Subkontrakteurs vertraag glo Covid-19-projek by hospitaal

(Argieffoto ter illustrasie: Adhy Savala/Unsplash)

Die DA het die skuld vir vertragings aan bouwerk by die Bronkhorstspruit-hospitaal op “gulsige subkontrakteurs” gepak.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê dié subkontrakteurs en ʼn plaaslike ANC-raadslid striem pogings om die 150 nuwe beddens by die hospitaal aan te bring om die styging in Covid-19-gevalle te help hanteer.

Volgens DA-wyksraadslid Bronwynn Engelbrecht moes bouwerk vir die bykomende beddens al teen 15 Desember afgehandel gewees het. Subkontrakteurs het glo opgehou werk en meer geld geëis om die werk te voltooi.

“Dit blyk dat hulle die geld aan duur motors bestee het.”

Engelbrecht is ook ingelig dat ʼn plaaslike ANC-raadslid die oponthoude aanmoedig. Volgens die DA plaas dit druk op BMW, wat die projek as ʼn maatskaplike verantwoordelikheidsprojek finansier.

Bloom sê volgens Gautengse premier David Makhura sal die werk teen die einde van die maand afgehandel wees, maar “dit lyk onwaarskynlik”.

Bloom sê verdere vertragings kan verwag word om personeel beskikbaar te stel en die beddens toe te rus.

Die DA sê daar moet gevra word hoekom die ekstra beddens beskikbaar gestel word ver weg van Tshwane se dig bevolkte gebiede waar die behoefte die grootste is.

“Bykomende beddens by die Mamelodi- en Kalafong-hospitaal sou meer gehelp het om die druk op die Steve Biko- akademiese hospitaal te verlig, waar Covid-19-pasiënte nou in tente in die parkeergebied behandel word,” sê Bloom.

“En waar is die veldhospitaal in Rosslyn wat Makhura in Mei verlede jaar met die hulp van Nissan en BMW beloof het?”

Bloom sê dít is net nog ʼn voorbeeld van swak beplanning en mislukte inwerkingstelling van hospitaalprojekte wat dringend nodig is om lewens tydens die Covid-19-pandemie te red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Die Wolf ·

Ou laai van hulle. Kan my niks vertel van hulle truuks nie. My raad aan BMW, skort die projek op.

Jakes ·

Dink dit is tyd dat “big business ” tot die besef kom dat hulle deel is van die probleem. Stop bee en hou op om skenkings aan die onbevoegde ANC te gee.
As jy die geld stop stop jy die diefstal.

Jaco ·

Die hele Corona ding is net nóg ‘n manier om in te cash. Mark my words: met die vervaardiging en verspreiding van entstof teen Corona gaan die korrupsiegeld éérs vloei.

Bernard ·

Eerder kriminele gierigheid as nalatigheid, doelbewuste sabotasie.

Pieter ·

Weet nie hoekom kla mense so nie stem weer vir die siek ANC. Julle het nie ore nie maar mense bly stem vir die ANC sirkus

Nie Verbaas ·

Die hele wereld is al bewus van die tekortkoming aan intilligente denke van die ANC. Wat het BMW en Nissan gedink toe hulle hulp aan onbeholpe ANC aangebied het?

James ·

Alweer n way gekry om die pap te skep…… my vraag is die ramp word gesien as n Nationale Ramp…..so waar is ons vermag se mediese diens? Ek self is in die nood dienste en sien en sukkel elke lewe dag om beddens vir ernstige patiente te kry. Volgense ons opleidening en “die ou man” van die SA Weermag se mediese diens (Doktors, Ops medics en so aan) moes die lewe weermag al die opdraag gekry het om maande treug te begin tydlike veldt hospitale op te sit. Die weermag “SAMS” moes al beheer gevat het van al die hotspot areas se hospitale insluitend private en n ramp beplanning volgens die hoeveelheid personeel, toerustig en beddens gedoen het. Mense laat ek jou vertel dit is glad nie lekker om met n patient wat baie ernstig is vir 8 ure buite n hospitaal te sit en wag vir n bed of om by n hospitaal aan te kom en vertel te word sorry ons kan jou nie help nie ons ongevalle beddens en saal beddens is almal vol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.