Styging in brandstofpryse ‘katastrofies’, sê AA

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Die ongekende brandstofverhogings wat in Oktober wink sal katastrofies wees vir motoriste.

Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) wys data van die Sentrale Energiefonds dat petrol na verwagting met R1,01 per liter sal styg, diesel met tot R1,24 per liter en paraffien met R1,05.

“Die stygings sal katastrofies wees vir motoriste. Dit is die grootste stygings in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootste oorsaak is die land se chaotiese ekonomiese beleid wat ons weerloos laat teen stygings in internasionale oliepryse.”

Volgens die AA kan die impak wat die stygings op die ekonomie sal hê druk plaas op pres. Cyril Ramaphosa se stimuluspakket wat onlangs aangekondig is.

“Ons skat dat hierdie verhoging ʼn verdere R2,5 miljard per maand in vervoerkoste uit die reeds sukkelende ekonomie sal onttrek. Die koste van sake doen sal ook styg en verbruikers se besteebare inkomste sal krimp. Ons glo nie dat die ekonomie betekenisvol sal groei onder dié omstandighede nie.”

Indien dié stygings realiseer sal 95-oktaan tot meer as R17 per liter in die binneland styg en 93-oktaan tot net minder as R17 per liter. Die prys van 95-oktaan was R14,42 in Januarie.

Jeff Radebe, minister van energie, het aan die begin van die maand aangekondig die prys van petrol sal in September met 4,9c per liter styg. Dit was ʼn eenmalige subsidie en die eerste keer sedert 1990 dat die regering in die brandstofprys ingegryp het.

Radebe het in sy verklaring gesê die regering sal die grootste deel van dié verhoging absorbeer. “Ondanks die feit dat die verhoging hoofsaaklik deur internasionale faktore veroorsaak word, het die departement besluit om vandeesmaand tydelik in te gryp. Dit is ʼn eenmalige tydelike ingryping om ʼn bietjie verligting vir motoriste te verseker.”

Die 4,9c per liter sal aangewend word vir jaarlikse salarisaanpassings vir pompjoggies, kassiere en ander administratiewe personeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Wanda ·

Hulle is heeltemal mal. Gelukkig bly ons naby botswana grens ek gaan gooi daarin.

jaco ·

wat ek nie verstaan nie, is dat daar net optogte en opstande teen swak diensliewering is. Daar is NOOIT optogte en opstande op dieselfde skaal teen gedurige vehoging van die petrolprys nie.

Elize ·

Die groot meerderheid van hoë staatsamptenare kry subsidie vir brandstof en is dit hoekom hulle nie ‘n flenter omgee vir die man in die straat nie. Optogte sal nie gehou word nie want die taxi’s kry ook subsidie van die staat af. Al die pendelaars moet maar die verhoging aanvaar en so word almal ryker behalwe ons wat die pond vleis moet betaal vir ‘n regering wat totaal gefaal het en net sê “we want more and more” en SAL julle betaal want die eindlose put sal en kan nie gevul word nie!

Nixy ·

Beste Jaco

En sou jy deelneem aan betogings teen brandstofpryse as dit sou gebeur? Black Monday was die enigste “betoging”wat ek ooit in my 55 jaar gesien het wat die Afrikaner saam gestaan het….. ons staan op die kantlyn en kyk hoe die ander betoog teen wat hulle pla….. ons nie…. ek is ook skuldig!

Sieg ·

Vat meer plase, voeter die ekonomie verder op julle soek dit mos. Begin sommer môre met besighede vat hulle ook. Julle soek mos die petrol pryse by R50/lieter.

Sieg ·

Geen mens sal in so n ekonomie belê nie, julle moet mal wees. Hierdie is maar net die begin.

Rian ·

Hoekom daar nie betoog word teen brandstof pryse nie is omdat taxi eienaars subsidie kry vanaf die staat.dit is tyd dat ons vir n week lank alle paaie versper en almal verhoed om by die werk en bestemmings uit tekom.dit sal n groot letsel op die ekonomie en besighede hê dan sal almal miskien begin saam staan.

Dries ·

Ek onthou soos gister, di betoging van taxi’s in oud Pres de Klerk se tyd – di rede: 7c per Liter verhoging!
Maar, hoe hoër di prys hoe meer belasting kan ge-oes word…

Elize ·

@ Anoniem. Waar bly jy – op Mars? Lyk my ek en Rian weet iets wat jy nie weet nie

Celtis Africana ·

” Die grootste oorsaak is die land se chaotiese ekonomiese beleid wat ons weerloos laat teen teen stygings in internasionale prys. ”
Die AA sê dit, Dawie Root sê dit, die kredietgraderings agentskappe sê dit, Mcebisi Jonas sê dit… en ons minderheid, sê dit al lankal!

Christo ·

Was dalk baie skelm slim van hulle om September se verhoging so laag te hou. September is die 3e maand van die 3e kwartaal. Het hulle daarmee gepoog om die negatiewe groei van die eerste twee kwartale beter te laat lyk in die derde kwartaal?

AgAsseblief ·

Katastrofies vir motoriste, nee wat ek dink nie so nie. Dit gaan ‘n helse styging in pryse van ALLE produkte en dienste beteken. En as ek kyk na die duur motors wat die rykes ry, pla dit hulle min, die nuwe motors ry maklik amper 1000km op ‘n tenk. Die elite gaan nie geraak word nie. En elke tweede ou in Gauteng ry ‘n ” double cab ” so hulle kan die petrol nekostig. Wie wel gaan spit afbyt is klein tot medium grote besighede. Minder werksgeleenthede, en hoekom moet ek ‘n huishulp hê, of ‘n tuinier, hulle is die eerste wat sal waai. Dalk moes hulle maar die olie in die Karoo gaan ontgin het.

David ·

Jammer om vir jou slegte nuus te gee, maar ‘n groot lawavloei miljoene jare gelede het al die olie en gas in die karoo weggekook. Shell het gevolglik ook nie onginbare hoeveelhede skaliegas gekry nie.

Ons is aangewese op Steenkool, ‘n bietjie gas in die see en ingevoerde olie.

Met die swak wisselkoers gaan die prys van brandstowwe nie afkom nie en ons gaan almal baie swaarder trek, veral die armes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.