Subaru herroep voertuie oor lugsakke

Argieffoto (Subaru Forester 2012)

Subaru SA het aangekondig dat hy ʼn paar Subaru-modelle, wat tussen 2004 en 2014 in Suid-Afrika vervaardig en verkoop is, moet herroep.

Dit volg ná ʼn aankondiging in 2016 van die maatskappy dat Subaru Impreza en WRX-modelle uit 2004 – 2007 herroep word vir foutiewe of moontlik foutiewe Takata-lugsakmodules.

“Subaru SA moet nóg ʼn paar modelle herroep wat tussen 2004 en 2014 in Suid-Afrika vervaardig en verkoop is. Altesaam 2 098 voertuie is in hierdie tydperk in Suid-Afrika aangekoop. Die besluit om die voertuie te herroep, is deel van ʼn wêreldwye versoek wat verskeie motorvervaardigers raak,” het Deon van Heerden, tegniese bestuurder by Subaru SA, gesê.

“Subaru SA moedig klante aan om seker te maak dat hul voertuie ondersoek word, alhoewel daar nog nie enige berigte van voorvalle in Suid-Afrika was nie,” het hy bygevoeg.

Die probleem raak slegs die voorste passasiersitplek se lugsak en nie enige ander lugsakke in die Subaru-voertuie, of voertuie wat met ʼn Takata-pomp toegerus is nie.

Die voertuie wat herroep word, is die volgende:

  • 2004 – 2011 Subaru WRX
  • 2004 – 2011 Subaru Impreza
  • 2009 – 2012 Subaru Forester
  • 2005 – 2014 Subaru Legacy
  • 2005 – 2014 Subaru Outback
  • 2005 – 2011 Subaru Tribeca

Wat moet jy doen?
* Besoek Subaru SA se webwerf vir meer inligting
* Sleutel jou VIN-nommer in die spasie in om te sien of jou voertuig herroep word
* Indien jou voertuig geraak word, sal jy verwys word na ʼn vorm waar jy jou kontakbesonderhede kan invul en kan aandui waar jou voorkeurhandelaar geleë is, waarna Subaru met jou kontak sal maak om ʼn afspraak te reël

Indien jy enige navrae het, stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kenneth Christopher Moore ·

Waar in SA word die Subaru vervaardig ?? ( X 2 in die berig )

Riaan ·

Nog nooit gehoor van enige Subarus wat in S.A. vervaardig word nie

Lientjie ·

Hulle is deel van Toyota en was seker maar in die Durban aangeleg gedoen.

Gerhard ·

Subaru is nie deel van Toyota nie. Toyota besit slegs 8.7% van Fuji Heavy Industries, wat Subaru besit. Volgens die inligting wat ek het bou Subaru nie motors in SA nie, net Japan en die VSA.

Arctic ·

Wat ‘n belediging vir Subaru dat iemand (Lientjie) dink hulle behoort aan Toyota! Subaru word inderdaad NIE in SA vervaardig nie, maar deur Fuji Heavy Industries, soos elders gemeld.

Outback 2010 ·

Ons besit 2 Subaru’s waarvan een her-roep is en is huidiglik by Subaru JHB. Nog altyd goeie diens van hulle ontvang. Waarlik deel van die Subaru familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.