Substasie in Centurion brand, kragonderbrekings verwag

Foto: Brian Jacobs/Facebook

Foto: Brian Jacobs/Facebook

Die Tshwane-metroraad het bevestig dat die Kentron-substasie in Eco Park in Centurion aan die brand geslaan het.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die metroraad, sê die brandweer en tegnici is na die toneel ontbied.

Hy sê dit is nog nie duidelik wat die brand veroorsaak het en of dit enige verdere kragonderbrekings tot gevolg het in die Centurion-area nie. Maroela Media verneem egter dat daar wel kragonderbrekings voorkom onder meer in die area rondom Centurion Mall.

In Maart 2011 het daar ook ‘n brand by dié substasie uitgebreek en was die Centurion-meer-omgewing, Highveld en Zwartkop vir dae sonder elektrisiteit.

Talle buurte in Centurion is intussen steeds sedert Sondagoggend sonder krag nadat miljoene rande se skade deur vandale by die Brakfontein-substasie aangerig is.

Volgens die metroraad gaan die kragtoevoer na The Reeds, Rooihuiskraal, Amberfield, Noordwes, Thatchfield en Wierdapark moontlik teen vroeg Woensdagoggend herstel wees.

Lees ook:
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jas van As ·

Swak instandhouding, vandalisme of diefstal. Een van die drie. Dit is mos nie ‘n moelike som om te maak nie?

AmY ·

Ons was so 7 jaar terug vir 8dae sonder krag gewees. Dit was baie erg geweee. Ek weet presies waar deur daai mensies gaan.

Al probleem, toe die kragrekening kom, was daar geen verskil aan die rekening gewees nie. Nie eens drie maande later nie.

Wie se krag het ons dan betaal?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.