Stutterheim vir eers weer kalm

Die polisie moes Woensdag bontstaan om die orde op Stutterheim te herstel. Foto: ANA

Orde is op die Oos-Kaapse dorp Stutterheim herstel nadat betogers en die polisie opnuut slaags geraak het.

Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die situasie is sedert Woensdagaand kalm, maar wetstoepassers bly op die toneel van die onluste om seker te maak hulle kan dit vinnig bedwing as dit weer opvlam.

Honderde inwoners van die township Mlungisi kon nie Woensdag hul maatskaplike uitbetalings kry nie weens gewelddadige botsings tussen die polisie en oproeriges, berig African News Agency.

Die jongste protesoptrede het vroeg Woensdagoggend opgevlam ná ʼn week lange verposing van die oorspronklike oproer, wat op 16 Oktober ontstaan het.

Betogers het voorverlede week drie munisipale geboue afgebrand, waaronder die plaaslike kliniek. Foto: Skermgreep van Twitter-video

Ontstoke jeugdiges het die protesoptrede begin omdat hulle amptenare van die Amahtlathi-munisipaliteit daarvan beskuldig dat hulle omkoopgeld en seksuele gunste in ruil vir werkgeleenthede aanvaar.

Hulle het ook aangevoer Pateka Qaba, die burgemeester, is nie ʼn inwoner van die munisipale gebied nie en beweer werk word gegee aan mense wat van buite die munisipaliteit kom.

ʼn Kliniek en geboue van die Amathole-distriksmunisipaliteit en plaaslike owerheid is afgebrand en reuseskade aan infrastruktuur aangerig.

Die dorpskliniek is een van drie geboue wat tydens gewelddadige betogings in die slag gebly het. Foto: ANA

Vandeesweek se protesoptrede het Woensdag omstreeks 04:00 begin toe betogers paaie met klippe, planke en brandende buitebande versper het. Geen voertuie kon deurkom nie aangesien net een pad Mlungisi met die dorp verbind.

Skermutselings het ontstaan toe die polisie die versperrings wou verwyder en die betogers hulle met klippe bestook het. Die polisie het met traangas en rubberkoeëls gereageer.

Die meeste sakeondernemings was Woensdag op die dorp én in die township gesluit terwyl buitelandse winkeliers bevrees was hul winkels kon weer geplunder word. Verkeersvloei op die N6, wat deur die dorp loop, is danksy die polisie se teenwoordigheid nie ontwrig nie.

Twee verdagtes is in verband met aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Twee weke gelede het die polisie 18 betogers aangekeer, onder wie twee minderjariges wat met ʼn waarskuwing vrygelaat is, terwyl die res borgtog toegestaan is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Diefie ·

Kan jy nou meer. Hoekom in die eerste plek toe gee aan die versoek, moes dadelik ‘n klag ingedien het. Nou maak hulle amok!

Willem Grobler ·

Lekker man! Brand af! Rig “reuse skade aan”. Wie gaan die goed vervang? O ja! Die belastingbetalers sal maar weer betaal. Lekker man!

Hennie ·

Al wat gaan werkbis begin met regte amunisie en los die rubber uit. As hulle n geboub afbrand moet een voudig net nie weer herbou nie en so sal hulle begin agterkom as hulle iets afbrand sit hulle sonder dit. Die staat is bang vir sy inwoners en ons eens pratige land gaan bly brand tot die onkundige geleer word!!

Se maar net ·

Ek stem saam met jou maar aan die anderkant gaan hulle weer iets anders afbrand omdat daar nou nie ‘n kliniek is nie. Dit is soos ‘n “never ending story”, hou eenvoudig net nie op nie.

Lana ·

Fantasties, brand af die kliniek. Julle het dit mos nie nodig nie.

Gert ·

Geen morele waardes nie. Bring die LATJIES terug dat die opstoker voel waaroor gaan dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.