Suid-Afrika en China onderteken ooreenkomste van R94 miljard

President Xi Jinping en pres. Jacob Zuma tydens Xi se staatsbesoek aan Suid-Afrika (Desember 2015) Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

President Xi Jinping en pres. Jacob Zuma tydens Xi se staatsbesoek aan Suid-Afrika (Desember 2015) Foto: Kopano Tlape, departement van kommunikasie

Suid-Afrika en China het ooreenkomste van R94 miljard onderteken, kort nadat die president van China, Xi Jinping, vir sy staatbesoek in Pretoria aangekom het, het pres. Jacob Zuma Woensdag gesê.

“Ons het veral gefokus op ons ekonomiese en handelsbetrekkinge,” het Zuma aan verslaggewers by die Uniegebou in Pretoria gesê ná gesprekke met die Chinese afvaardiging onder leiding van Xi. “Ons het sopas gesien hoe 26 ooreenkomste van R94 miljard onderteken word. Die volume ooreenkomste dui op die hoeveelheid werk wat die afgelope paar maande gedoen is. Ons het ingestem dat meer gedoen, en sal gedoen word, om ons handel- en beleggingsyfers te verhoog.”

Die twee lande het ooreenkomste in verskillende bedrywe onderteken, waaronder ʼn kwytskelding vir visumvereistes vir diplomatieke en amptelike paspoorthouers; ʼn vestiging van ʼn Chinese kulturele sentrum in Suid-Afrika en samewerking tussen die Suid-Afrikaanse en Chinese departemente van inkomste en doeane.

Suid-Afrika se staatsbeheerde ondernemings waaronder Eskom, Transnet, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK), SA Nasionale Ruimteagentskap en die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie (Necsa) het ook ooreenkomste aangegaan met Chinese instansies.

Zuma het gesê Xi se tweede staatsbesoek aan Pretoria is beduidend. “Dit is ʼn geskiedkundige besoek wat op die vooraand van die Focac (Forum vir China-Afrika-samewerking)-beraad plaasvind. Ons is geëerd om hierdie belangrike geleentheid in Suid-Afrika aan te bied,” het Zuma bygevoeg.

Xi het gesê hy sien ook uit na die Focac-beraad in Johannesburg en om betrekkinge tussen China en die hele Afrika te verstewig. “Die beraad vind op die 15de herdenking van Focac plaas en dit is die eerste keer wat die beraad op die Afrika-kontinent gehou word,” het die leier van die wêreld se digsbevolkte land gesê. “Dit is ʼn mylpaal vir die ontwikkeling van Afrika-China-betrekkinge en meer gebalanseerde, inklusiewe en volhoubare ontwikkeling van die wêreld.”

Xi is Woensdagmiddag met ʼn saluut van 21 skote by die Uniegebou verwelkom.

Die Focac-beraad vind op 4 en 5 Desember plaas.

Die departement van internasionale betrekkinge het vandeesweek bevestig dat handel tussen Suid-Afrika en China van R118 miljard in 2009 verhoog het tot R271 miljard aan die einde van 2013.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie ·

Ek het vanoggend “per toeval” die CCTV beriggewing van Xi se besoek gesien.

Ironies word die “ongelykhede” van die verlede dadelik aan die Sjinese uitgeblaker. Daar word nie genoem van die Vooruitgang wat sogenaamd gemaak kan word met die ooreenkoms nie.

Die Sjinese, nes die res van die wêreld, word gebreinspoel om tog so jammer te voel vir die arme ANC regering se “harde” werk om gelykheid te bring.

BELAGLIK!

Grassie ·

Nee Marous – nie arme Chinese nie, maar arme Suid-Afrika. Die Chinese is baie slimmer as die burgers van Afrika, hulle is uitgeslape en die gewete pla ook nie eintlik nie. Soos tereg in die berig gesê word, is hulle die digsbevolkte land in die wêreld en hulle kort dringend grondgebied om hul surplus mense na toe uit te voer. Hulle stroom reeds Afrika binne in hul honderdduisende, om nie weer terug te gaan nie. Hulle gaan ons land plunder van grondstowwe, wat hulle gaan verwerk en dan die verwerkte produkte weer aan ons verkoop. Gaan kyk maar hoe roei hul vistreilers die vis uit langs die Namibiese kus.
Wat Lindie Lourens hier onder sê is baie waar.

Lindie Lourens ·

So kom hulle ons land in, stukkie vir stukkie sonder om ‘n wapen op te tel. Hulle is slim!

Remondo ·

Ek Stem , Hulle verower die hele afrika , erger nog as “kolonialiste oor 15 jaar gaan hulle teiken word van politieke opsweping?

Jan maak n Plan ·

Die storie volgens van my Sjinese kliente is dat hulle regering die RSA regering glo een miljoen rand betaal per kop sodat hulle in die RSA mag kom bly. Tog te lekker. As jy vir hulle n kwotasie lewer kry hullle omtrent die aapstuipe as daar BTW op is. Hulle se hulle betaal nie BTW of Belsating nie.

Johann Marx ·

Hulle besit omtrent die hele Zimbabwe………en nou koop hulle Suid Afrika by dieselfde tipe individue wat Zim verwoes het. Al wat die huidige regering kan doen, is om Suid Afrika stukkie vir stukkie te verkoop……(steenkool, ystererts, mangaan, goud, diamante, aardgas, hout, glas, ens.)…tot daar niks oor is nie, en dan van daar af weet hulle nie wat om verder te doen nie. Gaan ry maar in Zimbabwe in…..al wat jy daar kry is Zim se bome, afgekap en in sogenaamde “beelde” verander (wat almal min of meer dieselfde lyk). Jy kry ook omtrent alle soorte wildlewe se velle, pote, hare, sterte, tande en selfs mis…..maar het jy al ooit gesien dat Zimbabwe iets van waarde produseer soos ‘n motorvoertuig, selfoon, mediese toerusting, ens.? Hoekom nie? Want hulle kan nie!! Ons Suid Afrikanertjies is so opgewonde oor al die “Chinese Malls” wat opskiet soos paddastoele….vol gestop met die gemors wat niemand anders wil koop nie. Het jy al ooit in een van daardie transaksies ENIGE tipe van ‘n faktuur of ‘n btw faktuur ontvang? En dink jy jou swaar verdiende geld wat jy daar uitgee BLY IN Suid Afrika? Zuma het die deure oop gegooi vir ons kapitaal om in DIK strome China toe te trek….met al sy “Chinese malls”….in ruil vir ‘n paar Rand om Nkandla mee te bou (en dis hoekom hy so lag want ons dink hy’t dit met ons “belasting” gebou….maar hy het nie. Die Chinese het mildelik bygedra….in ruil vir allerhande “toegewings” om hierdie land te beset, en onder ons uit te koop vir ‘n appel en ‘n ei.

Bets Bothma ·

Daar verkoop ons Suid-Afrika ook aan Chinese! Hulle is besig om hele Afrika te infiltreer – hul smokkel met lande wat in swart mense se hande is en “help” kamtig, maar intussen beplan hul oorname, stil stil! Gaan kyk maar hoe lyk dit ook in Mosambiek! Wonder hoeveel Chinese is al in SA? Dom Prezzie! Die rooi gevaar gaan die ANC uitskop en dan? Oeps? Ons moet BID dat God intree – hier kom groot moeilikheid vir SA!

Tdw ·

Ek is in die staal bedryf en sukkel om werk te kry want die invoer van staal vanaf China (gefabriseer en deur skip vervoer) is goedkoper as die ongefabriseerde rou staal in Suid-afrika. (EK VERGROOT NIE) Die rede: die mynwerkers(arbeiders) in China is goedkoper. Die wette bepaal dat werkers ‘n hoë salaris moet kry in SA, maar in dieselfde sin word dit aanvaar om goedkoper staal in te voer van China. Dit knou die Suid Afrikaanse myn bedryf, maar nogsteeds word gevra vir hoër salarisse. Die myne knak onder die druk en moet eenvoudig toemaak want daar is net verlieste. Maar wag. Kom ons maak die mark groter vir die Chinese. Een van die dae sal al die eg SA bedrywe moet sluit want die produkte van China is goedkoper. Dit bevorder werkloosheid van SA en afhanklikheid van China. Die groter prentjie van die ekonomie moet in ag geneem word met elke besluit wat die regering neem, maar op die oomblik word daar net vinnige pleisters geplak op huidige tekortkominge. Meer ag moet geslaan word met die bevordering van Nasionale bedrywe sodat die uitvoer mark kan vergroot, om sodoende minder invoer te noodsaaklik.

Eddie ·

So word ons land biekkie vir biekkie weg gegee. Duidelik kan Zuma en sy regering nie sien wat hulle aan ons as Suid Afrika doen nie. Hulle is so gewoond om bakhand te staan dat hulle nie sien China is besig om ons land oor te vat nie. Een van die dae is daar weer oorlog as hulle volgers sien hulle het nie werk nie. Ook maar blind.

ANDRE ·

As hierdie spannetjie ” verdruktes” in Afrika dink kolonialisme van die Franse , Duitsers , Engelse, Portugese was erg , het ek nuus vir hulle ! Dit was n vulletjie in vergelyking met n Chinees……Hulle het duisende jare se ondervinding daarmee en weet presies hoe !

rissiepit ·

Ek erken dat ek nie Chinees kan praat of lees nie, maar ek ken ´n Chinees met wie ek al lekker gesels het. Hy het my vertel dat in die Chinese koerante nie soveel positiewe dinge oor S.A. staan nie. China is nie blind nie en die korrupsie van ons regering is een van hul kritiek punte aan ons land. Ook is daar Chinese wat versigtig is om besigheid met S.A. te doen, want hulle het al agtergekom dat betroubaarheid en jou woord is jou woord nie altyd in S.A. geld nie. Dat ons regering ons geen guns doen, glo ek wel. Dat China nie dom is nie en alles in hul eie belang doen, dit glo ek ook. Of ons regering alles in die belang van S.A. doen, daaroor twyfel ek.

MARTIE DU TOIT ·

Die Chinese het in Kenia ,Angola en ander Afrikalande die myne kom bedryf. Baie gespesiliseerde wit mans wat nie werk in SA kon en nog steeds nie kan kry ni, het daar gaan werk en die mense v China opgelei. Hulle kontrakte was vir 5 jaar en het hulle families ook soontoe getrek. EN NOU?? Die werkskontrakte is ni hernu ni en moes dié gesinne sak en pak terugkeer na WAT.??? die Chinese neem nie eers die “plaaslike mense” in diens nie. Hulle het hulle eie mense ingebrinh wat hulself nou kom vestig in dié lande.
Kyk mooi die Chinese gaan dieselfde doen in SA.
Wens so dat n artikel gedoen kan word met die mense wat teruggekeer het na SA ná hulle kontrakte opgeskort is by die Chinese myne en padbouwerke.
BID VIR SUID AFRIKA !!!! Moeilike dae kom vinniger as wat julle dink. Ond arme wit jeug.
Net my naam kan gemeld word asb

Ontstoke ·

Vertel ons n biedjie Maneeer Zuma met watter kiesers mandaad verkoop jy Suid Afrika aan n spul mense wie nie eens behoorlik engels magtig is nie?,of gifigigie jou laggie nou weer vir my vraag???????

Christie Joubert ·

Ek wonder of Jan van Riebeeck oor n 100 jaar steeds die skuld gaan kry as die onnoselle regering besef hulle is ore aangesit deur die chinese??? Of gaan dit steeds die Boere se skuld wees, want ons het hulle nie gewaarsku nie, of nie opgelei nie, of wat ookal die verskoning…..

Christie Joubert ·

Maroela, regtig!!!! Waarom word sekere mense se kommentaar net eenvoudig nie geplaas nie? Het die bietjie kritiek van nou die dag julle nukkerig??
Siestog. Tyd vir n ander website om my nuus te lees

Sune van Heerden ·

Dagsê Christie

Kommentaar moet soms per hand goedgekeur word en dan neem dit ‘n wyle voor dit op die webwerf verskyn.
Wanneer kommentaar dus nie onmiddellik wys nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Muller ·

Ongelooooflik!! Wat het geword van “job creation”?? Julle veroorsaak dat die een na die ander Trots Suid Afrikaanse besighede vou! Julle veroorsaak dat mense sonder werk sit. Die wonderlike ANC knou ons land ongelooflik, my vrek. Moet julle nie opstaan vir ons en Suid-Afrikaanse besighede steun nie? Nee kom ons bring Chinese by die miljoene in, kom laat ons die land net verder knou en help net gou dat meer en meer mense werkloos is. Stunning ANC, julle is omtrent ‘n regering om op trots te wees ne . . .

Fanie ·

Zuma maak nou ‘n baie groot fout!! Nou is die hele bevolking van Suid-Afrika se sandkorreltjie hoop wat daar nog was, in sy peetjie. Ons het geen kans op oorlewing!! Wit en swart!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.