Substasie-brand: Krag in sekere dele herstel

Foto: ANA.

Die elektrisiteitstoevoer na Kibler Park in Johannesburg is Maandagaand herstel ná ʼn reusebrand wat die middag by ʼn substasie in Eikenhof in die suide van die stad uitgebreek het.

City Power het in ʼn verklaring gesê die buurte wat steeds sonder krag gelaat is sluit in Naturena, Alveda Park, Southfork en Loughrin. Kragtoevoer na die Rand-waterraad en Joburg Water is ook glo ook nog nie herstel nie.

Tegnici sou deur die nag op die toneel besig wees in ʼn poging om die beskadigde infrastruktuur te herstel.

City Power het vroeër Maandagaand gewaarsku dat watertoevoer na sekere dele van Gauteng en Noordwes beïnvloed kan word as gevolg van die brand. Rand Water is volledig afhanklik van dié substasie vir kragvoorsiening.

Maroela Media het vroeër berig Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê die brand het veroorsaak dat kragtoevoer na Naturena, Kibler Park, Alveda Park, Glenvista, Eikenhof en Loughrin onderbreek is. Die Johannesburg-gevangenis is ook deur die kragonderbreking geraak.

Lerato Setshedi, City Power se uitvoerende hoof, het Maandagaand en vroeg Dinsdagoggend die opruimoperasie by dié substasie gelei.

“Ons het al ons spanne hier op die toneel om te verseker dat hierdie kwessie so gou menslik moontlik opgelos word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Diefie, jy bid verkeerd. Probeer weer: Liewe Vader, help asb die mense wat hierdie land in die toestand gekry het wat hy is, om te besef wat hulle gedoen het, en motiveer hulle om ruggraat te wys en dit reg te stel. U, Vader, het hierdie land aan ons voor-ouers gegee…..maar nie sonder hulle bloed, sweet en trane nie……….en ons het dit skandelik gaan staan en weggee, en nou is ons jammer.

Gemaskerde Sopbeen ·

Miskien kan MM vir ons hierdie vraag opvolg: Terwyl daar geen elektrisiteit in my woonbuurt was nie omdat ‘n substasie ook aan die brand geslaan het, kon daar verskeie groot kragopwekkers op strategiese punte geplaas word (daar was een in my straat) wat aan die netwerk gekoppel is, en ons het elektrisiteit gehad. Nou gebeur dieselfde en niemand het water nie? Hoekom kan daar nie 10 of 20 kragopwekkers reg langs die pompstasie geplaas word om te seker te maak die mense het water nie? Nou sukkel skole, tronke, hospitale, industrie en huishoudings sonder water……terwyl die problem elektrisiteitsvoorsiening is? As mens die lys van woonbuurte lees wat binnekort sonder water gaan wees…..is die strategiese plasing van watertenkers nie die oplossing nie…..kragvoorsiening aan die pompstasie is!!!

Gerhard ·

Gemaskerde sopbeen,

dis ongelukkig nie so maklik,as om net ‘n klomp generators langs die pad neer te sit nie,daar is meer as dit nodig om meer as een generator op dielfde netwerk te koppel

Theresa B ·

Ja Diefie, ons kan maar net bid. Dis nogal opvallend dat die substasies nou skielik almal brand. Wens hulle wil ophou om vir almal te vertel, dit was ‘n kortsluiting of agv ouderdom (drade) en sulke snert. Almal weet wat aan die gang is. Dat daar ook GEEN oplossings gevind word vir kabel-diefstal nie gaan ook my verstand te bowe. Dit hou net aan en aan en aan. Almal sit vir dae sonder krag en water (maar betaal steeds elke maand die rekenings). Wens hierdie klomp wat so stywe nek sit en hulle groot salarisse kry, wil bykom en hul oë oopmaak.

Hansie ·

Ek lees nie die rede vir die brand nie, waarskynlik as gevolg van geen onderhoud, wat BAIE belangrik op transformators is

Gemaskerde Sopbeen ·

Hansie, kyk na die foto’s. Dit is ‘n “olie vuur” wat so brand…..en olie word gebruik om die transformators te verkoel. As die olie nie gereeld vervang word nie, breek dit af en kan aan die brand raak…..en dis presies wat jy hier sien. Hierdie is niks anders as “geen onderhoud” nie, want die begroting is êrens anders aangewend….soos bv. prestasie bonusse.

C ·

Hansie agv geen onderhoud? Ek betwyfel dit ten sterkste. En so word alles in hierdie eens mooi land van ons afgebrand of afgebreek.

Gemaskerde Sopbeen ·

Tydens ‘n brand by ons naaste sub-stasie is daar groot kragopwekkers op strategiese punte in ons woonbuurt aan die netwerk gekoppel………en het die hele woonbuurt elektrisiteit gehad. Behoort hierdie kragopwekkers nie nou gebruik te word by die pompstasie sodat Rand Water kan water verskaf nie? Hoekom is die hele Johannesburg en omstreke se watervoorsiening afhanklik van EEN sub-stasie? Waar is die gebeurlikheidsbeplanning? Hier is iets anders aan die gang……

Bongani ·

Brand Suid afrika Brand , die is maar die begin van die nuwe zimbabwe , hou maar die plek dop

Nog een ·

Vreemd dat die brande so by die kragstasies en substasies net UITBREEK . maak of dit alles ongeukke was .. ek dink ‘n bietjie anders ..

Pietie ·

Instede van n krag opwekker kan n neef of famielielid nou mos n tanker ten duurste aan staat verhuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.