Styging in brandstofprys verwag

fuel-price-increaseNá twee maande van dalings, is daar weer hoër brandstofpryse vir Suid-Afrikaners op pad.

Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê die vooruitsig is tans dat die prys van petrol op Woensdag 2 Julie met sowat 30c per liter sal styg, terwyl die groothandelprys van ʼn liter diesel sowat 14c hoër sal wees.

Die finale aankondiging sal, soos gewoonlik, Vrydag laatmiddag deur die departement van energie gedoen word. Hierdie pryse sal slegs enkele sente laer wees as die historiese hoogtepunte wat in April vanjaar behaal is.

Joubert sê die hoofrede vir die styging is die swakker gemiddelde wisselkoers van die rand teenoor die Amerikaanse dollar van sowat R10,70 gedurende Junie teenoor die ietwat sterker koers van sowat R10,40 wat in Mei gegeld het.

Die internasionale pryse van petroleumprodukte was ook gemiddeld gedurende Junie ietwat hoër as gedurende Mei, hoofsaaklik weens die onsekerheid oor olievoorsiening op die markte weens die onrus in Irak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

estelle ·

wow wat het ons verwag! die verkiesing is verby! nou is dit k.k en betaal!

Jasper ·

En in Arabië kos n liter petrol minder as n 600ml gebottelde water. In randwaarde, ongeveer R1-26 per liter.

Paul ·

Omdat hul regering dit subsidieer – ‘n onvolhoubare, kunsmatige, skadelike praktyk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.