Styging in brandstof-, kragpryse ‘ondenkbaar’

(Foto: Maroela Media)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne en energie het sy diepe kommer te kenne gegee oor die styging in brandstofpryse wat boonop kort op die hakke van ʼn styging in kragpryse volg.

Die prys van petrol is in hierdie stadium meer as R17 per liter, die hoogste nóg in Suid-Afrika. Diesel se groothandelprys is tans meer as R14 per liter.

Ingevolge ʼn voorgestelde riglyn kan munisipaliteite vanaf 1 Julie hul kragpryse met meer as 14% verhoog.

Dit is veral die negatiewe sosio-ekonomiese uitwerking op die inkomste van talle Suid-Afrikaners wat reeds noustrop trek, wat ʼn kwelling is.

“Die stygings is ondenkbaar, gegewe die feit dat dit in werking gestel word terwyl die land steeds steier onder die verwoestende sosio-ekonomiese terugslae wat die Covid-19-pandemie veroorsaak het,” sê Sahlulele Luzipo, komiteevoorsitter.

Luzipo sê die stygings gaan armes en die werkersklas veral swaar tref omdat dit húlle is wat die spit moet afbyt wanneer pryse van kos en vervoer styg.

“Die uitwerking van hierdie stygings gaan onhoudbaar in arm gemeenskappe wees omdat die meeste mense daar staatmaak op openbare vervoer vir toegang tot gesondheidsdienste. Die taxibedryf verhoog dikwels sy pryse indien daar ʼn styging in brandstofpryse is.”

Hy het ʼn beroep op alle bedrywe, insluitende die myn- en vervoerbedryf – asook diegene wat snel bewegende verbruikersgoedere verkoop – om nie pryse te verhoog nie omdat dit ʼn selfs groter las op die werkersklas en armes gaan plaas.

Hy het ook werkgewers gevra om nie afleggings te gebruik om ʼn moontlike styging in bedryfskoste te probeer teenwerk nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

Ek mag nie my pryse verhoog nie maar moet meer betaal vir vervoer en elektrisiteit. Nou hoe dink hulle ek moet oorleef of is dit nou maar goed as ek onderdeur is

Riana ·

Ja nee en Taxi drywers melk die mense as sê SANTACO huule gaan nie fairs increase nie… hulle drywers doen. Fame wat ons help in Huis betaal R50 ‘n dag om 15 Km te ry en word verplig om 2 taxis te vat … oor hulle by ons straat verby ry na Taxi rank waar sy op ander taxi moet klim terug na ons area… hulle rip hulle ouma’s en oupa’s af… voel vere vir hulle eie mense…

Bart-Man ·

Betaal jy of Fame haar taxi. Vra maar net want hier waar ek bly moet ons hulle” transport” betaal.

Fluisterwind ·

En my werkgewer gee toe vir my ‘n briefie wat lees: “Given the continued economic climate and
business uncertainty among some of our large and key contracts/customers, we have
decided to temporarily postpone employee increases for all employees…”

koos10 ·

Hoe kry die komitee dit reg om, nadat alle verhoogings reeds goedgekeur en/of geiplimenteer is, hulle monde daaroor te spoel. Ek is miskien stupid, maar hulle het mos die mag om die ministers te vra om voor die komitees te verskyn, en kom te verduidelik.
Luzipo, dis jou eie party wat daarvoor verantwoordelik is, indien jy vergeet het!!

Francois ·

Die wet van Transvaal geld mos nou al vir baie jare. Solank die regering jou kan melk, sal hulle, Die regeerders voel in elk geval vere vir die breë publiek.

SomeOne ·

“Die taxibedryf verhoog dikwels sy pryse indien daar ʼn styging in brandstofpryse is.”, en hulle betaal geen belasting nie, so onregverdig

Blikkies ·

Dit is om van siek te word. Ek en die vrou werk klaar net om te leef! Ek en my vrou het nie eers afhanklikes nie, en ons twee sukkel klaar, so ons weet nie waar ons tweetjies gaan opeindig met al die verhogings nie.

Yolandie ·

Die Elites in die land voel nie die impak vd bg wanneer petrol pryse styg, kos pryse opgaan nie, wamt hulle lewe op ‘n heel adner vlak. En daarom het hulle absoluut geen empatie met die werkersklas in die land nie……want hulle word elkgeval betaal om te sit en niks doen nie. En die groot plus is hoe hulle ons staatkas plunder afgesien vd reuse salarisse wat hulle verdien. Dit gaan lekker in SA. Viva!!!!!

Hoekom ·

Kerslig en donkie karre is ons voorland. Soos dit ‘n derde wereld land met ‘n korrupte regering betaam…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.