Styging in brandstofpryse verwag

petrolpomp 2

Argieffoto.

Die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) verwag dat brandstofpryse volgende maand weer sal styg.

“Die rand/dollar-wisselkoers het effens verstewig sedert die begin van Januarie 2017, maar internasionale oliepryse het met ʼn veel groter marge gestyg,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA verwag dat petrol met sowat 44c per liter sal styg, diesel met 37c per liter en paraffien met 31c per liter. “Daar is altyd hoop dat die skerp styging in internasionale oliepryse nie sal voortduur nie, maar dit lyk onwaarskynlik. Suid-Afrikaners moet daaraan dink om onnodige uitgawes te besnoei om hulle te staal vir ʼn reeks brandstofprysverhogings wat waarskynlik lyk op medium termyn,” het die AA gesê.

Die prys van 93-oktaan het op 4 Januarie met 50c per liter gestyg en 95-oktaan met 48c per liter. Die prys van diesel het met 39c per liter gestyg en paraffien met 43c per liter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

soltykat ·

Eers petrol verhoog. En dan di kos en vleis. Dan word di taxi gelde verhoog. En 2 mense wat by my werk kom staan bak hand. Maar my salaris bly dieselfde. Argh.

Jan maak n plan ·

8 Januarie se partytjie moet seker betaal word ne.

snoefie ·

uhmnm dan word elektrisiteit verhoog. dan gaan kospryse al weer op. koei gekry en hulle sal aanhou melk.

Marcel ·

Iemand is besig om ons vir ‘n ride te vat. Op 4 Januarie was die olieprys in rand R767.65 toe die petrol met 40 sent op gegaan het. Vandag is die olieprys in rand R754.22 en hulle wil dit weer opsit. Die gemiddelde prys van olie in rand vir Januarie is R761.85 wat steeds laer is as toe hulle die prys opgesit het, so waar kom die verhoging dan vandaan? Maar niemand kan mos stry teen dit nie, ons moet net aanvaar en betaal. Ek sê al lankal iemand is besig om geld te maak uit die petrol uit en vir die laaste jaar gaan dit al so, net verhogins sonder werklike stygings in die olieprys of wisselkoers.

Jaques ·

Marcel,
Jy vat met jou geskrewe die “ink uit my pen”. Sit en lees die berig en dink aan die presiese selfde ding. Ek hou al rekord van die ru-olie prys vs die rand al vir meer as twee jaar, en dit maak ook nie vir my sin nie. Soos jy tereg noem, die gemiddelde prys is laer sover vir Feb as wat dit einde Jan was met die vorige verhoging.

Jacobus ·

Wel met n slaag suifer van 20% vir wiskunde kan ek dit verstaan…

Esna Brand ·

Sjoe waar gaan dit eindig? Mens kan ook nie eers meer soos vroeër sê die voertuig moet op water loop nie, want die is al net so skaars en duur

Scalla ·

Die slaagsyfer van wiskunde weerspieel die berekeninge, en hul is trots daarop. Wat n grap.

Moedeloos ·

Ai!!…sug!…..sal ma i skoeter moet koop!…dit help ni om te kerm nie!…Plan moet ek maak!..

willem ·

kan nie se ons moet maar begin fiets ry nie want daar is padvarke ook op die pad so kom ons probeer maar donkie karre

willem ·

ek wonder toe daar gese is die groot menere moet werkskepping doen of daar n pos geskep is vir sekere mense wat elke dag heeldag net sit en besluit hoe om die armes nog meer tevertrap???
eskom gaan krag af sit so plan B is n krag opweker maar dit gebruik brandstof so kom ons stoot die prys vir dit ook op
MAAK NIE SAAK WAT GEBEUR NIE JY BLY MIKE TANGO

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.