Sug van verligting vir motoriste

petrolprysMotoriste sal van Woensdag af ʼn effense sug van verligting kan slaak wanneer brandstofpryse daal.

Die departement van energie het Saterdag aangekondig dat die prys van petrol Woensdag met 22c per liter sal daal. Volgens die departement kan die daling hoofsaaklik toegeskryf word aan die rand se versterking teen die dollar en die verlaging van alle olieprodukte se pryse.

Diesel sal met tussen 9c en 10c per liter daal. Paraffien en gas sal ook minder kos. “Die departement doen ’n beroep op motoriste en huishoudings om paraffien en gas te gebruik ten einde voort te gaan om energie te spaar in die moeilike ekonomiese toestande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wes kaap ·

Whoa!!!! Om voor Kersfees met 30c op te gaan!!!! LOL!!!!!

Sarie ·

Die department doen ‘n beroep op huishouding om parafien en gas te gebruik om aan te hou om energie te bespaar vir hierdie moeilike tye in ons ekonomie. Alles goed en wel maar beteken dit dat daar ook ‘n beroep gedoen word op politici om minder luukse motors te ry wat so brandstof vreet dat jy dit nie eers afskakel by die petrolpomp nie, om op te hou om vir onnodige dinge sommer woerts-warts op ‘n vliegtuig te klim en die wereld vol te vlieg. Dink net hoeveel energie kan bespaar word as JZ en Tina Joemet-Pattersen minder in die buiteland rondvlieg, daai vliegtuie is vrate op brandstof en hulle kan baie bydrae tot die besparing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.