Substasie in veldbrand verwoes

(Foto: City Power)

City Power het gewaarsku teen die stig van brande naby elektrisiteitsinfrastruktuur nadat ʼn substasie in Mondeor, Johannesburg, Vrydagaand in ligte laaie opgegaan het.

“Die veldbrand het vroeg Vrydagaand na die dak van die 11 kV-transformator-substasie in Ashdenweg, Mondeor, versprei en die infrastruktuur en elektriese toerusting heeltemal verwoes,” het Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, gesê.

Dit het kragtoevoer na die omliggende buurte onderbreek en tegnici werk steeds om die probleem te herstel.

“Daar word gesoek na tydelike oplossings tot ʼn nuwe mini-substasie geïnstalleer kan word,” het Mangena gesê.

Hy het gewaarsku teen vure naby transformatorgeboue, houtpale, mini-substasies en kragdrade.

“Veldbrande het ʼn geweldige uitwerking op die bedryf van lyne en die gehalte van kragtoevoer. Ons pleit by die gemeenskap om nie vure onder of naby kraginfrastruktuur te maak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Duwweltjie

Dit lyk vir my soos stedelike of dan voorstedelike gebied.

Die gebied word dus nie na behore onderhou nie, dit wil sê dat daar lang gras is, en dus die lekker resep vir veldbrand en die gevolg daarvan is die substasie bly in die slag.

Gevolgtrekking – kry die plaaslike owerheid om die nodige instandhouding te doen.

Aubrey

Substasies is veronderstel om ten alle tye skoon te wees; geen gras bossies ens juis om brande te voorkom. Duidelik is die nodige onderhoud nie gedoen nie.

Kobus

Maroela ‘n mens sou verwag dat, tenminste julle, goeie afrikaans sal gebruik, maar helaas die hoop het ook “in ligte laaie opgegaan”. Wanneer julle berigte vertaal doen dit asseblief ordentlik, sonder anglisismes.

marius

Ons was te sleg om skoon te maak sal nie oor die lippe kom nie .

Elmarie

Vir wie “waarsku” Eksdom nou entlik? Belaglike stelling. Is hul nie veronderstel om, as daar veld om kragstasies is gereeld gereguleerde voorbrandings/brandpaaie te maak en gras kort te hou nie? Vaderland tog…