkie is stukkend. Sy het toe vir hom gesê om die koppelaar aan die linkerkant te trap,” verduidelik Elsumi.

Sy moes ook aan hom verduidelik hoe om die elektriese hek oop te maak voordat die verdagte op die vlug geslaan het.

Janné het probeer om nader aan die vierrigting-radio in die huis te kruip om hulp te ontbied. Sy kon egter nie daarin slaag nie en het intussen aan die slaap geraak voordat haar ander sussie, Lizemarie, en ʼn huisvriend omstreeks 18:00 op haar afgekom het.

Haar styf vasgebinde hande was teen die tyd blou van kleur, het Elsumi verduidelik.

Die voorval is by die polisie aangemeld en Janné is na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas. Niemand is Sondagaand aangekeer nie, maar toe Lizemarie die volgende oggend weer werkers gaan oplaai, het dié spesifieke werker wat van die aanval verdink word, op haar bakkie geklim om te gaan werk.

Die man is na die Verkeerdevlei-polisiestasie geneem waar hy aanvanklik in aanhouding gehou is. Die polisiestasie het egter nie fasiliteite vir ʼn uitkenningsparade nie en voordat Janné haar vermeende aanvaller kon uitken, is hy reeds vrygelaat.

Volgens Elsumi het die polisie verduidelik dat die verdagte nie in aanhouding mag bly indien hy nie formeel uitgeken word nie. “Hulle het gesê dit is nie genoeg dat sy hom aan sy oë en stem uitken nie. Ons is baie ongelukkig hieroor,” het Elsumi gesê.

Sy vertel dat haar kleinsus heelwat beserings in haar gesig opgedoen het en sedertdien huilerig en bang is. “Sy kry swaar. Sy het van die begin af geweet wie hy is.” Janné is ook onrustig aangesien haar vermeende aanvaller tans op vrye voet is.

Konst. Pakiso Mohoboko, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het ook bevestig dat die verdagte nie in die stadium in aanhouding is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Koos B ·

Dit kan net in SA gebeur.Dit is omdat sy blank is dat hulle die gedrog vrygelaat het.As hy wel weer aangekeer word sal hy op borg van R500-00 weer op staat wees.

Kobie Welgemoed ·

Ek glo regtig nie dit was die regte prosedure nie. Neem stappe en dagvaar die polisie. Hulle kon DNA toetse gedoen het want hy het aan haar gevat. Ons moet nie tevrede wees met sulke optrede nie.

Ben ·

Wees sterk my mense. Hulle gaan aanhou om paniek onder ons te probeer saai. Ons is geregtig om ons land te behou, ten spyte van wat die volksverraaiers ons nogsteeds vertel. Dis ons land. Was nog altyd. Niemand het dit voor ons besit nie. Ons het nerens om te gaan. Onthou dit.

Deloris ·

Wat n helse skande, nog n grooter skande dat die useless SAP nie eers help nie
… Hoe gaan mens dan te werk?????

Emily Strydom ·

As die arme vrou hom geskiet het, was sy nou in die tronk want hy was net honger. Ek is so moeg vir alles. Niks maak meer sin nie

Johan ·

Dit is ‘n pateties toedrag van sake. Daar is sekerlik ander polisiestasies in die omgewing wat uitkennings-fasilteite het? Hierdie is erge nalatigheid! Ek

Emily Strydom ·

As die arme vrou hom geskiet het, was sy nou in die tronk want hy was net honger. Ek is so moeg vir alles. Niks maak meer sin nie

Haan ·

Emily ek verstaan jou frustrasie maar ek glo ook oningeligte opmerkings kan verhoed dat n slagoffer hom/haarself verweer. Die wet sê elke persoon het n reg om hul lewens of die lewens van hul geliefdes te beskerm. n Vuurwapen mag gebruik word indien n lewe in onafwendbare gevaar is. n Hof sou in hierdie geval in haar guns beslis het omdat n aanvaller met n mes n wettige rede tot dodelike afweer is.

toy ·

Dit voel om mens wil skree en skree tot iemand se oordromme bars. Dit kan nie so aangaan nie.

Stebastiaan ·

Dis die provinsie waar ace en kaders nog die kitaar slaan. Korrupsie is die wagwoord. En hy is mos een van hulle mense!!!

Gert van Wierdapark ·

Dit sal wonderlike kan wees as die sg “stuk-werker” stuk vir stuk opgevlok of getrek kan word as wettige “straf”!

Leser ·

Liewe jong vrou.
Ek wens jou sterkte toe na hierdie nagmerrie wat oor jou pad gekom het.
Ek hoop jy herstel gou .

Ronel ·

So jammer die skoot het nie afgegaan nie.
Nog meer jammer dat die regstelsel en die polisie die vrou gefaal het. Hoop sy herstel gou. Emosioneel en fisies.

Haan ·

Ek wil nie afleidings maak nie, maar ek vermoed die slagoffer het haar geweer met n leë loop gedra. “empty chamber” of “israeli carry” soos die Engelse sê. Onder skielike skok vergeet die slagoffer dan om die wapen oor te haal en dan is dit dikwels te laat. Daar is baie video’s op youtube waar dit gebeur. Ek haal my hoed af vir hierdie dame wat haar vuurwapen by haar gedra het, maar ek vermaan elke wettige wapen eienaar om vir verdere opleiding te gaan om so vertroud as moontlik met hul wapens te wees. Baie sterkte aan die gesin

Gaitsigubib ·

Ek stem saam Haan, dis waarom ek vir my vrou ‘n 38 special gekoop het. Die nuwe pistole skiet egter ook almal self (soos n rewolwer), wanneer jy die sneller trek, so dis eintlik beter om hom te laai en dan die haan te laat sak. Van die wapens stoor egter. Ek het dit veral gesien wanneer dit nie styf vasgehou word nie, die recoil stoot dan nie die haan al die pad terug nie en met die 2de skoot stoor hy. As jy nie baie selfvertoue het nie, koop liewers n 38, dan is hy altyd gelaai en hy stoor nie. Hy doen die werk as hy binne in ‘n huis of op kort afstand gebruik word en dit skop boonop n hengse lawaai op wat n aanvaller se broek laat bewe.

Lia ·

Partykeer dink ek ek kan nie my oë glo wat ek lees nie, maar dan onthou ek….dit is ons geliefde Suid-Afrika se polisie en stelsel…….die stuk-werker weet ook hoe die SAP en ons regstelsel werk, dis hoekom hy die vermetelheid kon hê om die vlgde dag weer te gaan werk!! Glad nie bang om in hegtenis geneem te word nie……dis mos sy mense……..oooo neee……..dis baie erg.

EAN ·

Mense..jy kannie meer enige mens net toelaat om by jou te kom werk nie…AS jy nie ‘n deeglike ondersoek na werksgeskiedenis en goeie verwysings het…Asseblief ‘n GROOT NEE!!

Marlene ·

Absoluut 100% reg! Ons doen alles self. Ek en my man is albei in ons sestigs.

Gaitsigubib ·

Julle boer nie Marlene. Ek sou julle 2 met minder respek geantwoord het as dit nie vir jou ouderdom was nie. Ons probeer minder aarbeid te gebruik en te meganiseer waar ons kan. Dink julle ons stel aarbeiders aan omdat dit vir ons lekker is, of dalk omdat ons punte wil score by die ANC ? Dis nie so maklik om ongeletterde plaasaarbeid, wat nie n CV’s het, se verlede te gaan uit snuffel nie. Veral nie as jy 300 op een slag aantel nie. Ek dink julle het te veel Baasspeurder Faber gekyk toe julle jonk was.

Helen ·

Marlene Regtig? N hele plaas met diere ens alleen hardloop. Ja n huis maar n boer kannie n plaas alleen hardloop nie. Maak dit sin?

Chris ·

Die polisie gee seker ook nie om dat die verdagte terug kan gaan en sy aanranding kan gaan klaarmaak nie. Hy het dan vir haar gesê wie hy is. Die arme meisie sal nou in vrees leef, en in gevaar wees. Dis oor sulke dinge wat mens geen vertroue in die polisie het nie.

Penellope Jones ·

Alles in SA is totaal buite beheer en misdaad wen by verre.

Ekke ·

Kyk nou was ek so kwaad….ek sal maar liewers niks sê nie behalwe VERLAAT DIE LAND…DIT GAAN ERGER RAAK.

RN ·

Dis glad nie so maklik en vir almal moontlik nie. Kom met n beter oplossing tevore.

Kobie Welgemoed ·

Ek glo regtig nie dit was die regte prosedure nie. Neem stappe en dagvaar die polisie. Hulle kon DNA toetse gedoen het want hy het aan haar gevat. Ons moet nie tevrede wees met sulke optrede nie.

Michael P ·

Ai mense waar gaan hierdie land heen. Eens een van die mees beskaafde lande ter wereld en nou?????????

Mel ·

Dis vreeslike trauma wat oor en oor by haar gaan afspeel, Baie sterkte Janné,

hercu ·

as veteraan moord & roof lid is ek nou so kwaad jy kan met my sweis :-(

die huidige SAPD en regering is die grootste terroriste organisasie in die wēreld, die een slegter as die ander!!

Werner ·

Mense moet opleiding kry as hulle wapens dra dat hulle kan leer om die wapen onder stres te kan hanteer

John ·

Dis duidelik dat die vrou onveilig gevoel het vandaar dat sy ‘n wapen gedra het. Hoekom so alleen bly? Afrika is ‘n harde ongenaakbare plek. Elders in die wèreld gaan dit deesdae nie veel beter nie. Dinge gaan nie beter word nie.

Terreur ·

Hy het homself dan geidentifiseer. Bewys van die polisie se eensydigheid…

Thalia van Staden ·

Ek glo nie wat ek lees nie…net laat gaan??? Ek bid die bloed van Jesus oor daai meisies.

W ·

Mmmm…. wonder waar staan dit in die Bybel om die bloed van Jesus oor ñ mens te bid….

Karlahari ·

Mense sorg ook dat julle foto’s en kopieë van werkers sê ID’s het.
Dan kan jy dit versprei as jy die verdagte uitken en te dinges met kriminele regte. Of is dit nou mense regte?
Mense het regte. As jy n krimineel is moet jy jou regte verloor tot jy jou straf uitgedien het.
Sterkte Janné
MM, hou ons asb op hoogte met ontwikkelinge rondom die saak.

LIEZL ·

W …. dis vir beskerming. Dis nie verkeerd om onsself te herinner dat Jesus sy bloed vir ons gestort het nie. Daarom sê ons, ons pleit die bloed oor ons. Hebreërs 10v19-23

Thinus Erasmus ·

Nee wat dit is so duidelik soos daglig die Sapd is vol ongeletterde en onbevoegde lede en die bevelvoerder os seker oud MK. Hierdie blatante flater grens aan MEDEPLIGTIGHEID

W ·

Weereens puik dien SAPS……. ons kan nie op julle staat maak nie… Dit is n skande

Kokkie ·

Die uitslae van DNA-toetse vat lank, maar vingerafdrukke kon mos baie gou resultate gelewer het. Ek is baie bekommerd oor witmense se toekoms in ons land. Feitlik alles het reeds in duie gestort in ons land, en ons voorland is dieselfde chaos as in al die mislukte Afrika-lande. En almal eet koek, terwyl SA /Rome brand. Die Bokke het mos gewen……en nou is almal weer lief vir mekaar. Volstruispolitiek! Word wakker mense. Dis slegs ‘n minuut voor twaalf vir ons.

Jeremia ·

Wêreldklas polisiediens wat SA het. Dis hoekom daar só min misdaad en veral moorde is.
Die stories wat opgedis word waarom verdagtes vrygelaat word, getuig van totaal misplaaste humanisme en ander vreemde lojaliteite.

thinus erasmus ·

Ja Kokkie hierdie is baie ernstig – daar was duidelik nie eers enige oorweging gegee aan die ondersoek van die saak nie! Daar behoort deur die minister direk opgetree word en skorsings en verhore te wees. KOMAAN SAP maak ten minste asof jul aan die regte kant van gereg is!

skalla ·

Weereens, sien Malema se direkte hand hierin. Malema is ons vyand en sy rasse haat en uitsprake veroorsaak hierdie optrede teen die blankes. Maar Malema is die “held” en “verlosser” in talle se siening. Hoe langer hy vry loop en uitsprake kan maak, hoe meer blankes gaan sterf en almal in SA lei daaronder. Vat Malema vas en maak hom stil en sien hoe dinge positief verander.

Eddy ·

Daar is baie trek arbeiders deesdae.Mens kan hul net nie vertrou nie.

Se maar net ·

Elke dag wat ek maroela lees skud ek my kop net ‘n btji langer en word die benoudheid in my binneste ‘n btji groter. Mense hier kom ‘n ding ‘n VET GROOT lelike ding. die wat nog met oogklappe loop, good 4 you. Net die arrogansie om na die aanval weer op die bakkie te klim om weer te gaan werk spreek boekdele. Polisie wag seker dat hy teruggaan en haar verkrag en martel dan sal hulle optree, Ons land is in groot moeilikheid ek bly maar op my kniee en hoop God bring gou uitkoms.

Strandloper ·

Ai my hart bloeie, my bloed kook! Sterkte Meisie hoop jy kan alles verwerk en agter jou sit.

ES ·

Dan het hy nog die vermetelheid om op te daag vir werk?? Ek sal ‘n ent ry, klomp manne kry om saam my by ‘n spesifieke punt te ontmoet, en dan deel ons ook ‘n paar voushoue in die gesig uit.

As die polisie ons nie wil beskerm nie, moet ons dit self doen. En al hoe ons dit gaan regrky is om vrees in hierdie kriminele in te boor. Hulle moet weet dat as hul ‘n Afrikaner wil leed aandoen, hulle nie net deur die wet gestraf gaan word nie. Ek sal rondry en daai man soek tot ek hom kry, en dan gaan hy aan die “receiving end” wees.

lulu ·

hy het maar mos van haar vuurwapens en dollars beroof…..seker te veel moeite vir SAPD om ondersoek te gaan instel….seker nie n werkende voertuig nie, of nie een van hulle het n bestuurslisensie nie….

Jannie ·

Wat het geword van die feit dat hulle hom 48-uur kan aanhou.

Marius ·

Hy gaan weer iewers probeer en die gun gaan nie weer stoor nie

Erika ·

Hulle kon vingerafdrukke gaan neem het. Hierdie skurk sal mos teruggaan… Dankie SAPD julle horlosie is sekerlik nie dieselfde 48 uur as die res van die land nie.

Frederick ·

Ons kan niks doen nie,so lank as wat die anc regeer,sal sa vererger.weird lot sê ek.

Mariaan ·

Ons moet uit hierdie vrot land kom!!! Ongelukkig is dit nie so maklik nie…dit stink orals

Andrea ·

Elke land het probleme, maar liewe hemel, Suid-Afrika s’n is baaaaie erger as die meeste ander lande.

Karl ·

Baie belangrik om die werkers se ID’s te copy, fotos te neem, alles wat jy moontlik kan doen om te identify.

Karl ·

Toe post ek voor ek klaar was. Dit laat my bloed kook as die “mense” so aanval, dan nog die arrogansie het, om te vra of sy hom herken, dan dit vir jou te sê EN te gaan werk weer, want hy weet NIKS gaan gebeur nie.

KluKlas ·

Kan daar nie n “ongelukkie” gebeur waar die meneer werk nie?

Stan ·

Die man daag weer vir werk op? Wat sê dit vir jou? Die misdaad teen boere en veral vroue in Suid-Afrika is buite beheer. Dit walg my, dat die tipe gebeure ‘n algemene ding word en dat owerhede en die wet wat veronderstel is om mense veilig te hou ontbeer en nie meer gerespekteer word nie. Die Suid-Afrikaanse owergeid misluk om sy mense veilig te hou, en ek wonder wat die Internationale gesagfigure en gemaanskap daaromtrent gaan doen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.