ʼn Substasie het glo in Sasolburg, Vrystaat, ontplof en gedeeltes van die dorp is reeds sonder elektrisiteit.
“ʼn Woordvoerder van die Metsimoholo-brandweer het gesê ʼn substasie het ontplof,” het die Sasolburg-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) gesê. “Gedeeltes van Sasolburg sal moontlik môre [Woensdag] ook nie elektrisiteit hê nie.”
Die substasie is in Geduldstraat geleë. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Volgens die Sasolburg-GPF sal dit ongeveer 24 uur lank duur voordat die substasie herstel is. Hulle doen ʼn beroep op inwoners om elektrisiteit spaarsamig te gebruik, om nie te veel druk op die minisubstasie te laai nie.
Ek weet hoe dit voel om dae sonder elktrisiteit te wees. Ons was een jaar vir 8 dae sonder krag Sterkte aan al die mense wat geraak word.