Stuur Zuma tronk toe – Zondo

Oudpres. Jacob Zuma in die beskuldigdebank van die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Die adjunk-hoofregter van die land, Raymond Zondo, gaan as voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping onmiddellik by die Konstitusionele Hof aansoek doen dat oudpres. Jacob Zuma tronkstraf opgelê word vir minagting van die hof.

Zondo het Maandagmiddag in ’n stem wat by tye wou wegraak so aangedaan was hy, stapsgewys en geduldig uiteengesit hoe sy kommissie agteroor gebuig het om Zuma tegemoet te kom. Hy het ook verduidelik hoe Zuma deurgaans die kommissie en die regstaat openlik getart en ondermyn het met voortgesette onwettige optrede.

Zondo het verduidelik dat Zuma se versuim om Maandagoggend by die kommissie op te daag vir die aflê van getuienis, ’n regstreekse verontagsaming was van sowel ’n dagvaarding as ’n hofbevel van die Konstitusionele Hof, die hoogste hof in die land.

Bogenoemde volg op gebeure op 19 November toe Zuma wederregtelik die kommissie se verrigtinge verlaat het toe hy opdrag gegee is om getuienis te lewer, en weer in Januarie en vandag (Maandag) weggebly het nadat hy beveel is om daar te wees.

Zondo het korte mette gemaak van die Zuma-regspan se bewering dat Zuma se hangende appèl teen die hooggeregshof-beslissing dat Zondo hom nie as kommissie-voorsitter hoef te onttrek nie, beteken dat Zuma tot tyd en wyl nie hoef te verskyn nie.

Die voorsitter het uitgewys die feit dat die appèl hangende is, deel is van die regstreekse en uitgesproke getuienis waarop die Konstitusionele Hof se uitspraak, wat Zuma verplig om voor die kommissie te verskyn, berus.

Zondo het ook aan die hand van regspraak uitgewys dat niemand swygreg het by ’n kommissie nie – ook nie Zuma nie, al meen sy regspan so.

“Wat mnr. Zuma gedoen het, is baie ernstig. As hy toegelaat word om ’n dagvaarding en ’n bevel van die hoogste hof in die land te verontagsaam, beteken die beginsel van gelykheid voor die reg dat die duisende hofbevele of dagvaardings wat daaglike uitgereik word, ook deur enigeen verontagsaam kan word.

“Wetteloosheid en chaos sal noodwendig landwyd volg,” het Zondo gesê. Hy het by tye gelyk asof hy nie glo dinge het ’n punt bereik dat hy dié dinge moet uitstippel nie.

“’n Mens moet ’n dagvaarding en ’n hofbevel gehoorsaam, of jy nou daarvan hou of nie. Daar kan nie twee stelle reëls wees nie – een vir mnr. Zuma en een vir al die ander .

“Die kommissie sal dus die Konstitusionele Hof nader om mnr. Zuma skuldig te bevind aan minagting van die hof. Die wet gee aan die hof die opsie om by skuldigbevinding tronkstraf of ’n boete op te lê. Die kommissie sal die hof vra om in Zuma se geval tronkstraf op te lê,” het Zondo afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Juffrou ·

Asseblief tog nie boete nie. Wat hy waarmee moet betaal? Hy steur hom nie aan boetes. Die land wil dié slang in voetboeie sien. Asseblief tog. Én gaan ons lag!

Stefan ·

Kan nie wag nie.
Wys ons daar is nog ‘n regstelsel deur hom in die tronk te sit soos hy vooraf vir gewaarskuw is.
Rammetjie uitnek.

Gert ·

Hou duim vas dat iemand met ‘n ruggraat vir Zuma gaan toesluit. Dis nou tyd hy het ‘n vry en regverdige kans gekry om sy saak te stel

Eltan ·

Tyd sal wys of die honde nog tande het om mee te byt…
Ek hou nie my asem op nie..

Pietertjie ·

Moenie te gou opgewonde raak nie : die Grondwet hof moet nog eers die aansoek aanhoor, dan uitspraak lewer, en dan moet die opdrag “van bo af” deursyfer tot by die manne met die boeie op hulle heupe. En dan moet daar voertuie beskikbaar wees om die misdadiger te soek… Dis baie anders as om ‘n gewonde plaasaanval-slagoffer te arresteer, jy weet…

Pieter ·

Ek wil dit nog sien die land se regstelsel is soos siek soos die ANC.

Michael ·

Ek verstaan nou nie. Die hoogste hof het ‘n bevel uitgereik teen Zuma. Hy verontagsaam dit. Is die volgende stap nie nou dat die wetstoepassingsagente hom in hegtenis moet neem nie? Waarom moet die hof nou weer eers bepaal of hy skuldig is al dan nie en dan besluit watter straf toepaslik is. Hy is mos reeds skuldig deur nie te verskyn het nie. Kan ander burgers van die land ook die pad loop wanneer hulle hofbevele ignoreer. Kan iemand help asb

PH ·

Soos ek verstaan: Hy is nou reeds skuldig aan minagting van die hoogste hof. Herdie hof moet nou op sy straf besluit, tronkstraf soos Zondo gaan aanbeveel. Ek dink nie die hoogste hof gaan nou besluit of hy skuldig is of nie. Hy is skuldig. Nou moet hy gestraf word.

Manda ·

Nee, regter Zondo uitstippel gaan jy moet, want mense verstaan soos dit hulle pas, en Zumu 8s ‘n bewys hiervan.

Sarel ·

Alle eer azn Zondo hy skrik nie vir Zuma nie. Edn keer in zl die jare het hyhom.teen iemand vaxgeloop . Trek net asb
Sy Paspoort in.
Niehaus neem kennis jy ix volgende

Dries ·

Tronkstraf of boete. Belaglik . N boete is geen straf vir die tsotsi nie. Die MKvets sal dit betaal

SomeOne ·

zuma het al lankal sy hand oorspeel, hy moes lankal toegesluit gewees het
is zuma nog by nkandla of is hy ook al landuit ?

Leeuwyfie ·

Ek pop so lank my springmielies, want hier kom sports.
Sal die mense hul arms af baklei vir Z se regte? Gaan die land weer brand? Gaan daar ‘n sluipmoord wees om identiteite te beskerm? Miskien ‘n epstein-tipe? Hmm, ons sal maar moet wag en kyk wat in hierdie sepie gaan gebeur. Maar een ding is seker, die Zondo-sage gaan tot niks kom nie, daar’s net te veel hooggeplaaste vingers in die til.

marius ·

Jou komissie is so futiel soos ‘n vis wat deur die Sahara probeer swem . Een vet rook skerm .

Maggies ·

Indien die ANC aan bewind bly stel ek voor… Regter Zondo vir president. Hy is nie bang vir kader druk nie.

Rentia ·

Die hele land sekondeer… al jare lank… Vraag is egter watter regter gaan die briefie teken en wie gaan hom arresteer, wetend dat JZ letterlik al die vuil wasgoed van weet, hy was hopeloos te lank hoof van intelligensie..
Nou wag ons vir die aksie. Of gaan JZ skielik weer siek word?

SomeOne ·

met die wat hy daar in die bankie sit, ek wonder maar net, hoeveel keer het hy al vir almal daar die vinger gewys, of is sy bril nie meer skeef op sy ge……….. nie

KB ·

Zuma se uurglas het nou uitgeloop…tyd vir ‘n koue leë tronksel om gevul te word.

Casper ·

Zuma se tyd het aangebreek maar onthou julle wat het met Shabier Sheik gebeur.Dit is hoekom hy so gretig is om tronk toe te gaan,maar hy sal nog steeds vrae moet beantwoord.Hy gaan tronk toe vir minagting van die hof en nie omdat hy nie vrae wil beantwoord nie.Sy strafsaak lê ook nog voor.Uit die getuies wat tydens die kommisie teen hom ter tafel geld is gaan hy ook strafregtelik vervolg word.Sterkte ou zumpie jy gaan dit nodig kry.

Juffrou ·

Ja voetboeie is wat ons wil sien.
Trek sy paspoort terug. Ontneem hom van al sy voorregte én voordele wat ons duisende kos. Hy verdien niks.

Kombiman ·

Is daar nie eers een foto van hom wat sy masker reg dra nie! altyd onder die neus!

SwartBees ·

hoe jou masker gedra word wys ook hoe jou onder broek gedra word.

Wondermaarnet ·

Hy sal seker ‘n R500 boete opgelê word deur die kaders sodat hy nie in die tjoekie beland nie.

Stella ·

Stuur di skelm tronk tu..hys n gewone inwoner vd land..sluit hom tu..en gooi di sleutels weg..hy en di Guptas het ons land geruïneer..

Genis ·

Spieetjie, Spieetjie aan die wand wie is die mees wets ontduikende in die land? ….. Ek hoop werklik hy loop sy riemme stuif… Hy en al sy Kaders moet volg….

Dirk Mostert ·

As sy volgelinge fisies probeer verhinder dat hy in hegtenis geneem word, sal dit neerkom op opstand of rebellie teen die regering. Ons het nou ‘n president met ruggraat nodig.

Termiet ·

As hy nie toe gesluit word nie sal ek ook weier om in ‘n hof te verskyn as ek gedagvaar word. Voetsek anc

Samuel ·

Dat Zuma in die tronk hoort, is ‘n gegewe. Persoonlik glo ek nie sy inhegtenisname sal sommer geskied nie want die ANC beskerm hom. Die SP beskerm hom. Al die politieke geraas help ook nie juis nie. Ons woon mos in Suid-Afrika.

Duck ·

Zumster gaan niks oorkom nie, jul verlekker jul verniet.
Viva Zuma
laat loop!
Maak hom sommer weer prez volgende keer.
Lekker man!
Lekker…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.