Suid-Afrikaanse motoriste gaan reeds Woensdag die impak van die voortslepende onrus in Oekraïne aan hul sak voel wanneer die brandstofprys skerp styg.
Die Sentrale Energiefonds het Saterdag aangekondig dat 93-oktaan‑ en 95-oktaan-petrol vanaf eerskomende Woensdag met R1,46 per liter sal styg.
Die prys van diesel sal met tussen R1,44 en R1,48 per liter styg, terwyl die prys van paraffien met R1,21 verhoog word.
Die styging in ruoliepryse word toegeskryf aan die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk se onlangse sanksies teen Rusland.
Maroela Media het vroeër berig die krisis in Oekraïne het die prys van olie Donderdag verder opgestoot. Die prys het in ʼn stadium tot meer as $105 per vat gestyg.
Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, meen stygings in ruoliepryse kon veel hoër gewees het as die rand nie vroeër vandeesmaand verstewig het nie.
Lees al Maroela Media se berigte oor die situasie in Oekraïne hier.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Is daar dalk iemand wat wil deel met ‘n donkie kar? ek bly aan die Oosrand .