Styging in repokoers kan strop nóg stywer laat trek

skuldʼn Vierde agtereenvolgende styging in die repokoers sal die strop om die keel van verbruikers net nóg stywer trek.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank besluit Donderdag oor rentekoerse, maar ekonome is optimisties dat die bank die repokoers vir eers onveranderd sal hou. Die Reserwebank het in Maart die repokoers met 25 basispunte laat styg tot 7% en die prima koers tot 10,5%.

Ian Wason, uitvoerende hoof van DebtBusters, het gesê indien die repokoers weer styg sal dit van groot kommer wees vir verbruikers te midde van ʼn styging in voedsel-, elektrisiteit- en brandstofpryse.

“Ons weet dit is noodsaaklik om inflasie te bekamp, maar ʼn styging in die repokoers sal die verbruikers, wat reeds diep in die skuld is, die seerste maak. Ons is bevrees verbruikers word reeds te veel gedruk.”

Volgens Wason is daar meer as 10 miljoen Suid-Afrikaners wat agterstallig is met hul skuldterugbetalings. “Suid-Afrikaners is R1,64 biljoen in die skuld en vind dit baie moeilik om daaruit te kom. Dit is mense tussen 31 en 45 jaar oud wat gesamentlik verantwoordelik is vir 53% van alle uitstaande skuld.”

Volgens die jongste statistieke van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) sukkel 54% van kredietaktiewe Suid-Afrikaners om maandeliks en op tyd hul skuld te betaal.

“Verbruikers met motorskuld, huisverbande, klererekeninge en kredietkaartskuld gaan dit die meeste voel,” het Wason gesê met verwysing na die moontlikheid van ʼn styging in die repokoers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

Ryno ·

1.6 biljoen is niks teenoor Mr Zuma se nuwe vliegtuig!!! amer 2.5 keer meer

Knapie ·

Ryno, ek glo Zuma se vlieftuig is 4 miljard ( Engels: R4 billion). Skuld is R1.6 biljoen ( Engels: R1.6 trillion). Baaaiiieeeee meer skuld. Dit is nou nie dat ek wil opkom vir die ou nie…

John ·

Wil iemand wat slim is vir ons asb verduidelik hoe inflasie gekeer word deur die rentekoerse te verhoop.Wanneer die rentekoerse opgaan betaal mense meer op hul huislenings-, motorkoop-transaksies, studielenings en ander lenings. Gewone mense met skuld wat juis leen omdat hul nie uitkom met hul geld nie (soms wel ondeurdagte skuld) betaal ook meer so hulle skuldvlakke word nog meer. Al bogenoemde skuld is kontrakte waaruit mense nie kan kom nie. So hulle sit. In die tussentyd styg allerhande ander uitgawes ook soos krag en water. Dis net die rykes met ‘n paar hoenders in die bank en natuurlik die bankbase wat glimlag. Ons hou aan om net beleggers vir ons banke te soek, terwyl die ander terreine troebel bly. Winkeliers en die landbou tjop ook af want mense kan nie baie koop nie, sodoende moet die’ in die voedselketting ook begin leen om kop bo water te hou, Flous ons die gradeerders deur gierige ryk banke en ‘n paar ooms se goue kieries aan hul voor te hou, terwyl die inwoners reeds aan stukkies van hul ou leerskoene begin kou. Verskaf aan ons al die name en lande van afkoms van die bankbase, asb.

Grassie ·

John – die meeste van die ou ooms met die goue kieries waarvan jy praat is mense wat ‘n leeftyd lank hul finansies verstandig bestuur en ‘n neseier opgebou het om op hul oudag selfversorgend te wees. Toe die rentekoers ‘n klompie jare gelede drasties verminder het, het hulle begin noustrop trek om op die laer rente-inkomste te oorleef. Die hoër rentekoers gaan vir hulle ‘n bietjie welverdiende verligting bring.
Baie mense het weens omstandighede buite hul beheer, soos werkverlies en diskriminasie teen blankes, in finansiële verknorsing beland en stygende rentekoerse gaan hulle nog swaarder laat kry, maar vele meer het, toe die rentekoers geval het, die laer paaiemente gebruik om blinker motors, duurder huise en ander luukshede op skuld te koop en niks daarvan gespaar nie. Die banke en ander besighede het ook die mense aangepor om skuld te maak, want die terugbetalings is mos nou laer.Hoe dit ookal sy, dit is nie nodig om smalend na “ooms met goue kieries” te verwys nie want hulle is selfversorgend en nie ‘n las vir enjgeen of die gemeenskap nie.

christo ·

Ai kan Mr Zuma ons nie daar help nie dan is almal se cashflow weer up to date.

johann cb ·

Baie dankie vir jou positiewe inset Grassie. Daar is baie van ons wat ‘n leeftyd baie hard gewerk het om daai blink motor kontant te betaal. Goeie voorsorg, swaarkry en nog steeds spaar is die antwoord. Ons sal móét leer om verantwoordelik met ons eie finansies op te tree. Anders gaan die donker tye net vererger.

vermeende ·

Geen probleem, “ons” strike en demand net meer………..sien, problem solved!

John ·

Bejaardes het spaargeld omdat hulle onder die vorige bedeling nog kon werk en spaar en goeie mediese fondse gehad het. Hulle kon met goeie pensioengeld of pakette aftree. Baie van hierdie vorige geslag het nou goeie beleggings en verskaf ‘n goeie inkomste aan konsultante en betaal ook nog iets aan die koning. Hierdie bejaardes bly in sekuriteitskomplekke nadat hulle hul eie woonhuise kon verkoop of verhuur. Hul medies en beleggings laat privaat mediese hospitale lekker tap uit die vorige bedeling se goeie beplanning/sorg. Die armer bejaardes trek noustrop veral diegene wat by staatsorganisasies gewerk het wat nou nie hul woord gestand doen nie. Die welaf bejaardes is vrolik wanneer hulle en die banke wen met rentekoersverhogings, maar ongelukkig het hierdie gouekierie-ooms en -tannies nie ‘n benul hoe die jonger geslag sukkel om kop bo water te hou nie. Dis lekker om die dooie roosknoppe in die tuin in die verbyloop af te knikker met daai kierie, maar die’ ooms weet niks van die pyn en stryd van die jonger geslag nie. “Hulle moet meer spaar,” is die woorde van bankbase, finansiele konsultante en ou ooms met goue kieries…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.